EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 174 aan Lukaas van Hout op 24 April 2014

"Kom nou, My liewe dogter en kom nou My seun, Israel, Ek het julle so lief, kom nou en laat ons die saak uitmaak vir hierdie tye en die tye wat nog moet kom.”

“Het die kinders van Israel dan in die tyd van Moses hul swaard gelig, óf na die linker- óf na die regterkant, teen die groot walle water van die Rooi See soos wat hulle daardeur gegaan het?”

“Het hulle dan probeer om die walle water op enige wyse te slaan, of het hulle die mure aangesien as vyande wat hulle moet oorwin ten einde daardeur te kan gaan na die ander oewer soos wat hulle deur My Heilige Gees gelei was deur Moses?”

"Nee, My liewe dogter, nee My seun, Israel, die kinders van Israel het My hand herken op die golwe en op die bevel van Moses het hulle deur die middel van hierdie golwe gegaan soos wat hulle deur die leiding van My Heilige Gees gelei was om deur te gaan deur hierdie golwe na die ander oewer.”

"Hierdie kinders van Israel het goed geweet om My wil ywerig te volg en het My instruksies gevolg soos wat Ek vir Moses beveel het om met hulle te spreek om My instruksies te volg en om My wil te doen om te streef om net hul doelwit te sien, naamlik dat hulle die ander strand moet bereik, wetende dat hulle nie moet huiwer nie en wetende dat hulle nie moet toelaat dat hulle betower word deur hierdie groot walle water nie, sodat hulle nie vasgevang word in hierdie golwe en daardeur verswelg en meegesleur word nie."

“Deur My wil te doen, soos wat Ek hierdie kinders van Israel beveel het, het hierdie kinders van Israel soos Lot geword en nie na links of na regs of agter hulle gekyk nie, maar het slegs vorentoe gekyk en daardeur het die kinders van Israel die oorkantste oewer bereik en nie een van hierdie kinders van Israel het verlore gegaan deur die golwe nie, nie eers een nie!”

“Soos wat dit was in daardie tye, so sal dit wees in hierdie tye, wanneer hierdie tye een word met die tye wat nog moet kom.”

“Onthou, My huis van Israel wat in My Suid-Afrika woon, onthou, onthou, onthou hierdie woorde wanneer dit lyk of die Rooi See van hierdie tye teen julle opstaan om julle te verswelg en te verslind!"

"Hierdie Rooi See sal skrikwekkend opstyg en ellende bring aan sommige, dat dit oënskynlik sal lyk of dit julle sal verswelg, oënskynlik sal verteer en oënskynlik sal wegvee vanaf die kus van hierdie lande wat EK AAN JULLE GEGEE HET!”

"Op hierdie lande waarop julle op die strande sal staan, sal julle die oorhand oor hierdie golwe van hierdie komende Rooi See kry, maar nie deur julleself nie, maar deur My en My wil vir My Suid-Afrika, My wil vir My Dogter van Sion en My wil vir My Huis van Israel vir My planne en vir My doeleindes, soos wat die profete alreeds gespreek het en sal spreek.”

"Vrees nie hierdie Rooi See nie, Dogter, vrees nie hierdie Rooi See nie, My Seun, Israel, want hierdie Rooi See werk slegs teen homself, laat hierdie Rooi See julle dus nie sien nie of op enige manier na julle kyk nie, sodat julle nie vasgevang word in die woede van sy storm en in die woede van sy golwe wanneer dit teen homself werk nie.”

“Onthou, o Huis van Israel, onthou, o Dogter van Sion, onthou, hierdie Rooi See werk teen homself en behoort aan die magte van die duisternis, soos wat Ek dit vir 'n tyd gewil het, volgens My wil vir My planne en vir My doeleindes.”

"Vrees nie en wees nie ontsteld nie, My huis van Israel en My Dogter van Sion, vrees nie en wees nie ontsteld oor al die golwe van hierdie see wat oënskynlik sal gereedstaan om julle te verswelg en oënskynlik sal gereedstaan om julle te verslind nie.”

"Vrees nie en wees nie ontsteld nie, want EK IS Ha-Palat en EK IS Hu-Haba en Ek is met julle en Ek sal hierdie Rooi See van hierdie tye kloof met die woorde van My mond."

"Soos wat Ek met die see van Galiléa gespreek het in die tye van die apostels, so sal Ek tot die hart van hierdie Rooi See spreek en op daardie oomblik en in daardie tyd sal hierdie Rooi See in die tye wat moet kom, op My bevel ophou met die woedende gedreun van sy golwe, en die golwe sal verdeel vir My Huis van Israel en vir My Dogter van Sion.”

"In daardie dae en in daardie tye wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, weet dan dat dit die tyd van vlug is waarvan Ek reeds gespreek het, gaan julle en julle huise dus vinnig deur die middel van hierdie Rooi See, deur nie die swaard te lig teen die golwe nie en nie te kyk na links of na regs of agter julle nie, want die oomblik wat julle dit sal doen, sal die golwe julle verswelg en julle verslind.”

“Vestig julle oë standvastig en voorwaarts en soek slegs daardie plekke wat vir julle voorbestem is in julle tyd van vlug, soos wat Ek julle reeds opdrag gegee het, want die walle van hierdie Rooi See is baie, en My Heilige Gees sal hulle slegs terughou vir hierdie tyd van vlug, sodat hierdie Rooi See die woorde van My Profete sal vervul, soos wat hy teen homself sal werk tot sy eie einde.”

“Ek, EK IS wat EK IS, EK IS Ha-ELohim."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205