EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 100

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 99 aan Lukaas van Hout op 4 Desember 2013

Gedurende hierdie klompie dae het Ek, EK IS wat EK IS met jou hart gespreek deur My Heilige Gees, van die baie woorde wat vir jou sal kom om vir My te skryf, Ek, EK IS wat EK IS. Tog het die woorde nie gekom nie en jy het voor My gepleit vir My volk vir hierdie woorde om te kom, maar hulle het nie gekom nie, en tog het jy op My gewag, wetende dat Ek dit op My tyd aan jou sou gee, wanneer die oomblik reg was en wanneer alles in plek was om hierdie woorde vir My planne en My doeleindes te skryf. Elke dag en elke oomblik het Ek met jou hart gespreek om jou voor te berei om My woorde te skryf, want die tyd sou aanbreek om My woorde vir My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion te skryf. Die tyd het nou aangebreek. Spreek nou deur die woorde wat My Heilige Gees jou sal gee om te skryf, spreek woorde aan elkeen wie Ek, EK IS wat EK IS onder My volk ingestuur het. Ja, hulle wat Ek gestuur het om My waarskuwings te gee aan My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion, op watter wyse wat Ek hulle ookal gestuur het om hierdie woorde van My aan My volk te bring. Vir sommige is dit gegee om drome te droom, vir ander is dit gegee om te praat, vir ander om te skryf en aan ander, op watter wyse Ek ookal gekies het om My woorde te bring, doen hulle My wil. Spreek nou deur die woorde wat My Heilige Gees jou gee om te skryf en aan hulle skryf jy. Spreek nou met hulle wat My woorde dra en bevestiging soek daarvan rakende dieselfde dinge wat EK IS wat EK IS aan hierdie dienskneg toon. Aan almal van julle, groete in die grootste liefde van julle Vader, groete en dankbaarheid vanaf julle Hemelse Vader vir alles wat julle vir My in My Naam en vir My Naam gedoen het, sodat My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion geseën en gestig kon word deur al hierdie openbaringe wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle geopenbaar het, almal van julle. Julle moet nou soek vir die bevestiging vanaf almal wat Ek gekies het en hierdie bevestiging is wat Ek julle sal wys in die tye wat moet kom en nie vir My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion nie, maar vir julle alleen. Bevestig dat Ek, EK IS wat EK IS baie paaie aan julle openbaar en dat hierdie paaie dit is wat kan wees of dalk nie wees nie, afhangende van die harte van diegene aan wie My boodskappe gegee is. Bevestig dat EK IS wat EK IS julle hierdie dinge altyd vooraf wys, sodat julle voorberei kan wees om My te volg op welke wyse Ek julle ookal sal kies in julle voortgesette diens aan My om My openbaringe deur te gee aan My volk. Bevestig dat Ek, EK IS wat EK IS julle hierdie paaie sal aantoon wat nog moet kom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205