EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 54 aan Lukaas Van Hout op 16 Oktober 2013

Likaas: “Wanneer sal ons verlos word Vader, daaglikse roep ons uit na U, wanneer, wanneer sal hierdie tyd aanbreek.”

Hoe dikwels praat Ons nie van hierdie dinge nie, My liewe, liewe kinders! Tallose kere `n dag hoor Ek hierdie woorde van julle in die gesproke gebede en in die gedagtes van julle harte. As julle maar net geweet het van My droefheid vir julle in al julle pyn en lyding, as julle maar net geweet het hoe Ek, Ek IS wat EK IS al hierdie dinge in 'n oomblik sien en hoor, in een oomblik sien en hoor Ek al hierdie dinge. Tog is alle dinge moontlik met My, soos wat Ek julle regdeur die geskiedenis van julle wêreld getoon het. Dwarsdeur julle geskiedenis was Ek nog altyd in alle dinge met julle, soos wat Ek selfs nou met julle is. Die taak wat voor My en My leërskare lê, is geen geringe saak vir julle uittog en bevryding nie en Ek kan nie en Ek sal nie selfs die kleinste detail oor die hoof sien nie, so groot is Ons liefde vir Ons kinders, hierdie huise van Israel van Suid-Afrika. Die tyd sal aanbreek en dit sal op tyd aanbreek wanneer almal en alles tot in die fynste detail voltooi is, voordat Ek, EK IS wat EK IS, die opdrag sal gee. Weet dat hierdie opdrag geen maklike opdrag is nie, want wanneer dit eenmaal van My lippe af gekom het, sal alles vervul word soos wat voorspel is. Hierdie opdrag sal wees soos die stofstorms of sandstorms op die horison, oënskynlik ver in die verte, dan sal hierdie storm skielik losbars oor die land, hierdie storm, My opdrag wat gespreek is en wanneer dit gespreek is, sal dit nie weer teruggetrek kan word nie.

Dit sal 'n tyd van goddelike vergelding wees,

Dit sal 'n tyd van goddelike vergelding wees,

Dit sal 'n tyd van goddelike vergelding wees, 'n tyd wanneer die wêreld My hand direk in die sake van die mensdom sal sien. Dit sal ook 'n tyd van dood vir baie van My kinders wees, wie Ek persoonlik in My koninkryk sal ontvang, maar tog sal Ek nog steeds hul dood betreur, soos wat My leërskare saam met My sal treur. Dus liewe kinders, wanneer sal hierdie tyd aanbreek? Ek, EK IS wat EK IS, sal in daardie uur direk in julle harte spreek, en in daardie uur sal Ek, EK IS wat EK IS met julle harte spreek en julle waarsku en julle vertel om voor te berei. Nietemin is dit 'n teken wat julle soek, daarom vir julle lyding en pyn wat Ek saam met julle dra en oor die geloof en vertroue wat julle in My geplaas is in julle nederigheid, sal Ek julle hierdie teken gee, wanneer die kleur van My majesteit oorheersend in die land sal wees soos wat dit nog nooit voorheen was nie, weet dat dit voor die deur is. Ek IS wat EK IS, ja Ek is julle Vader wat julle so liefhet!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205