EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 153 aan Lukaas van Hout op 5 Februarie 2014

Die gees van Dawid of die gees van Salomo

"Aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion binne en buite My Suid-Afrika, skryf My woorde neer.”

"Die tye van daardie tye waaroor julle gewaarsku is, het nou vir julle aangebreek en die tye wat nog moet kom, moet nog aanbreek.”

“Ek is met julle, soos wat Ek vir julle gesê het dat Ek met julle sal wees in hierdie tye wat nou oorgegaan het in daardie tye wat nou aangebreek het en in die tye wat nog moet kom, sal Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, met julle wees deur hulle wie Ek gekies het om My woorde vir My te spreek en te skryf aan My volk van My Huis van Israel en My Dogter van Sion.”

"Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, Skepper en Meester van hierdie heelal, Ek sal met julle wees elke oomblik van elke uur van elke dag sal Ek, EK IS wat EK IS met julle wees om julle te lei deur die gevare van hierdie vallei waardeur julle nou loop.”

“Neem kennis en verstaan van My woorde wat alreeds aan julle gegee is, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, neem kennis  en verstaan en onthou dat Ek julle deur baie van My profete en deur baie van My boodskappers vertel het dat Ek selfs nog meer onder julle sal verwek om vir My te spreek en te skryf.”

“Diegene wie Ek gekies het, is deur My voorbeskik en hulle is deur My Heilige Gees voorberei om My woorde vir My volk te spreek en te skryf na afloop van die uittog van My Huis van Israel na daardie plekke wat Ek gekies het en soos wat Ek julle reeds ingelig het, daardie bekende plekke en sommige plekke nog onbekend.”

“Neem kennis en verstaan, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, neem kennis en verstaan dat elkeen wat My woorde vir My aan julle sal spreek en skryf, My Huis van Israel, wat sal woon as baie kampe regdeur My Suid-Afrika, neem kennis en verstaan dat diegene wat My woorde vir My sal spreek en skryf, tussen die gees van Dawid of Salomo sal moet kies.”

“Geen mens wat Ek voorbeskik het om My woorde aan My volk te spreek of te skryf kan beide wees nie." “Hulle moet die gees van Dawid of die Gees van Salomo kies.”

"Dit moet so wees, want Ek het verskillende boodskappe vir hulle wat My woorde aan My volk spreek en skryf aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion, 'n verskillende boodskap vir hulle met die gees van Dawid en 'n verskillende boodskap vir hulle met die gees van Salomo.”

"Geen mens of geen persoon wat My woorde aan My Huis van Israel of My Dogter van Sion spreek of skryf kan beide Dawid en Salomo wees nie.”

“Elke mens of elke persoon moet óf die een gees óf die ander gees kies en dan moet elke mens of elke persoon hulself in My Naam verbind tot die gees wat hulle gekies het, óf die gees van Dawid, óf die gees van Salomo, om My woorde te ontvang wat My Heilige Gees tot en in hul harte sal spreek om vir My te spreek en te skryf aan My volk van My Huis van Israel in die tye van daardie tye wat nou aangebreek het, EK IS wat EK IS, EK IS JaHshua!

Nota #

Na baie gebed Ek het Salomo gekies, wat beteken dat Ek nie nou of ooit die swaard sal kan lig nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205