EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 140 aan Lukaas van Hout op 13 Januarie 2014

Oproep aan die gehoorsame diensknegte

"Gehoorsame diensknegte, ja gehoorsame diensknegte vir wie Ek so lief is, hou nie nou of ooit op om die woorde te spreek of te skryf op watter wyse My Heilige Gees tot en in julle harte beveel om te spreek en te skryf vir My, ja, vir My, EK IS wat EK IS, julle moet nooit ophou om My woorde te skryf en te spreek nie.”

"Ek ken julle smarte en Ek ken julle benoudheid en Ek weet van die twyfel waarmee baie probeer het om julle mee aan te val, selfs deur hul onsinnige praatjies val hulle julle aan, sodat julle My en die woorde wat My Heilige Gees in julle harte spreek om te skryf of te spreek vir My, EK IS wat EK IS, betwyfel, EK WEET!”

"Selfs van onder julle eie broers en susters sal hulle, deur middel van hul onsinnige praatjies, julle aanval oor hierdie dinge."

"Julle sal struikel en baie keer hartseer wees gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, as gevolg van hulle wie naaste aan julle is, julle sal baie keer struikel, tog sal Ek julle nooit laat val nie, omdat Ek altyd met julle is!"

"Julle sal baie keer ontsteld en beangs wees gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, as gevolg van hulle wat naaste aan julle is, tog sal Ek julle nooit laat val nie, omdat Ek altyd met julle is!"

"Julle sal baie keer struikel gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, nogtans sal Ek julle nooit laat val of ooit verlaat nie!"

"My Heilige Gees sal altyd My woorde tot en in julle harte spreek, My woorde om te spreek of te skryf aan My Huis van Israel en aan My Dogter van Sion, so sal My Heilige Gees altyd tot julle harte spreek om te skryf of te spreek vir My, Ek IS wat EK IS.”

"Ek sal julle nooit verlaat of verstoot in hierdie werk nie, alhoewel ander probeer het om julle te laat glo dat Ek julle sal verlaat, My gehoorsame en seer geliefde diensknegte wat My wil doen."

"Ek sal julle nooit verlaat nie, want julle is myne en julle was nog altyd Myne en sal altyd en ewig Myne wees in hierdie werk!"

"Selfs wanneer julle slaap is Ek by julle om oor julle te waak, te beskerm en Ek stuur My leërskare teen hulle wat begeer om julle te vernietig en wat julle lewens wil neem, EK IS met julle!"

"Soos wat baie van julle hierdie woorde aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion geskryf het vir hulle vertroosting, so spreek Ek, ja Ek, julle liefdevolle Skepper en Vader, Ek, ja Ek, die EK IS wat EK IS, nou sagkens met julle, My gehoorsame diensknegte, deur die fluisteringe van die vertroosting van My liefde vir julle deur My Heilige Gees tot in julle harte.”

"Neem kennis en verstaan, groot sal julle droefheid wees tussen julle broers en julle susters, wie hierdie dinge teen julle sal doen gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, deurdat hulle sal dink dat hulle My wil doen; neem kennis en verstaan dat julle droefheid groot sal wees, maar EK IS is met julle.”

"Groot sal julle droefheid wees, tog moet hierdie dinge so wees vir My planne en vir My doelwitte wat op My tyd aan julle geopenbaar sal word en op My tyd in die harte van hulle wat julle kwaadwillig groot sulke groot skade sal aandoen."

"Onthou My wanneer julle struikel, My gehoorsame diensknegte, onthou en weet altyd dat EK IS met julle is en al struikel julle, sal Ek julle nooit laat val nie, nooit!"

"Onthou My in julle benoudheid en onthou My in julle hartseer, julle moet nie nou of ooit ophou om die woorde op watter wyse ookal te skryf of te spreek wat My Heilige Gees op en in julle harte beveel om te spreek en te skryf vir My nie!"

"Onthou My in julle wee, want gedurende hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, wanneer die hekke van die hel blyk om julle te oorweldig, sal selfs meer woorde aan julle gegee word vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion, waarvan julle, My gehoorsame diensknegte, een is.”

"Onthou My in hierdie woorde; wanneer Ek en My koninkryk in liefde gevind is deur die harte van hulle wat My en My koninkryk in liefde soek, as Ek eers eenmaal gevind is deur hulle wat My soek en My gevind het, is hulle Myne vir ewig !” "Ek is jaloers oor hulle en sal hulle nooit laat gaan nie, NEE, nooit nie!”

"Onthou My in hierdie beproewing en onthou My in hierdie verdrukking, want in hierdie beproewing en verdrukking sal julle selfs groter troos vind van die woorde wat My Heilige Gees liefdevol tot en in julle harte sal spreek of skryf vir My aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion, waarvan almal van julle, My gehoorsame diensknegte, een is.”

"Dink aan My, gehoorsame diensknegte vir wie Ek so lief is, onthou, Ek hou julle harte altyd in My hande, EK IS wat EK IS, EK IS altyd met julle!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205