EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 163

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 163 aan Lukaas van Hout op 27 Februarie 2014.02.27.

Die tye van die Bevestigings

“Die tye van die bevestigings moet daar wees, die tye van die bevestigings moet daar wees, My Huis van Israel binne en buite My Suid-Afrika, die tye van die bevestigings moet daar wees!”

"Hierdie tye van die bevestigings sal vir 'n tyd voortgaan en wel vir 'n kort seisoen, sodat My Huis van Israel diep kan nadink oor die woorde wat deur My aan hulle gegee is, EK IS.”

“Hierdie woorde wat reeds aan julle gegee is, openbaar vele waarhede, beloftes, waarskuwings en gebeure wat julle moet ken, glo en verstaan!”

“Hierdie woorde wat reeds aan julle gegee is, openbaar vele waarhede, beloftes, waarskuwings en gebeure wat julle moet ken, glo en verstaan!”

“Hierdie woorde wat reeds aan julle gegee is, openbaar vele waarhede, beloftes, waarskuwings en gebeure wat julle moet ken, glo en verstaan!”

"Dit moet so wees, want die tye wat nog kom en die tye wat nou op julle is, sal gevare en ellende bring wat erger sal wees as wat julle julleself kan indink!”

“In die tyd wat nog moet kom en die tye waarin julle nou woon, hierdie tye van bevestigings moet so wees, sodat My kinders sal weet en My stem sal hoor deur alles wat Ek voorberei om na hulle toe te stuur vir die tye en seisoene van gevaar en ellende."

"My kinders en My Huis van Israel moet My stem ken, om hierdie keer teen die bose en sy leërskare te staan, wat hierdie seisoene van gevaar en ellende aanbring soos wat Ek vir My planne en vir My doeleindes in alle geregtigheid en liefde toegelaat het.”

"Hierdie is die tye waaroor julle gewaarsku is!”

"Hierdie is die tye waaroor julle gewaarsku is!”

"Hierdie is die tye waaroor julle gewaarsku is!”

“Hierdie is daardie tye wanneer My Huis van Israel gesuiwer en skoongemaak sal word, soos wat deur die profete gespreek is!”

“Luister nou na My, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, luister nou na My en soek My nou terwyl Ek nog gevind kan word!”

“Het Ek julle nie alreeds vertel dat My RAMSHORING geblaas het nie?”

"Het julle nie die betekenis van MY RAMSHORING geestelik en in diepte beskou nie?”

“Julle moet diep nadink daaroor, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, julle moet diep nadink oor daardie woorde, ‘MY RAMSHORING HET GEBLAAAS’, want net in daardie vier woorde lê volumes van geestelike wysheid, kennis en MY WAARHEDE verborge!”

"My Huis van Israel, en daardie Huis van Israel, draai weg, draai weg, julle moet wegdraai van almal onder julle wat hul groot leuens en godslasteringe teen My en My woorde geskrywe en gespreek het!”

“Ja, WEND JULLE NOU AF VAN HULLE, wend julle af van hulle, want die verlossing wat hulle aanbied en die verlossing wat hulle bring, is vanaf hul eie offer, 'n valse en leuenagtige, misleidende offer en nie van My of My offer nie!”

“Die verlossing wat hulle bied, lei slegs tot vernietiging!”

“Die verlossing wat hulle bied, lei slegs tot vernietiging!”

“Die verlossing wat hulle bied, lei slegs tot vernietiging!”

“Wend julle nou na My en net na My en SOEK MY, en Ek sal My verlossing vir julle wys soos wat Ek julle belowe dat Ek julle My verlossing sou wys, so sal Ek, EK IS wat EK IS, JaHshua, My verlossing vir julle wys!

“Waarom, o waarom, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, waarom, o waarom vertrou julle op ander vir so 'n groot verlossing?

Waarom, o waarom, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, waarom, o waarom, vertrou julle so 'n groot verlossing, gekoop met die hoë prys van My dood vir julle, waarom, o waarom, vertrou julle ander met so 'n groot verlossing?

“Waarom, o waarom, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, waarom, o waarom, soek julle jul verlossing, so 'n groot verlossing, van ander en NIE VAN MY NIE, Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader?"

“Het Ek julle nie op elke moontlike wyse en op elke moontlike manier vertel om My verlossing te soek deur My en deur My alleen nie, EK IS wat EK IS, JAHSHUA!

“Het Ek dit nie alreeds op so baie maniere vertel nie?”

“Hoe is dit dat die verlossing wat Ek julle aanbied, so gou vergete raak as Ek My verlossing so duidelik vir julle gemaak het?”

“Hoe en waarom is dit, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, WAAROM?”

"Julle, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, ja, julle is mislei deur julle verlossing te soek deur ander name, waarvan nie een van hierdie name, name is waardeur die mensdom gered kan word nie!”

"Deur alle soorte name is julle bedrieg, name wat julle verlossing gesteel het en julle slegs gered het vir die bose een en sy leërskare !”

“Baie is hierdie name wat julle mislei het, name van mans, name van vroue, name van kinders, name van gemeentes, name van vergaderings ensovoort, ensovoort is julle mislei vanuit julle verlossing deur al hierdie valse name, in stede van die een Naam wat EK AAN JULLE GEGEE HET!”

"BAIE MEER NAME MOET NOG KOM!”

"BAIE MEER NAME MOET NOG KOM!”

"BAIE MEER NAME MOET NOG KOM en in hierdie name, en binne hierdie name en buite hierdie name, hierdie name wat nog moet kom, word slegs die dood, vernietiging, wee en ellende en uiteindelik, ewige vernietiging gedra!”

“Hierdie name wat nog moet kom, sal selfs groter dood, vernietiging, wee en ellende en ewige vernietiging bring deur 'n slinkse, leuenagtige en lasterlike bedrieëry, tans onbekend aan die mensdom, so groot sal hul kunstige bedrieëry wees!”

"My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, as julle nou nog nie eens hierdie bose mense kan sien wat nou onder julle is wat julle so belieg en bedrieg nie, selfs in die aangesig van die eenvoud van My woorde en waarhede, hoe sal julle ooit daardie name wat nog moet kom, herken?”

"Dit is waarom hierdie tye van DIE Bevestigings op julle is, sodat julle kan weet dat dit Ek is, EK IS wat EK IS wat hierdie dienaar deur My Heilige Gees opdrag gee om My woorde aan julle te skryf!”

"Dit is waarom hierdie tye van DIE Bevestigings op julle is, sodat julle die woorde wat EK IS aan julle gee deur al hierdie dienaars wat Ek reeds aan julle gegee het en aan julle sal gee vir die tye wat moet kom soos wat Ek julle belowe dat Ek dit sou doen, sodat julle dit sal weet, glo en vertrou!”

"Onthou, Ek het julle gesê dat Ek altyd saam met julle sal wees, tot aan die einde van die wêreld sal Ek met julle wees deur My eie en deur daardie onder julle wat Ek aan julle sal gee in die tye en die seisoene wat Ek hulle aan julle sal gee, EK IS en Ek sal met julle wees!”

"My Huis van Israel, en daardie Huis van Israel, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, kom laat ons die saak met mekaar uitmaak soos wat 'n pa met sy kinders in liefde spreek, oordink julle dit nou diep en deurdink julle dit nou geestelik; weet, verstaan en glo dat JAHSHUA DIE ENIGSTE NAAM IS, MY NAAM WAT EK AAN DIE MENSDOM GEGEE HET, JAHSHUA IS DIE ENIGSTE NAAM WAARDEUR DIE MENSDOM GERED KAN WORD!

"Ja, My kinders, My Huis van Israel, en daardie Huis van Israel, ja baie is hierdie name wat julle mislei het, name van mans, name van vroue, name van kinders, name van gemeentes, name van vergaderings, ja, baie is die name wat julle mislei het en wat sal voortgaan om te poog om julle te mislei deur die krag wat aan hulle gegee is deur die vader wat hulle dien, die satan."

“Hierdie name, hierdie meesters van bedrog, hierdie name dien slegs hulle eie wil, hul eie begeertes en die begeertes van hul eie harte wat die bose een voortdurend in hul wese ingiet op elke moontlike manier waartoe hy in staat is, giet hierdie bose kinders hierdie begeertes in hierdie bose mense, hierdie name, hierdie valse herders, hierdie valse leiers en enigeen van hulle wat My mense mislei en bedrieg met hul lastertaal en bedrog!”

“Hulle eie wil, luste en die begeertes van hulle harte word voortdurend en kunstig in hul gedagtes, harte, geeste en siele ingefluister!”

“Hierdie name, hierdie valse herders, hierdie valse leiers en enigeen van hulle wat My volk mislei en bedrieg, hulle het hulleself vrywillig oorgegee aan die stem van hulle vader, die satan en sy leërskare.”

"Hulle het die dienaars van satan, hul Vader geword, die stem waarna hulle geluister het in stede van die liefdevolle, fluisterstem van die pleidooie van My Heilige Gees wat met hul harte gespreek het en wat stilgemaak was, as gevolg van hul bereidwilligheid om slegs te luister na hul eie wil, luste en die begeertes van hulle harte wat kunstig in hul gedagtes, harte, geeste en siele ingefluister was deur die satan.”

"Hulle het die bewakers geword van daardie poort en daardie pad wat lei na die vernietiging van die siel.”

"Hulle wink en roep na My Huis van Israel en na daardie Huis van Israel met verleidelike, wellustige, berouvolle en verdrietige pleidooie om My volk te verlei met hulle valse woorde en godslasteringe.”

"Hulle het die sirenes van julle mites geword in hierdie wink en roep en het baie gelei na die skeepswrak van hulle siele op die verborge riwwe en sandbanke van sonde en bedrog.”

"Julle moet omdraai, draai weg, draai weg van hulle, want soos Ek reeds baie, baie keer aan julle gesê het, My Heilige Gees sal nie vir ewig met julle hart pleit nie!”

“Soos wat Ek julle reeds vertel het, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, soos wat Ek julle reeds vertel het, Ek sal en het alreeds begin om My gees te onttrek uit hierdie bose harte soos 'n stil, ongehoorde fluistering.”

“Ja, soos 'n stil, ongehoorde gefluister sal Ek en het Ek begin om My gees te onttrek uit hulle harte."

“Julle moet dit nou oordink, My Huis van Israel en daardie Huis van Israel, ja, julle moet nou al die woorde oordink wat aan julle gegee is, julle moet nou hierdie woorde diep en geestelik oordink in hierdie tye van DIE Bevestiginge!”

“Roep uit na MY, ABBA VADER, ROEP UIT NA MY, EK IS wat EK IS, JaHshua, ROEP UIT NA MY en My Heilige Gees sal julle oë, julle gedagtes, julle harte, julle geeste en julle siele open, sodat julle hierdie bevestigings sal kan sien en weet dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, met julle spreek!”

“Weer sal Ek uit My eie uit en nie omdat julle tekens soek nie, sal Ek My Heilige Gees uitstuur om hierdie valse leiers en enigeen van hulle wat My volk mislei en bedrieg; Ek sal My Heilige Gees uitstuur en hulle woorde laat spreek wat baie sal verstom en laat ontwaak, as gevolg van die valsheid van hierdie woorde wat Ek in hul monde sal sit, so groot sal hierdie valse woorde wees waarmee Ek hulle sal laat spreek en wat hulle ware aard, hul ware meester en hul ware harte van duisternis, boosheid en kwaad sal openbaar, EK IS wat EK IS!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205