EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 87 aan Lukaas van Hout op 13 November 2013

Haglike tyd, haglike tye, haglike tye! Meer woorde moet jy in hierdie nag vir My skryf, Ek, EK IS wat EK IS, en jy moet hierdie woorde skryf, want hierdie woorde, ja hierdie woorde wat Ek, EK IS wat EK IS deur jou hande spreek om te skryf, is van groot belang vir My volk en hierdie woorde is gewigtig, baie gewigtig in hul belangrikheid vir My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, waar hulle hul ookal bevind en jy moet hierdie woorde aan hulle skryf! Onthou, Ek het reeds vir julle vertel, deur diegene wat Ek gestuur het, van hierdie tye, hierdie haglike tye, HAGLIKE TYE wat nou op julle is en hierdie tye is die sand en die stof op die horison waarteen Ek, EK IS wat EK IS julle vooraf gewaarsku het. Die sand en stof op die horison, wat vinnig die groot sand- en stofstorms sal word wat alles in hul paaie sal verswelg, is hierdie tye en hierdie storms van die magte van die duisternis teen My volk. Wees nie bang nie en wees nie bekommerd nie! Woon by My in die woning van My liefde. In hierdie woning sal julle en is julle vir ewig met My in hierdie lewe en in die lewe wat moet kom, daar sal julle vir ewig saam met My wees! Skryf aan en vertel My volk dat Ek, EK IS wat EK IS visioene voorberei het, baie visioene, visioene van waarskuwings, visioene van instruksies en visioene van openbarings het Ek, EK IS wat EK IS vir My volk berei in hierdie tye, die haglikste van tye vir My volk. Het Ek, EK IS wat EK IS julle nie gewaarsku dat die magte van die duisternis so groot sal word in hierdie wêreld en dat hulle kragte van misleiding in hierdie wêreld so groot sal wees, dat, as dit moontlik was, hulle die uitverkorenes sou mislei? Tog kon hulle nooit die uitverkorenes mislei nie, want die uitverkorenes is Myne en hulle is in My verseël. Ek het dit aan julle vertel om julle te laat ontwaak oor hoe verskriklik en hoe ernstig en met alle bedrog in die magtigheid van hul groot kennis en krag, hulle, die magte van die duisternis dit besit om My volk te mislei. Nietemin, soos wat Ek die mensdom nog altyd vertel het, Ek, EK IS wat EK IS sal altyd met die mensdom wees en Ek, EK IS wat EK IS sal altyd My woorde na die mensdom bring, al My woorde, wat hulle ookal mag wees, en Ek, EK IS wat EK IS sal altyd by die mensdom wees. Berei julle nou voor vir hierdie visioene. Ek het baie visioene voorberei en Ek sal hierdie visioene uitgiet onder My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion, waar hulle hulleself ookal bevind, daar sal Ek, EK IS wat EK IS hierdie visioene onder My volk uitgiet! Ek sal hierdie visioene oor julle uitstort om dinge te openbaar wat julle moet weet, om julle te lei en om My volk te lei, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion, waar hulle hulleself ookal bevind gedurende hierdie tye, daar sal Ek, EK IS wat EK IS hierdie visioene uitgiet onder julle! Baie van hulle aan wie Ek My visioene gee, sal verag, vermaan, bestraf en weggedryf word. Dit moet so wees, sodat voortgegaan kan word met die onthulling van diegene wat vals is onder julle. Hierdie boosdoeners wat My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion valslik lei en hul herders is, waar hulle hul ookal bevind, sal deur hulle, aan wie hierdie visioene gegee is, geopenbaar word. Hulle sal geopenbaar word, maar nie deur die visioene nie, maar deur hul hardnekkigheid en hul hardvogtige harte, in hul weiering om My woorde en My visioene te erken wat Ek, EK IS wat EK IS aan My volk gee, deur hulle wie Ek gestuur het. Nietemin, of julle hulle glo aan wie hierdie visioene gegee is en of dit uit My, Ek, EK IS wat EK IS is al dan nie, LUISTER NA HULLE EN TEKEN HULLE VISIOENE OP! Verloën nie hierdie visioene nie! EK IS wat EK IS sal My waarhede binne hierdie visioene openbaar wanneer julle poog om die onthulling daarvan van My af te kry. Dan, deur My Heilige Gees, sal Ek, EK IS wat EK IS aan julle My woorde in hierdie visioene openbaar. Aan hulle wat My visioene sal ontvang, skryf My woorde aan hulle en skryf My woorde aan hulle met sagmoedigheid van gees en met die grootste liefde moet jy aan hulle skryf wat My visioene sal ontvang. Luister na My, julle liefdevolle Vader, luister na My asof ons van aangesig tot aangesig praat, en wanneer julle die eerste van hierdie visioene ontvang, roep dadelik uit na My en onttrek julle gees dadelik in die woning van My liefde in, soos wat Ek aan julle gesê het en Ek, EK IS wat EK IS sal julle binne hierdie woning hou. Dit moet so wees, want die vloeke van baie van julle broers en susters sal groot wees oor julle. Daarna, skryf, verklaar en lewer hierdie visioene wat Ek aan julle gegee het, lewer hierdie visioene aan My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion, waar hulle hulleself ookal bevind. Soos wat Ek reeds met hierdie hande gespreek het om hierdie woorde aan julle te skryf, weet en glo dat, binne hierdie woonplek van My liefde, sal julle altyd My liefde ken en sal julle altyd in staat wees om enige vloek, enige verontwaardiging of enige ander vernedering te dra, wat diegene van julle broers en susters aan julle sal doen. Onthou hulle aan wie Ek My visioene gee. Ek het alreeds vir al hierdie dinge vir julle gely as JaHshua en Ek het met elke moontlike vorm van vernedering en wrewel vir julle gely, vir My planne en My doelwitte vir hierdie wêreld het Ek, EK IS wat EK IS al hierdie dinge gely. Julle kan dus nou verby die groot redding vir die verlossing van die mensdom sien, toe Ek, EK IS wat EK IS na hierdie wêreld gekom het as JaHshua, en so sien julle nou meer van My planne en My doelwitte in My inkarnasie toe Ek na hierdie wêreld gekom het as 'n man. Dus is julle nou in staat om te weet en te glo dat, net soos wat Ek in hierdie dinge gely het, ja Ek, EK IS wat EK IS, sal Ek al hierdie laste van die vloeke en verontwaardiging van julle broers en susters op Myself neem vir julle. Met die grootste liefde sal Ek, EK IS wat EK IS al hierdie laste vir julle dra, vir hulle wat die groot visioene sal ontvang wat Ek op die punt is om te skenk aan hulle wie Ek gekies het om hierdie visioene te ontvang. Aan hulle wat My wil sal uitvoer in ander sake, weet en glo dat soos wat Ek, EK IS wat EK IS gespreek het deur hierdie hande om aan diegene te skryf wat My visioene sal ontvang, die woorde van troos en belofte, so verklaar Ek ook hierdie woorde aan julle. Bly by My in My liefde, bly saam met My in die woning van My liefde en bou jou woning in My woning van My liefde en dan sal jy vir ewig saam met My woon en Ek, EK IS wat EK IS sal jou in My liefde hou vir ewig. EK IS! Ja, dit is werklik Ek, EK IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205