EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 33 aan Lukaas Van Hout op 29 September 2013

Dit is met groot berou oor wat gaan kom en wat sal wees, wanneer die opdrag uit My mond sal kom vir die dood om uiteindelik voort te gaan. Dit is met groot berou dat Ek, Ek IS wat EK IS hierdie opdrag gee. Dit moet so wees, My liewe kinders, dit moet wees, al berou dit My so. Hoe lank was Ek met julle om julle voor te berei vir hierdie en die tye wat gaan kom? Selfs nog voordat die aarde geskape is, betreur Ek hierdie dag wat moes kom. Weet dit liewe kinders, dat dit nooit My wil was dat sulke dinge moes gebeur nie, dit was nooit My wil nie. So baie betreur Ek hierdie tye, dat Ek nog huiwer om aan hierdie dienaar te gee, My getroue dienaar, om hierdie woorde aan julle te skryf in voorbereiding van julle harte vir dit wat gaan kom. Skryf sagkens aan hulle Lukaas, skryf sagkens aan hulle, vertel hulle dat selfs voordat die aarde geskape is, het Ek, EK IS wat EK IS ten volle geweet van hierdie dag en vertel hulle dat alles wat sou wees, alreeds aan My bekend was en groot het hierdie las op My hart gelê vir al hierdie eeue, ontelbare eeue wat Ek, EK IS wat EK IS saam met julle was. Al die tyd het Ek julle krete gehoor van die tye wat moes kom, en altyd het Ek al julle laste en smarte gevoel van hierdie tye wat moes kom. Dit was vir ewig teenwoordig binne My. Ek het julle so lief en het hierdie dag betreur wat amper op julle is! Dikwels het Ek vir julle gesê, moenie bang wees of verskrik word nie, neem nou die tyd om daardie woorde te verstaan met die opening van die Psalm wat Ek aan Dawid in sy hart gegee het om te skryf;

יהוה is my Herder;

יהוה is my Herder

יהוה is my Herder

Oorweeg dit baie diep, liewe kinders, wat 'n Herder alles is, EK IS wat EK IS, is hierdie Herder vir almal van julle. Ek is met julle elke sekonde van elke minuut van elke uur van elke dag, vir ewig soos wat Ek met julle sal wees in hierdie, die tyd van die dood, wat binnekort gaan aanbreek. Onthou, EK IS, EK LEWE en deur almal wie ek na julle gestuur het, en na julle sal stuur, EK IS deur almal van hulle en EK IS met julle! Glo!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205