EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 156

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 156 aan Lukaas van Hout op 10 Februarie 2014

My Heilige Gees is bedroef

"My kinders, My kleine kinders wie Ek so liefhet, het julle nie aan My Heilige Gees gedink wat altyd met julle is nie?”

"Kleine kinders, My kleine kinders wie Ek so liefhet, het julle nog nooit stilletjies geluister na die sagte en liefdevolle influisteringe van My Heilige Gees in julle harte nie?”

"Kleine kinders, My kleine kinders wie Ek so liefhet, hoe het Ek julle nie liefgehad nie en hoe dikwels het Ek nie deur My Heilige Gees in julle harte gespreek hoe Ek julle liefgehad het nie!”

"Huis van Israel, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, saggies, teer en liefdevol het My Heilige Gees al My woorde in julle harte gefluister, selfs My woorde van tugtiging, vermaning en teregwysing het My Heilige Gees liefdevol en teer in julle harte gefluister!”

"Huis van Israel, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, saggies, teer en liefdevol het My Heilige Gees al My woorde in julle harte gefluister toe My Heilige Gees aanvanklik uitgestort was op die mensdom en gewoon het buite, op en in julle harte, regdeur al hierdie geslagte van die mens tot aan hierdie dae van daardie tye wat nou op julle is!”

"Daardie tye wat nou op julle is!”

"Daardie tye wat nou op julle is!”

"Daardie tye wat nou op julle is!”

“Tog kom die tyd nader, die tyd waaroor Ek die mensdom gewaarsku het, die tyd wanneer Ek My Heilige Gees vanuit die mensdom sal onttrek!”

"Net so teer soos wat My Heilige Gees in julle harte gespreek het, net so teer sal dit onttrek word.”

"My Heilige Gees word vergelyk met julle skaduwee in die dag in die lig van die son.” "As julle kyk, sien julle jul skaduwee, dit is altyd met julle en oënskynlik vorm dit deel van julle, totdat die son sak en nie meer haar gee lig gee nie.”

"In die donkerte van die nag bestaan julle skaduwee nie meer nie, maar gaan steeds voort onder die dowwe lig van die maan, 'n klein lig wat slegs 'n weerspieëling is van die son en onder hierdie dowwe klein lig van die maan, 'n valse lig, sien julle nog steeds hierdie skaduwee.”

“Tog is die skaduwee slegs 'n refleksie van dit wat onder die volheid van die lig van die son in die dag was.”

"Dit kan dus nie werklik bestaan sonder die lig van die son nie en in die donkerte van die nag is hierdie skaduwee maar net 'n blote herinnering van waar dit kom.”

"So teer soos wat as My Heilige Gees in julle harte gespreek het, so teer sal dit onttrek word.”

“Net soos is My Heilige Gees wie Ek aan die mensdom gegee het, is My Heilige Gees hierdie skaduwee wat julle in die glans van die lig van die SEUN gevolg het, Ek, EK IS wat EK IS JaHshua.”

"Soos wat die son sak en julle skaduwees geruisloos wegraak, so sal die onttrekking van My Heilige Gees vanuit die mensdom wees, en slegs `n refleksie van dit wat eens was, sal oorbly.”

"Hierdie refleksie is dit waarteen wat Ek julle gewaarsku het!”

"Hierdie refleksie is dit waarteen wat Ek julle gewaarsku het!”

"Hierdie refleksie is dit waarteen wat Ek julle gewaarsku het!”

"Hierdie refleksie word daardie vals vorm van geregtigheid, `n skynbare geregtigheid, maar wat nie is nie, want dit is slegs 'n refleksie van wat eens in julle harte bestaan het van die ware lig van My geregtigheid, wat voortkom uit My Heilige Gees, 'n lig, 'n opbruisende lig vanuit My, Ek as liefde en Ek, EK IS wat EK IS, as die lewende woorde van liefde.”

"Weet julle, kleine kinders, My kleine kinders wie Ek so liefhet, neem kennis, bedink en verstaan deeglik en met ernstige geestelike vrees, dat die weggaan van My Heilige Gees van julle af sal wees soos wat hierdie son sak!”

"Julle moet kennis neem, kleine kinders, My kleine kinders wie Ek so liefhet, neem kennis, bedink en verstaan goed en met ernstige geestelike vrees moet julle kennis neem, bedink en goed verstaan hoe die sake nou met julle staan met betrekking tot julle geloof.”

"Julle moet kennis neem, kleine kinders, My kleine kinders wie Ek so liefhet, neem kennis, bedink en verstaan deeglik en met ernstige geestelike vrees moet julle kennis neem, bedink en deeglik verstaan van die ywer waarmee julle My en My woord, lewend, geskrewe en gesproke nou moet soek en om My koninkryk te soek met alle haas en alle ywer julle hart, verstand, siel en gees, so moet julle My NOU soek soos nog nooit tevore nie!

"Julle moet kennis neem, kleine kinders, My kleine kinders wie Ek so liefhet, neem kennis, bedink en verstaan deeglik en met ernstige geestelike vrees moet julle kennis neem, bedink en deeglik verstaan van die ywer wat julle nou aan die dag moet lê om alle valse oortuigings, valse leerstellings en leringe van mense van julle af te verwyder, weg van die ware geloof in My, wat slegs gevind sal word deur My Heilige Gees, wie die waarheid van al My woorde, lewend, geskrewe en gesproke en MY KONINKLIKE WET sal openbaar, dit wat nog altyd was en wat altyd sal wees, selfs verby die verste bereik van tyd, sal MY KONINKLIKE WET altyd bestaan, neem kennis, bedink en verstaan deeglik en met ernstige geestelike vrees moet julle kennis neem, bedink en deeglik verstaan van die ywer wat julle nou aan die dag moet lê om al die valse leerstellings van julle geloof te verwyder wat My aanstoot gee, want dit skei julle van My!”

"My Heilige Gees sal weggaan van elkeen van hulle wie se harte verblind is en wie se harte hulle gewillig van My afgewend het in allerhande verleiding van ongeregtigheid in hul liefde vir hierdie valse oortuigings, valse leerstellings en leerstellings van mense rakende My en My waarheid!”

"My Heilige Gees sal weggaan van elkeen van hulle wat die liefde van die waarheid nie gekies het sodat hulle gered kan word nie!”

"My Heilige Gees sal weggaan van elkeen van hulle wat nie die liefde van die waarheid gekies het, sodat hulle gered kan word nie!”

"My Heilige Gees sal weggaan van elkeen van hulle wat nie die liefde van die waarheid gekies het, sodat hulle gered kan word nie!”

“Hulle wat hulle van My afgewend het in allerhande verleiding van ongeregtigheid in hul liefde vir hierdie valse oortuigings, valse leerstellings en tradisies van die mens sal slegs bewus wees van die refleksie wat sal oorbly.”

“Hulle wat hulle van My afgewend het na allerhande verleiding van ongeregtigheid, sal voortgaan om die valse lig van die valse geregtigheid te glo van daardie skaduwee van hul valse oortuigings, valse leerstellings en leringe van mense waarmee die bose een en sy leërskare hulle deur hierdie valse oortuigings, valse leerstellings en leringe van mense mislei het, maar wat 'n verskriklike, bedrieglike en geslepe refleksie sal wees van die waarheid van My geregtigheid!”

“Hulle wat hulleself van My afgewend het en in allerhande verleiding van ongeregtigheid geval het, sal voortgaan om deur My Heilige Gees te glo dat EK IS saam met hulle is, so stil sal My Heilige Gees van hulle wyk.”

“Hulle sal voortgaan om te glo dat hulle My wil doen en sal die grootste vyande van My Dogter van Sion en My Huis van Israel binne en buite MY Suid-Afrika word.”

“Die Huis van Israel, daardie vals Huis van Israel, binne en buite MY Suid-Afrika, hulle wie My Heilige Gees met die grootste liefde en nederigheid van My gesmeek het, sal verraad en troueloosheid herdefinieer tot sodanige vlak soos wat nog nooit in die mensdom gesien was nie, so groot sal hul verraad teenoor My Dogter van Sion en My Huis van Israel binne en buite MY Suid-Afrika wees!”

“Hierdie Huis van Israel, hierdie vals Huis van Israel binne en buite MY Suid-Afrika, sal met al die ontrouheid van hulle diepgaande bedrieglike ongeregtigheid, al hierdie verraad en troueloosheid in My Naam pleeg en daardeur dink dat hulle My wil doen.”

“Hierdie Huis van Israel, daardie vals Huis van Israel binne en buite MY Suid-Afrika, hulle wie My Heilige Gees met die diepste liefde en nederigheid van My gesmeek het, sal baie hoogmoedig en trots wees op hul bedrieglike en geslepe vroomheid, wanneer hulle My kinders voor die wêreld verraai, hierdie wêreld en die Aarde sal word soos en sal vergelyk word met die sinagoge van Satan."

"So teer soos wat My Heilige Gees in julle harte gespreek het, so teer as dit onttrek word.”

"Neem kennis, bedink en verstaan deeglik en met ernstige geestelike vrees oor die weggaan van My Heilige Gees vanuit die mensdom. Soos Ek gespreek het, My Heilige Gees sal saggies en teer wegbeweeg uit die mensdom.”

"Dit moet so wees, Huis van Israel, sodat die tye van daardie tye wat nou op julle is, nou kan begin!”

"Dit moet so wees om die tye van daardie tye, wat nou op julle is te laat begin, My Huis van Israel binne en buite MY Suid-Afrika!”

"Dit moet so wees om die tye van die tye te laat begin wat nou op julle is, My Dogter van Sion!”

“Saggies en teer sal My Heilige Gees wegbeweeg vanuit die mensdom."

“Saggies en teer sal My Heilige Gees wegbeweeg vanuit die mensdom."

“Saggies en teer sal My Heilige Gees wegbeweeg vanuit die mensdom, EK IS wat EK IS, EK HET JULLE SO LIEFGEHAD, hoe lief het Ek julle nie gehad nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205