EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 108

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 107 aan Lukaas van Hout op 6 Desember 2013

Aan hulle wat agterbly onder die hand van Farao in kettings van slawerny, onthou vir Josef! EK IS wat EK IS en EK IS kom julle haal! Julle moet nou bid en bid sonder ophou om julle harte voor te berei vir My, ja vir My, julle liefdevolle, barmhartige en genadige Vader, vir My, EK IS wat EK IS, Hy Wie alle dinge geskep het en Hy wie geminag, bespot en uitgelag word in die bose en slegte uittarting van hulle wat My in My gesig uittart en hulle wat hulle vuis teen My en My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion ophef en bal, JA, DIT IS EK! EK IS WAT EK IS! EK IS WAT EK IS! EK IS WAT EK IS! EK IS en saam en deur My leërskare gaan ons kom om julle te red! Hulle wat julle gebonde hou, sal My leërskare sien wat julle sal verlos, ja, My leërskare, My leërskare van engele sal deur hulle wie julle gebind het, gesien word en nie net sal hulle met hul oë sien nie, maar hulle sal My leërskare sien met die kleinste deeltjie van hul wese, so sal hulle My leërskare sien wat gaan kom om julle te red! Met hul eie hand, sal hulle wat My leërskare sien, julle vrylaat, omdat EK IS wat EK IS 'n groot vrees vir julle en kennis van julle in hul harte sal plaas en daarom sal hulle julle vrylaat. Hulle sal julle vrylaat en hulle sal julle aan My en My volk, My kinders, My huise van Israel, en My Dogters van Sion oorgee waar hulle ookal woon en waarheen Ek julle ookal sal lei om te gaan. Op daardie dag en in daardie tyd moet julle jul heeltemal toewy aan My, EK IS wat EK IS en in alle dinge moet julle jul toewy aan My, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle en genadige Vader wat deure oopmaak, selfs daardie deure wat nie deur 'n mens gesien kan word nie, maak Ek, EK IS wat EK IS hierdie en alle deure oop. Kyk uit vir My, Ek kom en Ek sal hierdie deure oopmaak op die wyse wat Ek deur hierdie dienskneg gespreek het, deur hierdie woorde wat My Heilige Gees op sy hart en in sy hart geplaas het om vir My te skryf, vir My, EK IS wat EK IS! KYK UIT VIR MY! Op daardie dag en in daardie tyd moet julle baie haastig wees, sonder die geringste huiwering van `n oomblik, wanneer EK IS met en deur My leërskare sal kom om julle te red! Dit sal 'n wandeling van geloof wees in julle absolute afhanklikheid van My om aan julle daardie plekke te wys wat Ek vir julle berei het om heen te gaan. Weet en verstaan dat baie van julle paaie verskillend en afsonderlik sal wees en julle moet nie poog om saam te koek nie, doen slegs soos wat Ek julle sal lei en wys deur My Heilige Gees, want julle is deur My, EK IS wat EK IS uitverkies vir My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion en waar hulle ookal sal woon, daarheen sal Ek julle lei. Dit wat julle weet en dit wat julle voorvaders geweet van My aarde, My lewende aarde, ja, My lewende Aarde, sal met julle spreek en sal in julle harte fluister wanneer die tyd van My verlossing deur My leërskare naby is aan julle! EK IS wat EK IS, kyk, luister en berei voor!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205