EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 43 aan Lukaas van Hout op 4 Oktober 2013

Vir diegene wat hierdie antwoord soek, diegene in hierdie huis van Israel in Suid-Afrika, vertel hulle vanuit My woord, EK IS wat EK IS; soos dit vir hulle was, so sal dit vir julle moet wees vir die tye wat kom en met hierdie wat na My kom om die werk te voltooi wat Ek, EK IS wat EK IS lank gelede met julle begin het. Volg hierdie selfde instruksies. Ek IS wat EK IS;

Exodus 18:7-27: (Boek van Herinnering)

Hier is die antwoord wat julle soek;

7 Daarop gaan Moshè uit, sy skoonvader tegemoet, en hy het gebuig en hom gesoen; en hulle het na mekaar se welstand gevra en in die tent ingegaan.

8 Moshè vertel toe aan sy skoonvader alles wat JaHWeH aan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van JisraEl, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad oorgekom het, en dat JaHWeH hulle verlos het.

9 En Jetro het hom verheug oor al die goeie wat JaHWeH aan JisraEl gedoen het, dat Hy hulle uit die hand van die Egiptenaars verlos het.

10 Daarop sê Jetro: Geseënd is JaHWeH wat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het.

11 Nou weet ek, groot is JaHWeH bo al die gode, naamlik in die saak waarin hulle vermetel was teen julle.

12 Daarop het Jetro, Moshè se skoonvader, ’n brandoffer en slagdiere [gebring] vir die Elohim. En Aäron en al die oudstes van JisraEl het gekom om saam met Moshè se skoonvader brood te eet voor die Aangesig van die Elohim.

13 En die volgende dag het Moshè gesit om Reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moshè gestaan van die môre tot die aand toe.

14 En toe Moshè se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe?

15 En Moshè antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om Elohim te raadpleeg.

16 As hulle ’n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspraak tussen volksgenote gee en die Insettinge van Elohim en Sy Wette bekend maak.

17 Maar Moshè se skoonvader sê vir hom: Die ding wat jy doen, is nie goed nie.

18 Jy sal heeltemal uitgeput raak, jy sowel as hierdie volk wat by jou is. Want die saak is te swaar vir jou; jy kan dit nie alleen doen nie.

19 Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en Elohim sal met jou wees. Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk by die Elohim en bring jy die sake voor die Elohim,

20 en onderrig hulle in die Insettinge en die Wette, en maak hulle die Weg in haar bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen.

21 Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat die Vrees van Elohim het, manne van Waarheid wat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien;

22 en laat hulle voortdurend oor die volk die regspraak uitoefen: al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hulle saam met jou dra.

23 As jy dit doen en Elohim dit jou beveel, kan jy dit uithou en sal ook al hierdie mense tevrede na hulle woonplek gaan.

24 Moshè het toe geluister na sy skoonvader en alles gedoen wat hy gesê het -

25 Moshè het bekwame manne uit die hele JisraEl gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel - owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien.

26 En hulle het voortdurend oor die volk die regspraak uitgeoefen: die moeilike sake het hulle na Moshè gebring, maar in al die klein sake self reggespreek.

27 Toe het Moshè sy skoonvader laat gaan, en hy het na sy deel van die Aarde getrek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205