EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 38 aan Lukaas van Hout op 2 Oktober 2013

Soos wat Ek, EK IS wat EK IS in hierdie dag vir julle gesê het, Ek giet nou My Gees uit oor die mensdom en My volk en My Dogter van Sion, wat in nederigheid en in liefde na My uitroep en wat 'n doring dra, 'n diep doring om haar vir ewig te herinner van My liefde en My ootmoed vir haar om met almal te deel wat Ek gestuur het om met haar te deel. Vertel hulle van My woorde Lukaas, vertel hulle dat jy getuienis is van die woorde wat Ek aan jou gee om te skryf, en so skryf jy die woorde wat Ek IS wat EK IS aan jou gee om te skryf. Vertel hulle dat baie spreek en skryf soos wat Ek hulle rig om te spreek en skryf en hulle spreek en skryf in ooreenstemming met My geskrewe woord, in ordentlikheid en binne orde en altyd in liefde, onbaatsugtige liefde en in die liefde vir My volk en die liefde vir My waarheid en kennis het hulle alles gedoen wat Ek gevra het om te doen. Nou vertel hulle hierdie waarheid van hierdie openbaring. Daar is meer as die woorde wat woord vir woord uitkom, JA, VERTEL HULLE wat Ek jou vandag gewys het, omdat baie My woorde om te bely gehoor het en baie soek na My Heilige Gees om hulle oë, hulle harte en hul verstand te open vir hierdie openbaring wat sommige alreeds ken. Ek, EK IS wat EK IS maak selfs nou hulle gedagtes oop om hierdie woorde te ontvang en sal ook die gedagtes oopmaak van diegene wat nog sal kom vir hierdie openbaring. Vertel hulle, EK IS dat EK IS het meer as die enkele woorde om aan hulle te gee soos wat Ek dit woord vir woord aan jou gegee het. Agter die geskrewe woord is goddelike kennis en goddelike woorde, nie enkelwoorde nie, maar hele volumes van woorde van groot begrip, wysheid, kennis en soveel meer wat Ek sal ingiet in diegene wie se verstand voorberei is deur My Heilige Gees om hierdie hele volumes van woorde te ontvang, dan sal Ek, EK IS wat EK IS dit ingiet in hul verstand. 'n Vloed van woorde, alles op een slag, soos wat Ek gesê het, sal Ek uitgiet in hulle verstand en hulle sal hele volumes van kennis, waarheid, wysheid en begrip alles op een slag verstaan! Vir sommige, binne 'n oomblik, sal Ek hul gedagtes vul en Ek sal hulle gedagtes, diegene wat dit sal kan ontvang, met hierdie hele volumes van woorde vul, alles op een slag soos wat Ek gesê het. Vir ander sal hierdie selfde volumes, 'n bietjie hier en 'n bietjie daar gegee word, sodat My werk deur al hierdie wat die enkele woorde en die hele volumes van woorde ontvang om aan My volk te spreek en skryf, aan hulleself en aan die wêreld kan toon dat Ek, EK IS wat EK IS is en dat Ek spreek en skryf op enige manier wat Ek kies om aan die mensdom te gee en ja, in die hele volumes van woorde sal Ek tot die mensdom spreek wat gehoorsaam is, want die tyd is kort voordat hierdie tye Suid-Afrika en My huis van Israel sal oorval en ook vir die hele wêreld vir die laaste keer wanneer Ek terugkeer as JaHshua. Vertel hulle dat My woorde nooit leeg na My terugkeer nie en dat My woord deur al hierdie middele My wil sal bereik, selfs al kan sommige as kwaad voorkom. Dit is My wil om die kaf te skei van die koring en aan die wêreld te wys dat die bose My dien en nooit sal My woord die magte van die duisternis dien nie, al mag dit soms so lyk. In die volheid van die tyd sal My wil, die wil van EK IS wat EK IS ten volle verstaan word en dit sal ten volle verstaan word dat alle dinge My wil dien en dat alles myne is om te doen, soos wat Ek kies om te doen om My wil te volbring . Daar is baie meer om te kom Lukaas, en nie net deur jou nie, maar deur ander wat al weet en ander wat Ek sal roep in die tye wat Ek hul sal roep. Aan elkeen van julle wat Ek gestuur het om My woorde te spreek en te skryf en aan almal van julle wat Ek sal opwek wanneer Ek julle sal opwek, verklaar die EK IS; gee alles aan My oor en vergeet julleself, dan sal julle vir My My vaartuie word om My woorde aan die mensdom en aan My volk te gee in hierdie tye, asook in die tye wat moet kom. Berei voor om alles wat julle het en alles wat julle is, oor te gee, in die komende verlies van wie julle is, sodat My woord vervolmaak kan word in almal van julle en in almal van julle sal My werk dan vervolmaak word in perfekte orde en harmonie. Soek slegs My wil vir julle in die werk wat Ek aan julle gee om te doen en dink nie aan die ander werke wat Ek gee aan ander, sodat julle nie daardie werke oordeel of vergelyk met julle eie nie. Ontvang slegs dit en in dit wat Ek julle gee om te doen, doen dit. Ander sal My waarheid onderskei. Dit moet so wees, sodat My woorde aan jou wat Ek jou beveel het om te spreek en te skryf, suiwer en onaangeraak sal bly deur ander, in wat hulle dalk vir jou kan sê of diegene wat aan daardie wat van die bose een gestuur is om julle monde stil te maak of julle hand te keer om My woorde te speek, Ek IS wat EK IS.

In al hierdie dinge moet julle naamloos van gees word, sodat alle eer by My kan bly en as julle doen wat Ek, EK IS wat EK IS julle vra om te doen in hierdie vergeet van jouself, sal Ek julle My ootmoed gee en julle spaar van die arrogansie van ander wat geval het deur hoogmoed. Onthou, EK IS wat EK IS en soos wat julle vertel is deur die profete, sal die wêreld My sien soos wat hulle My in die dae van die ouds gesien het en hulle sal weet EK IS wat EK IS. EK IS wat EK IS en Ek leef soos wat Ek nog altyd geleef het van die begin tot die einde, wat weer die begin is, EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205