EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 127

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 127 aan Lukaas van Hout op 26 Desember 2013

Julle sal My betuig as My Heilige Volk

"Ek het jou gebede gehoor dat jy op soek is na groter begrip vir hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna."

"Neem kennis en verstaan dat die woorde wat deur My Heilige Gees op jou hart beveel is om vir My te skryf aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion, Ek IS wat EK IS, weet en verstaan dat hierdie woorde slegs gegee kan word op die tye en in die plekke van My keuse vir die vervulling van My planne en My doelwitte vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion in hierdie volk, My volk Suid-Afrika."

"Nou kan jy hierdie woorde skryf soos wat My Heilige Gees tot en in jou hart beveel om hierdie woorde te skryf, so sal jy skryf, want voordat EK My volk sal verlos, moet hulle eers getoets word om te sien of hulle in hulle geloof by My sal staan al dan nie."

"As My Huis van Israel, wie so geliefd en gekoester word deur My, nie kan of nie wil staan by My in hul geloof nie, dan is dit vir My onmoontlik om hulle te verlos, want hulle harte sal nie in staat wees om hierdie verlossing te dra teen die bose leërskare in daardie tye en die tye daarna nie."

"Hulle geloof sal nie voldoende wees om in My te glo nie en al wat EK grootliks begeer om te doen en sal doen vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion in daardie tye wat kom en die tye daarna, daarin sal hulle geloof so swak wees in My, hulle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS, om in My te glo en wat Ek grootliks begeer om vir die Huis van Israel en My Dogter van Sion binne die grense van My volk Suid-Afrika te doen."

"Nooit sal My hand, die hand van hulle liefdevolle Vader, ooit 'n volk verlos wat swak in die geloof is nie, wetende dat dit tot hul eie ondergang sou lei, veral hierdie Huis van Israel en hierdie Dogter van Sion wie so deur My gekoester en geliefd is in My Suid-Afrika."

"As My Huis van Israel nie nou in hul geloof saam met My sal kan staan nie, dan sal My Huis van Israel in daardie tye en die tye wat nog moet kom, van My af wegdraai en My Huis van Israel in hierdie volk, My Suid-Afrika, sal afvallig raak soos wat baie reeds begin het om te doen."

"Aan My Huis van Israel, aan My Dogter van Sion binne die grense van My Suid-Afrika, skryf aan hulle met die grootste liefde, ja, met die grootste liefde, skryf hierdie woorde, My woorde, die woorde van My, ja Ek, EK IS wat EK IS, skryf hierdie woorde wat My Heilige Gees jou tot en in jou hart beveel om aan My Huis van Israel te skryf, aan My Dogter van Sion, SKRYF MY WOORDE MET DIE GROOTSTE LIEFDE!"

"Luister na My deur hierdie woorde, My Huis van Israel!"

"Luister na My deur hierdie woorde, My Dogter van Sion!"

"Luister na My stem deur hierdie woorde!"

"Maak julle harte oop om hierdie woorde te hoor!"

"Soek My stem in hierdie woorde deur My Heilige Gees wat julle harte sal open om My stem te hoor deur hierdie woorde, ja hierdie woorde, My woorde, beveel tot en in die hart van hierdie dienskneg om aan julle te skryf!"

"Huis van Israel, Dogter van Sion!"

"Huis van Israel, Dogter van Sion!"

"Huis van Israel, Dogter van Sion!"

"Luister na My, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua! Ek, JA Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, LUISTER NA MY DEUR HIERDIE WOORDE!"

"Die tyd het nou aangebreek, ja nou het die tyd aangebreek vir julle, My Huis van Israel en Dogter van Sion, nou het die tyd vir julle aangebreek om te begin om My te betuig, julle liefdevolle Vader, EK IS wat EK IS, ja, die tyd het nou aangebreek om My te betuig, EK IS wat EK IS, aan die leiers, aan al die leiers van julle volk."

"Nou het die tyd aangebreek om My te betuig, EK IS wat EK IS!"

"Nou het die tyd aangebreek om My te betuig, EK IS wat EK IS!"

"Nou het die tyd aangebreek om My te betuig, EK IS wat EK IS aan die leiers van julle volk!"

"Betuig My soos wat Ek Moses opdrag gegee het om My te betuig voor Farao, betuig My!"

"Betuig My aan julle volk op enige wyse waartoe julle in staat is, betuig My, betuig My, My Huis van Israel en Dogter van Sion, betuig My in elke stad, in elke dorp, op enige plek waar mense woon waartoe julle in staat is om MY te betuig, betuig My, BETUIG MY DEUR DIE NAAM, DIESELFDE NAAM WAT EK AAN MOSES GEGEE HET, DIE NAAM VAN EK IS WAT EK IS, BETUIG ME!"

"Spreek, skryf en op enige wyse waartoe julle in staat is, vertel aan almal van hulle dat julle My Huis van Israel en My Dogter van Sion is!"

"Vertel almal van hulle dat julle My Huis van Israel en Dogter van Sion is wat aan My behoort, ja aan My, EK IS wat EK IS!"

"Vertel almal van hulle dat julle My Huis van Israel en die Dogter van Sion is oor wie Ek jaloers is!"

"Vertel en betuig aan almal van hulle dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua! Ek, JA Ek, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob, vertel en betuig aan almal van hulle dat Ek, die EK IS wat EK IS julle gestuur het EN JULLE BEVEEL HET om My te betuig aan almal van hulle in hierdie volk, My volk, My Suid-Afrika en dat Ek beveel dat My Huis van Israel bevry sal word om My te volg en om My wil te doen, soos wat Ek julle onderrig en beveel het deur almal wat Ek deur al julle geslagte heen gestuur het tot op hierdie dag; Huis van Israel, BETUIG MY!"

"Julle moet nie nou of ooit vrees om My wil te doen nie!"

"Moses en Aaron was maar twee mense wat vreesloos voor Farao gaan staan het en hierdie selfde dinge betuig het, en in My Naam, en in My Naam, EK IS wat EK IS, het Moses en Aaron dieselfde dinge, naamlik My wil, vreesloos gedoen, soos wat Ek julle nou opdrag gee om My wil te doen!"

"My Huis van Israel in My Suid-Afrika is baie meer as hierdie twee en My Huis van Israel in Suid-Afrika ken reeds My woorde en My geskrifte in hierdie verband!"

"Soos wat Ek leef en soos wat EK was en soos wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS altyd sal wees, vertel Ek julle nou dat Ek saam met julle sal wees soos wat Ek saam met Moses en Aäron en al My knegte was, deur al die geslagte van die mens, SAL EK MET JULLE WEES, om julle harte te versterk, om julle geloof te verhoog, om julle moed te vermeerder, om aan julle geduld te gee, al hierdie dinge sal Ek vir julle sal doen deur die krag van MY HEILIGE GEES wat julle reeds voorberei vir hierdie finale toets van julle geloof in My voordat hierdie, die tye wat moet kom, sal aanbreek."

"Met die grootste geloof, met die grootste moed, met die grootste geduld en met die grootste liefde wat Ek aan julle sal gee deur My Heilige Gees, Ek, EK IS wat EK IS, sal julle die krag kry om My te betuig aan almal van hulle, Ek, EK IS wat EK IS en My wil vir My Suid-Afrika, soos wat julle weet dat My wil sal wees deur hulle wie Ek deur die eeue heen gestuur het."

"Met die grootste geloof, met die grootste moed, met die grootste geduld en met die grootste liefde sal julle, My Huis van Israel, My wil betuig aan My Huis van Israel in hierdie volk, My volk, My Suid-Afrika! "

"Dit moet so wees, vir My planne en My doelwitte, MOET DIT SO WEES!"

"Dit moet so wees, sodat hierdie volk, My volk, My Suid-Afrika en al die volke van die wêreld sal weet dat My Huis van Israel in My Suid Afrika woon en dat My Huis van Israel My wil doen, en dat My Huis van Israel opstaan vir My en My sonder vrees betuig in My Naam, EK IS wat EK IS!"

"Dit moet so wees!"

"Dit moet julle verklaring wees, Huis van Israel en Dogter van Sion; dit moet julle verklaring en julle lewende testament van julle geloof in My wees aan die volke van die wêreld!"

"Dan sal al die woorde van die profete in vervulling gaan, wanneer Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS geopenbaar word aan al hierdie profete regdeur die geslagte van die mens, tot op hierdie dag."

"In daardie dae en in daardie tyd, wanneer julle in julle geloof sal opstaan vir My en My wil betuig vir hierdie Huis van Israel in Suid-Afrika, in hierdie dae en in daardie tyd sal julle in verwondering staan oor al die woorde wat My Heilige Gees in julle harte sal plaas om vir My te spreek en te skryf soos wat EK julle opdrag gegee het om op hierdie dag te doen."

"Neem kennis en verstaan dat daar vervolging onder julle sal wees, sommige tot die dood toe, sommige sal aangerand word, sommige sal lasterlik vervloek word en sommige sal gemartel word, sommige van hulle vanuit julle eie volk en sommige van buite julle eie volk en sommige deur die ander volke."

"Neem kennis en verstaan dat daar vervolging sal wees, maar Ek, ja Ek, EK wat EK IS sal met julle wees deur die krag van My Heilige Gees om julle te versterk en om julle `n groot geloof te gee, asook groot moed om My woorde te spreek en te skryf soos wat Ek julle vandag beveel."

"In vreesagtige, bewende ontsag vir julle sal baie van hulle wees oor die groot geloof en moed wat Ek aan julle sal gee om vir My te spreek en te skryf, en in groter getalle sal daar deur hulle wat baie sal vervolg, baie meer wees wat My woorde sal hoor deur julle wat in My Naam sal spreek en skryf."

"Neem kennis en verstaan, dat as gevolg van julle, julle wat sal spreek en skryf, dat baie, baie mense vanuit die volke van die wêreld My en My verlossing sal vind!"

"Neem kennis en verstaan, Huis van Israel en Dogter van Sion binne My volk, My Suid-Afrika, neem kennis en verstaan dat julle die vyeboom is wat Ek as JaHshua geseën het!"

"Ja, julle is die vyeboom wat nou in hierdie oes vrugte sal dra en julle sal eindeloos en vir ewig vrugte dra!"

"Ja, My geliefde Huis van Israel en gekoesterde Dogter van Sion, neem kennis en verstaan dat julle die vyeboom is wat Ek as Jahshua geseën het!"

"In daardie dae en in daardie tyd wanneer julle in julle geloof opstaan vir My en My en My wil betuig vir hierdie Huis van Israel in Suid-Afrika, dan sal die wêreld weet dat dit teen My Huis van Israel en My Dogter van Sion is wat hierdie groot boosheid gekom het."

"Die wêreld moet weet dat dit My Huis van Israel en My Dogter van Sion is in My Suid-Afrika wat vir My in geloof sal opstaan om My wil te doen!"

"Dit moet so wees vir My planne en vir My doelwitte, sodat die hele wêreld kan weet en verstaan dat EK IS wat EK IS lewe en dat EK IS wat EK IS woon in al die sake van die mens!"

"Die wêreld moet weet dat My Huis van Israel en My Dogter van Sion in My Suid-Afrika MY HUIS VAN ISRAEL EN MY DOGTER VAN SION IS!!"

"Dit moet so wees, sodat al die volke van die wêreld kan sien en sodat al die volke van die wêreld eendag met een stem sal kan sê; ‘daar is geen Elohim soos die Elohim van die Huis van Israel EN DIE Dogter van Sion van Suid-Afrika nie, daar is niemand groter nie, lof en eer aan die Elohim van Israel’!"

"Deur julle, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, deur julle, My byna vergete, ware en getroue Huis van Israel en Dogter van Sion, wat woon binne die grense van My Suid-Afrika, ja deur julle sal die wêreld ontwaak tot My, EK IS wat EK IS en soos wat Ek julle alreeds gesê het, as gevolg van julle groot geloof in My, as gevolg van julle groot beproewings waarin julle vir My gely het in My Naam, sal JULLE, ja JULLE, My, JA MY diep en geliefde klein Huis van Israel en My Dogter van Sion in My Suid-Afrika, sal JULLE nou die maatstaf word waaraan alle ander volke geoordeel sal word!"

"Julle sal die Heilige Volk word wat Ek julle belowe het julle sal wees!"

"Julle sal bekend wees in die tye na die tye wat sal wees en vir ewig as ‘Elohim se Huis van Israel van Suid-Afrika,Getrou en Waar’, EK IS wat EK IS."

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205