EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 34 aan Lukaas Van Hout op 29 September 2013

Hoor julle, julle sal My nou hoor, o huis van Israel en almal wat sal terugkeer na hierdie huis, hierdie huis van Israel in MY SUID-AFRIKA! Steeds veroordeel julle My kneg! Steeds vervloek julle sy naam! Steeds onteer julle My woord, MY WOORD EN MY WOORDE. Bly stil Lukaas, bly stil in nederige stilte vir 'n tyd gedurende hierdie nag, want Ek is toornig op diegene wat jou so vervloek, ten spyte van al My pleidooie aan hulle harte deur My Heilige Gees wat hulle dag en nag grief deur hul veroordelings van jou. Meer woorde sal kom, Ek het jou gebede verhoor soos wat jy bid terwyl Ek met jou spreek en op dieselfde tyd en dieselfde oomblik hoor Ek jou gebede en verhoor hulle, maar Ek sal My hand terughou teen diegene wat jou so vervloek en ook sal Ek My toorn weerhou van hulle vir 'n tyd. Ek hoor jou gebede en jou pleitstukke om My hand terug te hou en om hulle nog meer tyd toe te laat om na My woorde te luister, die woorde wat Ek, EK IS wat EK IS in jou hart plaas om aan My volk te skryf. Ja, Lukaas, die antwoord is ja, Ek sal My hand terughou. Skryf nou, want My toorn het bedaar. Vertel hulle, hulle wat jou vervloek, Ek sal My woorde aan My volk vermeerder deur jou en meer nog as wat Ek eers oorweeg het. Ek het bevind dat jy aan My getrou is in alles wat Ek jou vra om te doen en alles wat Ek jou gevra het om te doen, was in perfekte orde, sodat hulle met hul oë en harte My woorde kon sien. Nou sal Ek My woorde vermeerder deur jou, getroue dienaar, want jy het in hierdie nag aan My gesê, toe jy na My uitgeroep het, en Ek alles bevestig het wat Ek van jou sou vra om te doen, selfs dit wat steeds vir jou onbekend is, jy ingestem het om My wil te doen. Daarom sal Ek nou My woorde deur jou vermeerder. Hierdie woorde, hierdie woorde wat teruggehou is, want diegene aan wie Ek hulle in die verlede oorgedra het, wou dit nie vir My spreek of skryf nie, want hulle was bang vir die oordeel van die mens en die wat saam met hulle was. Ek sal deur hierdie dienaar spreek wanneer Ek ookal verkies om tot sy hart te spreek en Ek sal te alle tye tot sy hart spreek, dag of nag sal Ek spreek tot sy hart van die dinge wat hy vir My aan julle sal moet skryf, want toe Ek, EK IS wat EK IS hom gevra het van hierdie aanklag om hom te toets, om hom te toets om te sien of hy daarvan gebruik sou maak, het hierdie nederige dienaar eenvoudig geantwoord;, “ja Vader alles wat U My vra om dit te doen, sal Ek doen wanneer U My vra om dit te doen”. En selfs nou, terwyl EK hierdie dienaar na 'n plek gebring het wat Ek lank gelede vir hom uitgekies het en deur baie, baie maande van toetse en beproewings, hom gebring na hierdie plek om aan julle My krag te toon om alles te doen, tog vervloek julle hom, hierdie dienaar wat EK IS wat EK IS liefdevol uitgekies het om aan julle te gee. Dogter van Sion, luister na My woorde, geseënd was julle in alle dinge, want daagliks het julle vrylik julle lofprysing en aanbidding vir My gegee en gewilliglik het julle hierdie dienskneg ontvang, wetende van die diep geheime van sy hart waaroor ander hom uit hul midde sou gewerp het, tog het julle hom in elk geval ingeneem. Soos wat julle Hom ontvang het, het julle My ontvang en diegene van julle wat hom vervloek, vervloek My. Dogter van Sion, Ek het baie vir julle berei vir alles wat julle in My Naam gedoen het vir al My mense, selfs aan hierdie vreemdeling van 'n vreemde land, wat julle aan hom in alle liefde en vriendelikheid gedoen het, soos wat Ek julle gewys het om te doen en julle onderrig het om te doen toe Ek na hierdie wêreld gekom het as JaHshua. Soos wat julle My geseën deur julle werke, sal Ek julle nou seën en Ek, EK IS wat EK IS, sal julle nou seën op wyses wat julle nie gedink het moontlik is nie en op wyses wat julle nooit verwag het nie, sal Ek julle nou seën. Aan diegene wat My vervloek het deur hierdie dienskneg, selfs in sy nood en in die pyn van sy hart het hy vir julle gebid en My gevra om My toorn te weerhou teen julle, en Ek sal ter wille van hom en sy gebede My oordeel van julle weerhou en aan julle tyd gun om julle weë te heroorweeg. Dit is My wil, EK IS WAT EK IS, My wil dat julle almal sal deel in hierdie groot werk van die oordra van My woorde aan My volk. As julle My net wil vertrou en glo dat EK deur baie spreek en deur baie skryf en deur baie meer sal spreek en skryf, sal Ek julle terugontvang en My woord vervolmaak onder julle almal! Dit is My wil en groot sal hierdie werk word, met of sonder julle. Na die Ooste verklaar Ek, EK IS wat EK IS, na die Weste verklaar Ek, EK IS wat EK IS, na die Suide verklaar Ek, EK IS wat EK IS, na die Noorde verklaar Ek, EK IS wat EK IS en die afmetings onbekend aan julle, verklaar Ek, EK IS wat EK IS al hierdie dinge aan julle in hierdie nag. Doen wat Ek, EK IS wat EK IS julle gevra het om hierdie nag te doen en hierdie nag verklaar Ek, EK IS wat EK IS groot seëninge en seëninge van woorde vir My volk aan julle deur middel van hulle wat Ek gekies het en sal kies. EK IS wat EK IS, daar is nie meer nie, Lukaas. Jou gebede het My hand teruggehou.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205