EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Lukaas van Hout:

Hierdie woorde is byna twee weke gelede gegee. Ek was verhinder om hulle te plaas totdat bevestiging gekom het en dit het van baie mense af gekom.

Daardie mense wat hierdie woorde bevestig het, sal die volgende lees en nou verstaan waarom daardie boodskappe na hulle toe gekom het om vir my te gee.

Daarom plaas ek dit nou sodat almal die hand van Elohim kan sien en hoe Hy volmaak deur Sy volk werk.

Hierdie woorde dra ek met selfs groter nederigheid, in die verstandhouding dat ek net dit wat van my gevra was om vir ons volk te doen, sal doen, sodat die Naam van Elohim geprys en verheerlik sal word deur Sy hele skepping.

Onthou, die oes is waarlik groot en die arbeiders min; Elohim het diegene nodig wat bereid is om sy boodskappe uit te dra na die wêreld, ongeag persoonlike koste, - jy moet net daarvoor bid en vra.

Boodskap No 12 van Lukaas van Hout op 30 Augustus 2013

Die hand van EK IS wat EK IS is op my in hierdie, die grootste oomblik van Sy verlossing.

Skryf Lukaas, dit is tyd dat almal mag weet dat Ek, EK IS wat EK IS jou van ver geroep het en van ver af het jy ag geslaan op My roepstem en het begin om My woorde neer te skryf soos wat Ek dit vir jou gegee het om te skryf. Lank was jou reis Lukaas, belaai met baie gevaar, eensaamheid, hartseer en alle tipes verraad, maar in al hierdie dinge het Ek jou vooraf gewaarsku en in al hierdie dinge het jy in jou angs uitgeroep na My, ABBA VADER en het jy voortgegaan met die reis, alhoewel dit jou alles gekos het wat jy eens in jou vorige lewe geken het. Skryf Lukaas, sodat ander kan weet van My Krag en dat Ek lewe in die sake van die mens. Ek het alles van jou weggeneem en jou op 'n pad deur die donker vallei geplaas en met elke tree wat jy geneem het, was Ek saam met jou en het jy uitgeroep na My en geglo. Ek het jou krete van droefheid gehoor, elkeen daarvan, dit gesien en in die baie trane gedeel wat jy vir My volk gestort het en in sweet, bloed en geswoeg het jy vir My gearbei, terwyl alles waarin jy gelei was, skynbaar eindeloos gevoel het. Ek was daar toe Satan jou van alle kante aangeval het en jou weer en weer versoek het om te misluk. En in daardie tye van groot versoeking, het Ek jou elke keer die oorwinning gegee, omdat jy na My gekom het, jou sondes bely het en daarvan weggedraai het. Ek was daar toe diegene van jou familie jou op elke moontlike manier verraai het en jou bloeiend van hart en siel in daardie wildernis van angs en wanhoop gelaat het, waar Ek jou naby aan My gehou het, totdat jy My krag deur My Heilige Gees gevind het om voort te gaan met daardie take waarvoor Ek jou aangestel het. EK IS wat EK IS het daardie tye van diep en donker wanhoop gedeel, toe jou familie deur Satan gespreek het en jou onregverdig beskuldig het met vuil en morsige woorde met beskuldigings waarin jy onregverdig beskuldig was voor My troon, maar jy het geweet dat Ek saam met jou was en dat Ek toegelaat het dat hierdie dinge in jou hart gespreek word, want dit was My wil vir jou. Dit was My toets en jy het My nie gefaal nie. Daarvoor is jy gesalf om met My volk te spreek, nou en vir alle tye, in My Naam, Ek IS wat EK IS, so lieflik is jou weë, Lukaas. Dit was ook My wil dat jy hierdie pad alleen geloop het gedurende daardie vorige tye, alhoewel Ek saam met jou was om jou geloof in al hierdie dinge te toets. Lukaas, My hand is op jou en sal jou nooit laat gaan nie, net soos wat My hand op My volk, die Boere, is. Nou kom die bevestigings, want Ek stuur hulle wat jou sal bevestig en hulle het. `n Nuwe lewe gee Ek aan jou Lukaas, in My Suid-Afrika en daardie vorige dinge wat jou so diep seergemaak het, sal in jou geheue vervaag. Ek hou diegene van jou familie wat jou verraai het in My hand en op My tyd sal Ek, EK IS wat EK IS, hulle almal wys wat Ek vir jou gedoen het. Sommige sal jy weer by die troon van genade ontmoet.

Spreek nou met volke van die wêreld Lukaas, deur die woorde wat Ek, EK IS wat EK IS jou gee om te skryf, spreek met die volke, alle volke, nasies en stamme en tale, hulle wat deur My Heilige Gees voorberei is om My woorde aan te neem. Die uittog na My lande van Suid-Afrika sal kom, moenie vrees of ontsteld wees nie. Ek, EK IS wat EK IS sal al hierdie weë vir julle oopmaak gedurende die tye van die uittog na Suid-Afrika. Julle sal wag vir My oproep en Ek sal julle elkeen in tyd en plek roep waarin Ek julle opgeroep het. Julle sal My stem hoor as My getuies. Lukaas het My stem gehoor en gedoen soos wat Ek hom geroep het om te doen, sodat julle kan weet en glo dat alle dinge deur My moontlik is en dat julle op daardie oomblik sonder haas sal kom. Julle moet wees soos Lot toe hy Sodom standvastig verlaat en slegs My leiding gesoek het, daarom moet julle nooit terugdraai nie. Neem net dit wat julle nodig sal hê vir die reis. Ek sal alles voorsien wat julle nodig sal hê op die pad. Julle mag nie terugdraai nie, want in die uur wat julle dit sal doen, sal die pad wat Ek vir julle gekies het, sluit en julle lyding bring wat nooit My wil vir julle was nie. Lukaas is My getuie oor die gemak waarop Ek deure tussen nasies oopmaak en soos wat Ek dit vir hom gedoen het, so sal Ek dit vir julle doen. Glo in My en My krag, Ek IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205