EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 164 aan Lukaas van Hout op 2 Maart 2014

Boodskap vir die Wagters van Israel

“Skryf Lukaas, met alle dienstigheid en haas, want die tye is ernstig en die uur is kort!”

"Daardie tye waarvan Ek reeds gespreek het om My Huis van Israel en My Dogter van Sion te waarsku is nou, hierdie tye.”

“Skryf haastig aan My Huis van Israel in My Suid-Afrika en skryf aan hulle buite hierdie huis wat nog met My Huis van Israel bevriend is.”

“Die tye waar baie van My boodskappers van hierdie bladsye in hierdie gemeenskap gaan ophou, nader sy einde.”

"Huis van Israel, My Huis van Israel, julle moet luister na die Wagters wat Ek vir My Huis van Israel aangestel het, julle moet luister, My Huis van Israel, julle moet luister na die Wagters vanuit julle eie volk en ander wat Ek na julle sal stuur in My tyd vir My planne en vir My doeleindes, julle moet luister na hierdie Wagters wat Ek, EK IS wat EK IS, JaHshua vir julle aangestel het!”

“Wagters, luister na My deur hierdie woorde wat Ek, EK IS wat EK IS, JaHshua beveel aan hierdie dienskneg om hierdie woorde aan julle te skrywe, want hierdie woorde is van groot belang vir My Wagters vir My Huis van Israel!”

“Wagters, julle moet nou in My Heilige Gees in beweeg, want Ek het die boodskappe vir My Huis van Israel voorberei wat hulle nou soek, in hierdie tye en die tye wat nog moet kom.”

“Julle moet nou in My tempel ingaan, die Allerheiligste binne julle harte, om hierdie woorde van My te ontvang vir My Huis van Israel, julle moet NOU in My tempel ingaan in julle harte!”

“Wend julle nie af van hierdie woorde nie, wend julle nie af nie, want hierdie woorde aan julle, Wagters, sal aan julle gegee word deur My Heilige Gees, direk tot julle harte en die oomblik wat julle My woorde ontvang, doen soos wat julle opdrag gegee is om vir My Huis van Israel te doen, soos wat My Heilige Gees julle opdrag gee, so moet julle doen om My woorde oor te dra aan My Huis van Israel!”

"In daardie uur wanneer julle My en My woorde verloën, sal Ek, EK IS wat EK IS, JaHshua julle verloën en Ek sal julle, Wagters, Ek sal julle verantwoordelik hou vir die bloed van die wat sal val, omdat julle versuim het om aan My gehoor te gee en versuim het om My woorde oor te dra aan My Huis van Israel!”

"Ek sal julle verantwoordelik hou vir hulle bloed, omdat julle nie na My woorde deur My Heilige Gees geluister het waarmee Ek julle reeds deur My woorde gewaarsku het dat die Wagters verantwoordelik gehou sal word, as hulle geen ag sal slaan op My woorde om My volk te waarsku nie!”

"Onthou, My Huis van Israel, EK IS met julle deur die vele boodskappers en wagters wat Ek vir julle voorberei het vir hierdie tye en die tye wat nog moet kom, wanneer baie van My boodskappers van hierdie bladsye in hierdie gemeenskap sal ophou!

"Julle Wagters moet dag en nag gereedstaan om My woorde vir My Huis van Israel te ontvang, julle moet altyd gereedstaan om My woorde te ontvang, al My woorde wat My Heilige Gees tot julle harte sal spreek om aan My Huis van Israel deur te gee; EK IS wat EK IS, EK IS JaHshua!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205