EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 60 aan Lukaas van Hout op 22 Oktober 2013

Het Ek nie gesê dat jy uit jou bed moet klim nie, Lukaas? Het Ek nie gesê dat Ek aan baie deure geklop het om ander wakker te maak vir die gevare wat na julle toe kom nie, My volk, My kinders, maar Ek, EK IS wat EK IS het hierdie deure gesluit gevind. Hierdie deure is ander boodskappers wat Ek probeer wakker maak het om die wekroep onder die volk te versprei, maar hierdie wagters het My gefaal en Ek, EK IS wat EK IS sal hul dood eis van die hande van die wagters wat My gefaal het. Ek sal hulle dood eis van julle hande, wagters wat My gefaal het! Het Ek nie gesê, klim uit jou bed nie, Lukaas? Het jy dit nie verstaan en wat dit beteken en wat EK IS wat EK IS jou daarmee wil vertel nie? Klim uit julle beddens uit! ONTWAAK VANUIT JULLE SLUIMERING IN ALLE DINGE EN MET GROOT HAAS EN IN ALLE ERNS. Hierdie sterftes wat onder julle volk toegeneem het, is die sand- en stofstorms op die horison! ONTWAAK, My kinders, ontwaak in alle dinge! Hierdie sterftes was bekend aan My, EK IS wat EK IS en sedert die begin was dit aan My bekend en hierdie sterftes is deur My toegelaat, sodat julle die woorde kan glo wat Ek, EK IS wat EK IS spreek deur die hande van hierdie dienaars. Ek het vir hom gesê ONTWAAK, Ek het vir hom gesê klim uit jou bed en hierdie kneg hoor My stem en doen alles wat Ek, EK IS wat EK IS hom vra om te doen deur My woorde aan julle te gee deur sy hande wat Ek, EK IS wat EK IS eis as My eie hande. Wees julle weer gewaarsku, ONTWAAK UIT JULLE SLAAP EN SLUIMER EN WAARSKU MY VOLK REGDEUR DIE HELE LAND, WAARSKU MY VOLK, WAGTERS, OP ELKE MOONTLIKE WYSE WAT JULLE YWERIG MOET SOEK EN VIND, WAARSKU HULLE! Nog 'n ernstige en erge waarskuwing herhaal Ek tot wat reeds geskryf is, aan My leiers, aan My generaals, aan My kapteins, aan almal wat My volk lei, WAARSKU hulle om ywerig te soek na hulle wat binne en buite julle woonplekke en kampe is en waar julle ookal versamel is. Dit is reeds geskryf dat daar mense sal wees wat julle vervloek, beide binne en buite julle kampe, en dit sal met geslepenheid toeneem. Julle dink dat sommige van hulle julle vriende en kamerade is, tog is hulle My vyande! Hulle sal die swakkes onder julle met geslepe en verhewe metodes belieg en manipuleer om rusie, verdeeldheid en bitter geskille daar te stel! Het Ek, EK IS wat EK IS julle nie alreeds hieroor gewaarsku nie, tog gaan dit nog steeds aan en julle dink dat julle die komende volksmoord sal oorleef met hulle onder julle? Het Ek julle nie gewaarsku dat julle geloof waar, suiwer en volkome in My moet wees in alle dinge nie? Het Ek julle nie oor en oor gewaarsku nie? Tog, die oomblik wanneer hierdie mense begin met hul slinkse bedrog, val julle ieder en elke keer en vir hulle en vergeet dat Ek, EK IS wat EK IS julle gewaarsku het om dadelik tot My te bid en antwoorde van My te soek! Hoe kan Ek julle met hierdie klein dinge help, as julle My nie toelaat nie, hierdie klein dinge wat julle groot onreg en skade berokken, beide binne en buite al julle gemeentes? Tog dink julle dat julle in staat is om die donker magte van die Satan en sy volgelinge self te weerstaan in dit wat gaan kom! Julle geloof is soos strooi in die teenwoordigheid van brandende vuur en julle geloof, soos dit is, sal vergaan tot as in die teenwoordigheid van hierdie demoniese leërskare, deur die sprinkane wat binnekort op julle sal wees! Ek ken julle werke, vanaf die kleinste verdeling tot by die grootste van hierdie verdelings en tog bly hulle daar, hulle wat die mense onder julle beroer! Besef julle nie dat hulle wat julle toelaat, die hande, mond, ore en geeste van Satan is nie? Geslepe mislei hulle julle! Geslepe lieg hulle vir julle! Geslepe werk hulle deur ander om hierdie verdelings tussen julle te bewerk en geslepe sal hulle julle vernietig! Aan sommige is dit gegee om die woorde te skryf wat Ek hulle gee om te skryf, vir ander is dit gegee om die volk te bestraf, te tugtig en te vermaan in alle geregtigheid. Op hierdie dag, beveel EK IS wat EK IS jou, deur middel van hierdie woorde, om hulle uit te soek wat die volk openlik sal bestraf, tugtig en vermaan om hulle te lei tot insig van hul verkeerde weë, en as hulle nie wil hoor nie, hulle onder julle uit te werp, totdat hulle hulle van hul werke bekeer! Julle ken My woorde met betrekking tot hierdie sake;

Matthèüs 18:15-17

18.15 EN as jou broeder teen jou oortree, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin;

18.16 maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan.

18.17 En as hy na hulle nie luister nie, se dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die inboorling en die tollenaar.

Op hierdie dag beveel EK IS wat EK IS julle om hierdie dinge te spreek, ook aan julle gemeentes en bestraf hulle, omdat hulle My woorde versaak het om ywerig te waak teen diegene onder julle wat hierdie verdeeldheid inbring. Herinner hulle daaraan dat stemme slegs spreek wanneer hulle gewillige ore vind om te luister. Dit is met My grootste liefde wat Ek julle op hierdie dag berispe, almal van julle, omdat julle My in hierdie woorde versaak het en in alles wat Ek, EK IS wat EK IS weer en weer en weer probeer het en waarmee Ek sal voortgaan om te probeer om julle te laat ontwaak uit julle sluimering. Bid vir die vuur van My Heilige Gees om julle wakker te maak! Wagter, WAAK! Hulle wat spreek, SPREEK! Hulle wat skryf, SKRYF en hulle wat lei, LEI! EK IS wat EK IS, Ek is altyd met julle, selfs in hierdie tye van teregwysing en weet dat dit net My liefde vir julle is en vrees vir julle lyding, dat Ek julle so vermaan op alle maniere en wyses wat Ek vind om julle te vermaan om weg te draai van hierdie foute! Die storm is byna op julle! My liewe, liewe kinders, kan julle nie luister na die stem van 'n liefdevolle, bekommerde Vader wat deur hierdie woorde by julle pleit om tot My te ontwaak en toe te laat dat Ek met julle spreek, julle lief te hê, julle te lei, julle te vermaan soos wat mag nodig wees, sodat Ek julle kan beskerm in hierdie tye? Julle weet dat as dit moontlik was, sou Ek, EK IS wat EK IS, ja Ek, julle liefdevolle skepper van alles wat was, is en is nog sal wees en julle liefdevolle vader, aan julle verskyn, aan `n ieder en elkeen van julle, tog weet julle dat Ek nie kan nie. Geen sondige vlees kan in My teenwoordigheid bestaan nie en as dit nie daarvoor was nie, sou Ek aan ieder en elke een van julle verskyn het, sodat julle My gesig, My oë en die voorkoms van diepe bekommernis en die trane kon sien wat Ek, EK IS wat EK IS elke oomblik van elke dag vir julle stort. Ek is so lief vir julle, My volk, My kinders, Ek is so lief vir julle. EK IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205