EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 130

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 130 aan Lukaas van Hout op 3 Januarie 2014

Die kledingstukke van die huwelik van die dogter van My volk

"Julle moet nou kyk na My kleremakers, ja julle moet nou kyk na My kleremakers!"

"Kyk en sien die kledingstukke van die huwelik wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, ja, julle moet nou kyk en die kledingstukke sien van die huwelik wat Ek nou voorberei vir My bruid!"

"Met My eie hand op hierdie kleremakers word hierdie kledingstukke voorberei en elke kledingstuk word voorberei volgens die ontwerp wat Ek bedink het en elkeen volgens haar werke het Ek hierdie kledingstukke van die huwelik ontwerp!"

"Julle moet nou kyk en My bruid sien!"

"Sy wandel rustig onder My Huis van Israel, arbei eindeloos, onsigbaar en is geklee in bywoner klere."

"Liefdevol en nederig is sy, opreg in alles wat sy doen vir My en My kinders."

"Vrygewig, vriendelik en vergewensgesind is hierdie nederige dogter van My volk wat My wil doen vir My."

"Dikwels sing sy vir My van haar liefde vir My en daagliks, oomblik vir oomblik, soek sy My wil in alle dinge wat sy vir My en My kinders doen, ja, oomblik vir oomblik soek sy My wil in al die dinge wat sy vir My en My kinders doen.”

"Kyk na My bruid, want sy weet nie sy is My bruid nie en weet nie dat Ek haar uitverkies het om My bruid te wees nie, so nederig is sy onder My volk, in haar diens tot My en alles wat Ek van haar gevra het."

"Dikwels het Ek haar gewond en alleen in die wildernis gekry, gewond en alleen waar sy haar eie wonde verbind."

"Dikwels was sy gewond en dikwels was sy deur haar eie broers gewond, wreed en harteloos is hulle, haar broers wat haar nie liefhet nie en wie haar haat in hul jaloesie oor alles wat Ek vir haar gedoen het en ook vir hulle sou gedoen het, al hulle maar net in My geglo het toe Ek met hulle gespreek het oor My wil.”

"Ja, dikwels is sy in hierdie wildernis gewond en alleen gelaat om haar eie wonde te verbind, tog het sy elke keer dapper en met groot moed herstel en voortgegaan om My in alles te soek wat Ek van haar gevra het om vir My en My kinders te doen, selfs al weet sy dat daar baie meer wonde sal wees.”

"Daagliks roep sy uit na My vir My woord, so honger is sy vir My woord!"

"Daagliks pleit sy in alle opregtheid en liefde by My vir My woord, en sy soek My woord en daagliks roep sy uit na My vir net een krummeltjie van My woord, so honger is sy, My bruid, vir My en My woord!"

"Sy was ook deur My stilte van die afgelope sewe dae getoets en in hierdie afgelope sewe dae het sy in pyn en angs na My uitgeroep, ja in pyn en angs oor My stilte aan haar het hierdie dogter van My volk na My uitgeroep vir My woorde aan haar, maar sy het nederig, maar met groot hartseer, My besluit eerbiedig en My stilte van die afgelope sewe dae aanvaar.”

"Luister na My, dogter van My Huis van Israel, LUISTER NA MY, EK IS WAT EK IS, luister na My, nooit weer sal Ek vir jou swyg nie, want Ek sien jou wee en Ek sien jou angs en Ek het jou nederige aanvaarding van My wil gesien en Ek het die groot wee en angs gesien wat dit jou besorg het toe Ek met My hele volk gespreek het, dat alles waarin My volk ly, Ek ook ly.”

"Nooit weer nie, dogter, sal Ek vir jou swyg nie!" "Vervolgens het Ek winde en briesies aan jou toegewys."

"Onder die winde en onder die briesies wat die aarde deurkruis het Ek hierdie winde en briesies aan jou toegewys as 'n teken tussen My en jou."

"Winde en briesies wat jou saggies sal streel en aanraak en tot jou sal spreek van My liefde vir jou in hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, sal Ek hierdie winde en briesies stuur om jou saggies streel en aan te raak gedurende daardie tye wat jy My die meeste nodig sal hê.”

"Ek ja Ek, EK IS wat EK IS het hierdie winde en briesies toegewys om My woorde aan jou te wees, wanneer My geskrewe en gesproke woorde sal ophou gedurende daardie tye wat My geskrewe en gesproke woorde vir 'n tyd sal moet ophou vir My planne en vir My doelwitte."

"Onthou hierdie winde en briesies omdat Ek hulle aan jou sal stuur!"

"Onthou, dogter van My volk, luister na My deur hierdie woorde, beveel deur My Heilige Gees tot en in die hart van hierdie dienskneg om hierdie woorde aan jou te skrywe!"

"Onthou en weet dat Ek jou gekies het om My bruid te wees, ja Ek, EK IS wat EK IS het jou gekies om My bruid te wees!"

"Onthou om My vyeboom te besproei en te voed soos wat Ek aan jou gewys en openbaar het, besproei en voed My vyeboom, onthou dit!"

"Jy moet nou rus van jou arbeid, dogter van My volk, jy moet nou vir 'n tydjie rus van jou arbeid vir My, want die reis wat voorlê sal jou volwasse maak en jou voorberei om hierdie kledingstukke van die huwelik van My te ontvang, EK IS wat EK IS.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205