EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 101 aan Lukaas van Hout op 4 Desember 2013

Julle het gelees en julle het gehoor van die sifting en reiniging wat gaan kom. Julle het gelees en julle het gehoor dat hierdie sifting en reiniging alreeds begin het. Hierdie sifting en reiniging is maar 'n voorloper van die sifting en reiniging wat nog moet kom. Hierdie sifting en reiniging wat julle reeds gesien het, is maar sag en mak, vergeleke met dit wat nog moet kom gedurende die tye wat voorlê, om julle 'n heilige nasie te maak, ja MY HEILIGE NASIE om My te verteenwoordig, ja vir My, EK IS wat EK IS, die Skepper van alle dinge, aan die wêreld. Dink aan My, Ek, EK IS wat EK IS, julle Skepper, Wie heilig is en Hy wat as die liefde woon en Hy wat was voordat daar iets was, dink aan My deur al hierdie dinge, want Ek is lief vir julle en Ek is met julle. As julle liefdevolle Vader moet Ek julle nou waarsku van die krag en mag van hierdie sifting en reiniging wat gaan kom, hoor en verstaan, dink diep na oor hierdie woorde, want My Heilige Gees spreek met hierdie kneg om hierdie woorde te skryf, My woorde aan julle. Wees gewaarsku met 'n groot waarskuwing, 'n liefdevolle waarskuwing, tog 'n waarskuwing van My, EK IS wat EK IS, van wat julle deur My sal aanskou in My krag deur My Heilige Gees, soos wat Ek deur My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion sal beweeg om julle te sif en te reinig. In daardie dae en in daardie tyd sal die vuur van My Heilige Gees beweeg onder My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. Ja, hierdie vuur, die vuur van My Heilige Gees, 'n brullende en voortwoedende vuur, soos 'n veldbrand, sal beweeg onder My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. My Heilige Gees, vergelykbaar met hierdie veldbrand, sal die harte van My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion sif en reinig. Dit sal 'n sifting en reiniging wees anders as wat enigeen vir homself mag indink en weet julle My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion, weet julle dat so graag as wat sommige van julle gesif en skoongemaak wil word, groot en pynlik sal hierdie sifting en reiniging wees en groot sal die verdriet wees van My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion wanneer hulle hierdie sifting en reiniging sal aanskou. Daar is baie onder julle wat gesif en gesuiwer sal word en daar is baie onder julle wat geopenbaar sal word vir watter meester hulle werklik dien. Daar is baie wat julle dink nie myne is nie, maar wel is en daar is baie wat julle dink is, wat nie is nie. Vanuit My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion sal hierdie sifting en reiniging wees, sommige tot groot en berouvolle bekering en sommige tot groot wrewel en verontwaardiging. Baie van hulle sal vlug die oomblik wanneer hulle gesif en geopenbaar word deur My Heilige Gees. Ja, almal van hulle sal gesif en geopenbaar word en met groot hartseer onder My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion sal hulle gesif word. Sommige sal die sifting van My Heilige Gees aanvaar, soos wat dit hulle valse harte, hulle valse oortuigings en valse lering aan hulle openbaar en hulle sal grootliks bedroef wees in die kennis van die skade wat hulle veroorsaak het onder My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion oor hul valse harte, hulle valse oortuigings en hulle valse leringe, tog sal baie van hulle hul bekeer en terugkeer na My, in alle liefde en nederigheid sal hulle weer na My toe terugkeer. In daardie dae en in daardie tyd van hierdie veldbrand reiniging en sifting deur My Heilige Gees, sal baie ander nie hierdie sifting en die onthulling van My Heilige Gees aanvaar nie. Die oomblik wanneer hulle My Heilige Gees ontken in hul sifting en die onthulling van die valsheid van hul harte, oortuigings en leerstellings, sal baie van hulle gevul word met groot wrewel en verontwaardiging. Baie van hulle harte sal beset word deur allerhande bose geeste. Hulle sal My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion vervloek. Hulle sal My vervloek, My Heilige Gees, My koninkryk en My leërskare vir hierdie openbaring en reiniging van My Heilige Gees. Tog sal My Heilige Gees hulle verwyder vanuit My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion. My Heilige Gees sal in hulle brand soos 'n rooiwarm versengende yster en sal hulle dwing om te vlug vanuit My volk en dan sal hulle vlug, want My Heilige Gees sal die vrees en die skrik vir My en My geregtigheid in hulle harte plaas en in die diepste dele van hul geeste sal My Heilige Gees hierdie vrees plaas. Berei julle nou voor vir hierdie sifting en reiniging en berei ook voor vir diegene wat met groot geweld in woord en daad, My en My Heilige Gees gaan weerstaan. Hulle wat My Heilige Gees en hierdie sifting en reiniging weier en hulle wat My Heilige Gees uitdaag om hulle te verwyder vanuit die gemeentes en vergaderings van My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion, moet julle onder julle uit verwyder, want groot sal hulle geweld in woord en daad wees indien hulle nie verwyder word die moment wanneer hulle gewelddadig raak nie. Ek, EK IS wat EK IS sal toelaat dat sommige van hulle My Heilige Gees uitdaag deur hul weerstand, om julle te toets en om julle te beproef om te sien of julle My, EK IS wat EK IS, My woord, geskrewe, lewend en gesproke sal volg, asook My wette om hulle wat My teenstaan te verwyder vanuit julle midde, EK IS wat EK IS, om My wil te doen op alle wyses van My liefde, soos wat Ek julle gewys het om te doen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205