EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 126 aan Lukaas van Hout op 26 Desember 2013

Die tyd van vlug

"Ek het julle gebede die afgelope klompie dae gehoor."

"Ek hoor al die gebede van My Huis van Israel en My Dogter van Sion in Suid-Afrika!"

"Het Ek nie volumes van My woorde aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion geopenbaar deur hierdie en nog baie ander van My diensknegte nie?"

"Het Ek julle, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, nie vertel dat Ek My woorde aan julle sal vermeerder deur hierdie dienskneg en op onverwagte wyses nie?"

"Waarna julle op soek is, aangaande die tye wat kom en die tye daarna, kan gevind word in die woorde wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS reeds aan julle geopenbaar het deur My Heilige Gees wat gespreek het en dan My woorde tot en in die hart van hierdie dienskneg beveel het, My woorde, al My woorde aan My Huis van Israel en My Dogter van Sion vir hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna!”

"Aangaande die tye, dit sal wees soos wat reeds voorspel is van die tye wat moet kom, dit sal sonder waarskuwing en skielik kom, alhoewel dit nou nog op die horison is; oor die tye wat nog moet kom, sal My woorde geopenbaar word aan die vergaderings van My Huis van Israel en My Dogter van Sion in daardie plekke wat Ek vir hulle vooraf bestem het.”

"My woorde sal kom soos wat Ek julle reeds opdrag gegee oor die wyse waarop dit sal kom vir My Huis van Israel en My Dogter van Sion."

"Ja, Ek hoor julle gebede, al julle gebede van: ‘Wanneer Vader, wanneer’?"

"Ek hoor hierdie gebede!"

"Julle moet die antwoorde soek in die woorde wat reeds gegee is!"

“Ek het julle reeds gesê dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, ja, Ek het vir julle gesê om My stem af te wag rakende die tyd van vlug!”

"Nou sal Ek die geheim van hierdie tyd van vlug openbaar, sodat julle sal hoor en sodat julle sal weet dat dit My stem is, ja Ek, Koning van die konings, Skepper, EK IS wat EK IS JaHshua!"

"EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel!"

"EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham!"

"EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob!"

"EK IS WAT EK IS, JULLE LIEFDEVOLLE VADER!"

"As julle, My Huis van Israel en My Dogter van Sion in My Suid-Afrika, nog nooit voorheen na My geluister het nie deur hierdie woorde wat beveel is tot en in die hart van hierdie dienskneg wat My woorde nou aan julle skryf, LUISTER NOU NA MY STEM DEUR HIERDIE WOORDE, BEVEEL DEUR MY HEILIGE GEES TOT EN IN DIE HART VAN HIERDIE DIENSKNEG OM HIERDIE WOORDE TE SKRYF, MY WOORDE, DIREK VIR JULLE GESKRYF, MY HUIS VAN ISRAEL, JA, MY WOORDE, EK IS WAT EK IS!”

"Die tyd van vlug is vir die ene, vir tweë en vir drieë, klein getalle van julle, Huis van Israel, tydens hierdie tyd van vlug."

"Die tyd van vlug is vir diegene wat min is."

"Die tyd van die vlug vir elkeen van hierdie sal wees soos wat My Heilige Gees aan elkeen van hulle sal openbaar, ELKEEN OP SY EIE TYD EN ELKEEN OP SY EIE PLEK EN NIE IN GROOT GETALLE NIE!"

"Ene, tweë en drieë, julle wat baie is en julle wat min is, begin nou om die stem van My Heilige Gees in julle harte te soek deur julle liefde vir My en deur My liefde vir julle!"

"Julle sal nie die stem van My Heilige Gees op enige ander wyse vind nie!"

"Ene, tweë en drieë, julle wat baie is en julle wat min is, begin nou om die stem van My Heilige Gees in julle harte te soek deur julle liefde vir My en deur My liefde vir julle!"

"Julle sal nie die stem van My Heilige Gees op enige ander wyse vind nie!"

"Ene, tweë en drieë, julle wat baie is en julle wat min is, begin nou om die stem van My Heilige Gees in julle harte te soek deur julle liefde vir My en deur My liefde vir julle!"

"Julle sal nie die stem van My Heilige Gees op enige ander wyse vind nie!"

"Julle sal nie die stem van My Heilige Gees op enige ander wyse vind nie!"

"Julle sal nie die stem van My Heilige Gees op enige ander wyse vind nie!"

"My Heilige Gees sal die tyd van vlug openbaar aan almal van julle, ELKEEN OP SY EIE TYD EN ELKEEN OP SY EIE PLEK EN NIE IN GROOT GETALLE NIE!"

"Vertrou My Heilige Gees gedurende die tyd van vlug om julle paaie aan julle te openbaar wat sal lei na daardie plekke wat Ek vir julle vooraf bestem het om heen te gaan!" "Baie van julle weet reeds van daardie plekke wat Ek aan julle gewys het."

"LUISTER NA MY HEILIGE GEES IN AL HIERDIE DINGE!"

"Berei voor om My Heilige Gees te volg op watter pad julle ookal gelei sal word om te volg en DOEN SO!"

"Dit was nooit My plan dat julle in groot getalle moet vlug, soos wat baie van julle valslik gelei was om te glo nie!" "Dit was die plan van hom wat My teenstaan, hy en sy bose leërskare wat sal poog om My volk tydens die massavlugte te verslind!”

"Tydens hierdie massavlugte van My volk sal hulle agtervolg word deur hulle wat julle reeds gemerk het!"

"Hulle wag in groot getalle om julle besittings te steel en om julle op allerhande wyses te kwel tydens hierdie vlugte, hierdie vlugte wat deur mense beplan is en wat nie deur My verorden is nie!"

"Onthou wat Ek alreeds vir julle gesê het, die tyd van vlug is vir ene, vir tweë en drieë, klein getalle van julle, My volk, tydens hierdie tyd van vlug!"

"Die tyd van vlug is vir hulle wie se getalle min sal wees!"

"Onthou, die tyd van vlug vir almal van hulle sal wees soos wat My Heilige Gees aan almal van hulle sal openbaar, ELK OP HUL EIE TYD EN PLEK, EN NIE ALMAL VAN JULLE IN GROOT GETALLE NIE!"

"Onthou, glo, vertrou, en woon in My woning van My liefde en weet dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, weet dat Ek vir julle lief is, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, weet dat Ek julle sal lei en met julle sal spreek deur My Heilige Gees soos wat Ek julle belowe het dat Ek julle sal lei en met julle deur My Heilige Gees sal spreek!”

"Weet dit, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, dat EK IS by julle is in ALLE DINGE, ja, Ek, EK IS wat EK IS!"

Afrikaans
http://www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php?action=show&id=156

Engels
http://www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php?action=show&id=158


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205