EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 186

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 186 van Elohim aan Lukaas van Hout op 9 Junie 2014

Vals Huis af Israel, die Elohim van julle vaders, die Elohim van Israel, Isak en Abraham, Hy wat is, was en vir ewig sal wees en wat vir ewig leef; sowaar as wat Ek leef, sal My woord uitkom, soos reeds deur die profete van julle voorvaders sowel as die profete, My profete wat nou lewe, gespreek is.”

"Vals Huis van Israel, weet julle nie of verstaan julle nie dat alles wat EK IS, IS EK en dat Ek binne-in julle leef, soos wat julle in My lewe nie."

"Vals Huis van Israel, weet julle nie of besef of verstaan julle nie dat dit wat in My woon, soos wat alle dinge doen, nooit op hul eie kan gaan of geskei kan word van My en My liefde nie, omdat My liefde lewe en dit wat nie liefhet nie, is dood."

"Julle kan nie binne-in My lewe nie, want julle is die dood en My wese, alles wat EK IS, soos wat Ek gesê het, is lewe en woon in My as liefde."

"Dit wat dood is, grief My lewende gees van hierdie liefde."

"Dit wat dood is, sal hul eie einde vind, omdat dit nie ooit in My kan of sal lewe verby die tyd wat Ek daaraan gegee het om te leef vir My planne en My doeleindes nie."

"Tog is daar 'n klein vonkie van My en My liefde wat in julle woon, tog is daar 'n klein vonkie van My en My liefde wat in julle lewe."

"Bedink daardie mosterdboom waaroor Ek reeds gespreek het, dit weet nie wat sy doel is wanneer hy eers as 'n saad geleef het nie."

"Dit weet nie wat dit gaan word of wat dit sal wees nie en of dit wel 'n begin of 'n einde het en soos wat Ek alreeds vir julle gesê het, deur die Goddelike woorde wat Ek deur hierdie dienaar gespreek het om aan julle te skrywe, was hierdie saad geen voorafdenke binne My nie, want sy tyd was bepaal in die nimmereindigende skeppende krag van My wese wat in volmaakte harmonie en volmaakte kreatiwiteit van alle dinge ontvou volgens My wil, want EK IS.”

"Die mosterdboom groei en die mosterdboom lewe en die mosterdboom doen alles wat My kreatiwiteit daarvoor bepaal het, tot op daardie tye wanneer sy doel voltooi is."

"Hierdie boom sterf en word dan net nog 'n deel van My nimmereindigende skeppingskrag van alles wat is volgens My wil, My wil wat selfs My wil aanhoudend dien, selfs verby die ewigheid van die ewighede tot in die oneindigheid van oneindighede."

"Hierdie krag, My kreatiewe krag in die liefde, 'n krag wat die mensdom maar net kan begin om in hierdie lewe te verstaan, is soos 'n wiel wat in beweging gestel word, 'n nimmereindigende wiel wat sonder einde aanhoudend in die rondte draai."

"Die hele skepping wat is en sal wees, is soos hierdie wiel wat vir ewig spin, en dit het met My woorde begin, ‘Laat daar lig wees en daar was lig’ en soos wat hierdie lig eerste na julle wêreld toe gekom het as die lig van die son en die maan, so het dit toe in My vorm gekom, as JaHshua.”

"Hierdie lig sal voortgaan om selfs nog meer lig te word en sal selfs nog groter lig word, soos wat My skepping sal voortgaan om vir ewig in die oneindigheid te ontvou."

"Vir ewig en tot in die oneindigheid sal hierdie lig haarself herdefinieer in nuwe lig en wat nog onbekend is vir die mens, lig in ander vorme as toe daar lig vir die eerste keer voortgekom het vanuit daardie heel eerste woorde wat Ek gespreek het, ‘Laat daar lig wees’.”

"Soos wat Ek reeds vir julle gesê het, dat daar geen voorafdenke in die gedagte van My kreatiewe krag is nie, selfs die woorde wat Ek gespreek en sal spreek, vereis geen voorafdenke nie, so groot en kragtig is My kreatiewe wil om My te dien."

"Alle dinge dien My en My wil vir My planne en vir My doeleindes, selfs My woorde dien My."

"My woorde is lewe en My woorde leef en My woorde gaan vanuit My en sal vir ewig uit My voortspruit volgens My wil en sonder voorafdenke, want selfs My woorde verstaan My wil en doen My wil."

"Vals Huis van Israel wat My en My volk so verraai, hierdie is nog 'n finale waarskuwing aan julle, 'n waarskuwing in liefde aan julle, want Ek het julle nog so lief."

"Dit is nie My wil dat julle verlore gaan nie, as julle julleself maar net in liefde, vertroue en geloof na My sal wend."

"As julle julleself maar net na My sal wend in hierdie liefde, vertroue en geloof, dan sal Ek julle tegemoet hardloop, Ek sal julle in My arms hou en Ek, ja Ek, Skepper en Hemelse Vader, Ek sal julle liefhê, meer as wat julle van liefde kan verstaan, Ek sal julle so liefhê.”

"Ek sal julle seën en julle bewaar met al die beloftes wat Ek alreeds aan die mensdom gegee het en nog soveel meer, as julle julleself maar net na My sal wend, op My vertrou en My sal liefhê soos wat Ek julle liefhet."

"Ja, dit is 'n waarskuwing aan julle, nog 'n waarskuwing van finale waarskuwings in liefde, 'n waarskuwing van finale waarskuwings voordat Ek geheel en al ophou met My waarskuwings aan julle en julle word soos daardie mosterdsaad wat sy doel gedien het en eenmaal dood, verwyder word, uitgegooi word en dit word wat dit word, in die nuwigheid van My kreatiwiteit.”

"Vals Huis van Israel, keer terug na My in liefde, keer terug na My in geloof, keer terug na My in vertroue en Ek sal die oë van julle harte open en julle seën soos wat Ek reeds gesê het."

"Selfs nou pleit My Heilige Gees met julle verharde harte"

"Selfs nou skreeu My Heilige Gees binne-in julle 'n stille en sagte gefluister van My liefde, om julle harte, julle verstande, julle siele en julle geeste te open vir My en My liefde"

"Selfs nou staan Ek as JaHshua by die deure van julle harte, soos wat Ek keer op keer gestaan het, pleitend en klop Ek sagkens aan die deure van julle harte om My in te laat in en om My toe te laat om julle lief te hê en te bewaar volgens die beloftes in My woorde, lewend, geskrewe en gesproke.”

"Besef julle nie, vals Huis van Israel, besef julle nie dat julle, ja julle, die mag het om die kwelling van die bitter koue winter oor hierdie land van My Suid-Afrika te verhoed, as julle maar net berou sal hê oor julle boosheid en na My sal terugkeer, dan sal Ek die kwelling van My volk laat ophou rakende die bitter koue winter wat na hierdie lande van My Suid-Afrika sal kom.”

"Vals huis van Israel, julle lewe binne-in My as die dood en soos wat die dood van julle dooie lewe My gees grief, soos wat Ek julle reeds gesê het dat julle nog in My leef omdat Ek toelaat dat julle in My leef, vir My planne en vir My doeleindes, want Ek het julle nog so lief.”

"Tog is daar 'n klein vonkie van My en My liefde wat in julle woon, tog is daar 'n klein vonkie van My en My liefde wat in julle lewe."

"Julle lewe binne My, want daar is diegene wat julle dink nie My ware Huis van Israel in julle is nie en op die vasgestelde tyd sal hulle vanuit julle kom in My Naam, EK IS wat EK IS, hulle sal vanuit julle kom en julle in julle aangesig vervloek, voor My huis van Israel en voor die hele wêreld sal hulle kom, My ware Huis van Israel, wat vanuit julle sal kom op die vasgestelde tye, wanneer Ek hulle vanuit julle midde uitroep.”

"Hulle wat binne-in julle lewe as hierdie ware Huis van Israel is daardie lewe, daardie klein vonk van lewe en My liefde wat julle lewe voortsit in My."

"Wanneer Ek hulle uiteindelik onder julle sal uitroep, almal binne-in julle wwieat My vals Huis van Israel is, wanneer Ek hulle sal uitroep onder julle uit, dan sal julle waarlik sterwe en soos daardie mosterdboom wat gegroei het tot sulke hoogtes en majesteit, sal julle sterwe en wegkwyn in die nietigheid van julle voormalige wese.”

"Soos die mosterdboom wat sterf en waarvan die blare en takke wegkwyn, so sal julle eie einde wees en julle sal sterf soos die mosterdboom wat eens hooggeag was deur al diegene wat sy heerlikheid en skoonheid aanskou het, so sal julle sterf en verwelk tot die kleinste kiem en die diepste wortel, so sal julle sterf en julle sal vir ewig sterf.”

"Julle en al julle takke, julle en al julle blare, sal verwelk en sterf en as brandstof geneem word, as vuurmaakhout en nie meer onthou word nie."

"Vals Huis van Israel, onthou hierdie woorde en oorweeg hierdie woorde deeglik, want hierdie woorde is finale woorde aan julle tot aan die tyd wanneer daar geen meer woorde aan julle gegee sal word nie, behalwe daardie woorde van die leuenagtige lippe en die leuenagtige tonge van julle vals profete, wie Ek aan julle openbaar het, maar wie julle voortgaan om in elk geval blindelings te volg.”

"As julle hierdie valse profete in julle gekose blindheid wil volg, buite My wil en My liefde en My woorde, dan sal julle hulle woorde volg wanneer hulle julle lei na die ewige dood."

"Julle sal hierdie oes van ewige dood maai, wat julle met julle eie hand so roekeloos bewerk, geplant en geoes het en julle sal deur julle eie hand sterwe."

"Daar is niks meer vir vandag, hierdie oomblik, hierdie uur nie, vals Huis van Israel: EK IS wat EK IS"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205