EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 71 aan Lukaas van Hout op 29 Oktober 2013

Alhoewel dit woede sal opwek vanuit sommige geledere van My volk, skryf My woorde wat Ek, EK IS wat EK IS met jou hart spreek aan die goeie kinders van Gam. Ek ken julle werke en julle ken reeds My woorde deur hierdie hande wat Ek, EK IS wat EK IS gespreek het. Vrees nie, want dit is nie My wil nie, Ek, EK IS wat EK IS, dat julle sal ly onder hulle wat julle verraai het vanuit julle eie nasies, volke en tale nie. Alhoewel julle grootliks geraak sal word deur die verkeerde optredes van julle bose broers en susters, spreek Ek, EK IS wat EK IS met julle in hierdie nag deur hierdie hande wat My woorde aan julle skryf, sodat julle troos kan vind in die wete dat Ek, EK IS wat EK IS ook plekke voorberei het in die noordelike en westelike lande van die see vir julle om in veiligheid te woon. Wanneer hierdie tye aanbreek waarteen julle gewaarsku is oor julle bose broers en susters en hulle begin om hulself te openbaar, berei voor om onder hulle uit te vlug, van onder die hordes uit wat na die noorde sal beweeg. Skei julleself af van hulle en Ek, EK IS wat EK IS sal julle lei en die gebiede toon wat Ek vir julle berei het om veilig in te woon tot aan die einde van julle dae. Uit julle midde het Ek, EK IS wat EK IS reeds van julle gekies en vele vanuit julle volke, nasies, stamme en tale weggestuur na hierdie gebiede. Uit die midde van hulle wat Ek, EK IS wat EK IS gekies en gestuur het, sal hulle praat van hierdie plekke van skuiling in die gebiede wat Ek, EK IS wat EK IS aan julle sal wys en julle daarheen lei. Aan hulle wat My stem nou hoor en aan hulle aan wie die middele gegee word om na hierdie gebiede te vlug, doen dit nou, in voorbereiding om diegene onder julle broers en susters te ontvang in die gebiede waarheen Ek julle sal stuur. Goeie kinders van Gam, luister nou na My, luister na My, Ek, EK IS wat EK IS, soos dit was in die dae van Jerusalem toe Ek, EK IS wat EK IS as JaHshua My volk gewaarsku het om uit die stad te vlug wanneer hulle dit met leërs omsingel sien, so moet julle nou voorberei wees vir hierdie dinge. In daardie tyd het Ek, EK IS wat EK IS as JaHshua, My volk vertel om te vlug wanneer hulle die stad deur leërs omsingel sien en toe hulle die stad deur leërs omsingel sien, het My volk voorberei om te vlug. In daardie tyd was hierdie leërs vir 'n tyd onttrek en gedurende die tyd toe daardie leërs onttrek het, het My volk gevlug en nie een het omgekom nie. In daardie tye het die leërs later teruggekeer en die stad vernietig, My stad Jerusalem, maar geeneen van My volk het omgekom nie, omdat hulle ag geslaan het op My waarskuwings soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle nou ook waarsku. Julle weet reeds van daardie tye wat gaan kom, en dit sal wees gedurende daardie tye wat gaan kom, wanneer julle in staat sal wees om te vlug van die bedrog en verdeeldheid wat julle bose broers en susters sal teister. Wanneer hierdie tye voor die deur is en julle weet daarvan! VLUG!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205