EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 94 aan Lukaas van Hout op 30 November 2013

Ja, Ek hoor julle gebede! Ja, Ek hoor julle smekinge tot My! “Wanneer Vader, wanneer sal hierdie dinge gebeur waaroor die profete van ouds gespreek het.” Daaglikse hoor Ek julle smekinge tot My! “Wanneer, O Vader, wanneer sal hierdie dinge gebeur? Ons onderdrukking is meer as wat ons kan dra! Ons volk word daagliks vermoor en daagliks sterf ons kultuur, 'n bietjie hier 'n bietjie daar en dit blyk dat al wat ons kan doen is om te wag.” Liewe kinders, luister na My, EK IS wat EK IS, dit is as gevolg van My liefde vir julle dat Ek die hierdie tye nog 'n bietjie langer terug­gehou, terwyl Ek julle voorberei vir daardie tye wat moet kom, deur die tye wat nou is. Julle is nog nie in staat om dit te dra wat gaan kom nie, in die tye wat kom, waarvan gespreek is deur My profete Siener van Rensburg en Johanna Brandt. Daardie tye, ja, daardie tye sal julle laat verlang na hierdie tye wanneer hulle kom, want groot sal die las op julle harte wees gedurende daardie tye. Is julle nou in staat om die dood van julle volk en ja, die dood van julle kinders, broers, susters, moeders en vaders, voor julle oë te verdra, en dit by die duisende? Is julle in staat om die wrede aanvalle van die Satan en sy leërskare te dra wanneer hulle oor die land soos sprinkane gaan versprei, deur mense? Julle weet nog nie van hierdie groot gruwels wat nog moet kom wanneer die finale verdrukking teen My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion in hierdie, MY SUID-AFRIKA gaan plaasvind nie. Julle geloof en julle harte is nog nie in staat om te dra wat Ek, EK IS wat EK IS alreeds weet nie en Ek moet julle deur My Heilige Gees voorberei om dit te dra! Hierdie tye, alhoewel verskriklik en benoud, meer as waarvan Ek kan spreek, voordat Ek nog meer woedend word en teen My reeds geskrewe en gesproke woord ingaan en hierdie verdrukkers van My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion in hierdie land te slag, ja, hierdie tye is daar om julle voor te berei vir die tye wat moet kom! In daardie dae en in daardie tyd, as gevolg van hierdie tye, sal julle geloof en vertroue in My, EK IS wat EK IS vervolmaak wees. In daardie dae en op daardie tyd sal julle in staat wees om die groot beproewings en verdrukkings te dra wat julle sal tref! Hierdie dinge moet so wees vir My planne en My doelwitte waaroor Ek julle vertel het! Julle sal 'n getuie en 'n lewende testament vir My word vir die wêreld en hierdie gebeure deur julle, sal skreeu en spreek tot die wêreld! Nog 'n bietjie langer, My liewe kinders, nog 'n bietjie langer moet hierdie tye aangaan soos wat dit is. Dink daaraan dat julle nie hierdie laste alleen dra nie! Ek het julle en sal julle vertel, so dikwels as wat julle My nodig het om julle te vertel, ja Ek, EK IS wat EK IS, Ek sal julle vertel dat julle nie hierdie laste alleen dra nie! Ek dra dit saam met julle! Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, julle Skepper, hy wat as suiwer liefde wandel, EK DRA HIERDIE LASTE SAAM MET JULLE! Ek dra al hierdie laste, beproewinge, en lyding saam met julle! Daar is nie `n geringste pyntjie wat Ek nie voel nie! Daar is nie die geringste onreg wat Ek nie ly nie! Daar is nie die geringste wreedheid wat Ek nie aanskou nie! Al hierdie, ja al hierdie dinge dra Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle JaHshua, byna tot die dood toe gegesel vir My liefde vir julle, dra Ek hierdie wreedhede altyd saam met julle in alle dinge! In die tye wat kom, ja daardie tye waarvoor Ek julle voorberei, sal Ek ook al hierdie laste en lyding dra. Ek het alreeds voor julle uitgegaan met My leërskare, in voorbereiding vir daardie tye, sodat daar niks in daardie tye sal wees wat Ek en My leërskare nie voorberei het vir julle nie. Groot is hierdie taak van julle voorbereiding, sodat julle in daardie tyd kan staan om aan My hierdie getuienis te bring in die wêreld. In daardie tye, soos wat Ek aan julle gesê het, sal julle getuig en julle sal getuig soos die kinders van Israel toe hulle uit die woestyn van Sinai uitgegaan het na die beloofde land. Ja, hulle het uit die woestyn gekom, `n vervolmaakte volk, 'n geseënde volk en 'n volk gesif en verfyn in groot skriftuurlike waarhede in hul onderwerping aan My en My wet in volmaakte liefde soos wat julle vir My sal word gedurende daardie tye. Weet dat EK IS wat EK IS met julle is! Vertrou My met hierdie reis wat EK IS vir julle voorberei, want dit is 'n verraderlike en wrede reis van die Satan, waarvan julle nou net effens bewus is van al die soorte verraderlikheid en wreedhede wat voor julle lê in die talle sterftes van julle volk! Onthou kleine kinders, My kinders, julle is almal MYNE! Onthou, EK IS JALOERS OOR JULLE, WANT JULLE IS MYNE! MYNE! MYNE! Almal van julle is MYNE en julle almal is geliefd bo enige liefde wat julle vir julleself kan bedink, so groot is hierdie liefde en My jaloersheid vir julle ,wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS vir julle het! Julle moet ook weet dat Ek voor julle uitgaan in hierdie reis! EK IS is reeds daar en dra reeds hierdie groot laste, verdrukkings en beproewings! EK HET JULLE ALREEDS VOORUITGEGAAN! Julle kan dit weet, dat soos wat EK IS wat EK IS, hierdie woord, ja, hierdie woord wat julle is, Boer, hierdie woord sal deur die hele wêreld bekend word wanneer My werk afgehandel is met julle. Julle sal bekend staan as die huis van Israel wat vir My opgestaan het, in en met My Naam, EK IS wat EK IS, teen die leër van Satan. As gevolg van julle, sal die wêreld tot My ontwaak as Ek, EK IS wat EK IS. Vertrou, glo en gehoorsaam My in liefde soos wat Ek, EK IS wat EK IS julle eerste liefgehad het!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205