EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 124

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 124 aan Lukaas van Hout op 23 Desember 2013.

Aan die Skrifgeleerdes en Fariseërs

"Die nag sal jy slegs skryf aan die Skrifgeleerdes en Fariseërs en My woorde aan hulle verklaar, want hulle weet wie EK IS!"

"Wie is My Huis van Israel?"

"Wie is My Dogter van Sion"

"WIE IS JULLE BROERS EN SUSTERS?"

"Ek sê weer vir julle."

"WIE IS MY HUIS VAN ISRAEL?"

"WIE IS MY DOGTER VAN SION!"

"WIE IS JULLE BROERS EN SUSTERS?"

"Steun nie op julle eie insig soos wat julle tot op hede gedoen het of soos in die verlede nie, maar soek eerder hierdie begrip van My woorde, JA MY WOORDE, EK IS wat EK IS, julle moet julle antwoorde in My woorde soek!"

"Soek hierdie antwoorde met alle ywer, nederigheid, opregtheid en deemoed, want julle saligheid hang af van die waarhede, die vele waarhede rakende hierdie sake!"

"Soek nou hierdie begrip, MY BEGRIP van hierdie vrae, deur My Heilige Gees wat ALLE DINGE onthul aan die mens, ALLE DINGE!"

"Soek nou die dieper begrippe!"

"Soek nou die dieper geestelike insigte!"

"Soek nou, MY DIEPER INSIGTE en MY DIEPER GEESTELIKE BEGRIPPE van die waarhede van hierdie vrae deur My Heilige Gees wat ALLE DINGE onthul aan die mens, ALLE DINGE!"

"Steun nie op julle eie insig soos wat julle gedoen het nie, sodoende het julle julle harte en gedagtes en julle geeste verblind vir My stem, wat tot die harte van die mens spreek deur My Heilige Gees en My liefde, My GODDELIKE LIEFDE."

"Soek nou, soos wat Ek julle vertel het, en Ek sal hierdie begrippe in julle harte plaas deur My Heilige Gees."

"Soek My nou met julle hele hart, Skrifgeleerdes en Fariseërs, soek My nou met julle hele hart, terwyl Ek nog gevind kan word, want die tyd om My te soek, is byna verstreke."

"Soek My nou, Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS JaHshua! Ek, JA EK, EK IS wat EK IS, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Israel, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Abraham, die Elohim en die EK IS wat EK IS van Jakob en al wat is en sal wees, soek My nou, terwyl Ek nog gevind kan word!"

"Soek My nou, julle Skrifgeleerdes en Fariseërs, soek My nou en julle mag My nog vind, ja Ek, EK IS wat EK IS, soek My nou!"

"Julle Skrifgeleerdes en Fariseërs, JA JULLE Skrifgeleerdes en Fariseërs, kan julle nie My stem hoor deur hierdie woorde wat My Heilige Gees op en in die hart van hierdie dienskneg beveel om aan julle te skryf nie?"

"Kan julle nie My stem hoor deur hierdie woorde nie, My stem, ja Ek, julle liefdevolle Vader, kan julle nie My stem hoor wat in julle harte pleit om My deur hierdie woorde te hoor en om My te soek nie?"

"As julle My maar net in die liefde wil soek soos wat Ek aan julle getoon het! As julle maar net My koninkryk wil soek soos wat Ek dit aan julle getoon het met alle ywer, nederigheid, opregtheid en deemoed, as julle My net wil soek in liefde, vertroue en geloof, sal julle My alreeds hier vind, wagtend op julle!”

"Daar is soveel meer woorde wat nog moet kom van My af aan julle, nie net van hierdie dienskneg af nie, maar van baie ander waarmee EK IS selfs nou mee spreek en deur skryf en nog vele meer in die tye wat moet kom vir julle beskerming, bevryding, onderrig en waarskuwings, soveel is die woorde wat geskryf moet word en aan julle gespreek moet word, My Huis van Israel en My Dogter van Sion.”

"Ja, daar is baie, baie meer woorde wat nog moet kom, en julle moet leer om na My te luister en om op My stem te vertrou deur almal wie Ek gekies het en aan julle gestuur het soos wat Ek julle vertel het deur die profete!"

"Nooit sal dit die wil van enige liefdevolle Vader wees dat enige van sy kinders verlore moet gaan nie! Dit is ook nie My wil dat enige van julle Skrifgeleerdes en Fariseërs moet vergaan nie! Julle is nog steeds deel van My Huis van Israel, julle is nog steeds My kinders en daar is nog tyd oor vir julle om na My stem te luister!”

"Hierdie woorde word in hierdie nag aan julle geskryf, want die tyd is baie min en daar is sommige onder julle wie se harte daarna streef om MY stem te hoor. Dit is aan hulle wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, dit is aan hulle wat daarna streef om My stem te hoor, wat deur hierdie woorde spreek wat aan en binne die hart van hierdie kneg beveel is om hierdie woorde te skryf, My woorde aan julle wat daarna streef om My stem te hoor!”

"Luister nou na My en soek nou na My, sodat julle kan leer om My stem te hoor en leer om My stem te vertrou, want die tyd is naby en die tye sal kom wanneer julle My sal soek en julle My nie sal vind nie, so bedorwe sal julle harte geword het deur die boosheid van Satan en sy leërskare, wat selfs nou en in die tye wat kom julle met groot geslepenheid sal bedrieg om net hulle stemme te hoor, wat allerhande verleiding van ongeregtigheid sal spreek, so geslepe is hulle!”

"In daardie dae en in daardie tyd sal julle so mislei wees, dat julle My met al julle harte sal soek, met al julle harte sal julle My soek en in plaas daarvan net geestelike verlatenheid van hart en gees vind."

"In daardie dae en in daardie tyd, wanneer baie van julle Skrifgeleerdes en Fariseërs mislei is en deur die Satan en sy leër oorweldig is, sal julle My soek en die geestelike verlatenheid wat julle sal vind, sal die wete wees dat julle My slegs vir julle eie selfverheerliking gesoek het, vir julle eiegeregtigheid en vir julle eie begeertes van hierdie wêreld.”

"In daardie dae en in daardie tyd sal julle Esau geword het."

"Esau het Ek tot op hierdie dag gehaat, vir dieselfde geestelike boosheid en dieselfde geestelike verlatenheid, toe hy met minagting en vermakerig sy eersgeboortereg verkoop het vir 'n bakkie pap, so korrup was sy hart in sy selfverheerliking, sy eiegeregtigheid en sy soeke na slegs die begeertes van hierdie wêreld, eerder as die groot rykdom van geestelike kennis en waarhede wat Ek verlang het om aan hom deur die eersgeboortereg te gee.”

"Staak nou jou skrywe, want My toorn teen Esau brand nog steeds in My, want Ek sien al die boosheid wat Esau bewerk het regdeur die geskiedenis van die mens, tot aan die einde van die wêreld, ja, tot aan die einde van die wêreld sien Ek al die boosheid wat Esau bewerk het, ja Ek, EK IS wat EK IS "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205