EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 26 aan Lukaas Van Hout op 27 September 2013

Skryf Lukaas, skryf aan My Dogter van Sion en vertel haar, hoe dit My soveel vreugde gee, Ek, EK IS wat EK IS om haar naam te spreek, My liewe Dogter, jy is My Dogter en jy is so geliefd van bo, dieselfde liefde wat enigeen van julle voel vir julle eie dogters, so is dit met My. Dogter van Sion, Dogter van Sion, ja, Dogter van Sion! EK IS wat EK IS het al jou werke gesien, wat jy in My naam doen, waar jy hierdie werke doen in alles waarin Ek julle gestuur het om te doen, dit doen jy. Het jy geweet My Dogter, dat Ek dikwels deur julle kamp loop? Sommige het geweet en My teenwoordigheid gevoel. Het jy geweet, Dogter van Sion, dat Ek een van daardie was wat gekleed was in die gewaad van die armes en tog het jy My ingeneem en My versorg. Jy het My gevoed en My geklee en My liefgehad, selfs in daardie tye waar Ek jou getrouheid getoets het as een van die opruiers, tog het jy alles vir My gedoen wat jy kon doen en met My geredeneer. Het jy nie die glimlag op My gesig gesien gedurende daardie tye van toets nie? Het jy nie die vonkel in My oë gesien wanneer jy My vermaan het nie? Hoe het Ek My nie in julle liefde en teregwysing verbly nie, altyd in die soeke om My wil te doen vir My verlorenes, My armes en My gebrokenes van hart en gees, en tog het jy nog altyd gepoog om My wil te doen in My geregtigheid deur My woord. Weet dit, Dogter van Sion, dat in hulle, die gebrokenes, die verdruktes en die uitgeworpenes, Ek, EK IS wat EK IS jou dikwels sal besoek as een van hulle gedurende die tye wat kom, en as een van hulle sal Ek saam met julle vir 'n tydlank vertoef. Dogter van Sion, Ek ken jou beproewinge, Ek ken jou verdrukking, Ek ken die lang reis wat jou gelei het na hierdie tye en na die tye wat moet kom.

Aanskou, aanskou, Ek begin 'n nuwe werk in julle, 'n nuwe werk van My liefde. Ek berei die eerste van vele ligte voor wat Ek na julle sal stuur. Jy sal hierdie eerste lig herken, soos wat hierdie lig My liefde vir My volk sal weerspieël en die teenwoordigheid van My Heilige Gees sal skyn van hierdie lig en die ligte wat sal kom. Wees waaksaam vir hierdie lig. Hierdie lig sal op `n onverwagse wyse kom. Dogter van Sion, berei voor vir dit en vir die ligte wat sal kom deur My liefde, want deur My liefde sal jy hulle vind en slegs deur My liefde sal hulle aan julle geopenbaar word. Gee alles oor aan My in My Naam JaHshua, gee elke dag oor aan My liefde! Ek IS wat EK IS, Dogter van Sion, EK IS!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205