EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 76

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 75 aan Lukaas van Hout op 3 November 2013

Meer woorde moet jy skryf, vir My, Ek, EK IS wat EK IS, moet jy hierdie woorde skryf aan hulle wat nie met My geestelike sien oë kan sien nie en omdat hulle nie met My geestelike oë kan sien nie, ook het hulle nie gevra om My geestelike oë te ontvang deur My Heilige Gees nie, faal hulle om hierdie woorde te verstaan, al hierdie woorde wat Ek, EK IS wat EK IS vir jou gee om vir My te skryf. Het Ek julle nie gesê nie, tog versuim julle om te verstaan dat elke woord, elke gedagte, elke daad in die boeke opgeskryf is vir die dag van oordeel en op die dag van die oordeel sal hierdie boeke geopen word. Dit is vanuit hierdie boeke en van dit wat opgeteken is oor die werke van die mensdom en die werke en dade van elke persoon, sowel as ieder en elke nasie van die mensdom, waarmee die nasies van hierdie wêreld geoordeel sal word, volgens die woorde wat in hierdie boeke geskryf is deur die onsigbare hand van My opname engele, wat al die werke van die mens elke oomblik opneem, elke uur en elke dag en tot aan die tyd van die einde sal hierdie engele die dade van die mensdom afneem. Op hierdie dag sal Ek, EK IS wat EK IS weer probeer om julle oë te open om hierdie woorde te verstaan. Hierdie woorde wat aan hierdie dienskneg gegee is om aan julle te skryf, om julle te waarsku en te spaar van die oordeel, almal van julle aan wie hierdie woorde geskryf en aangeteken is in die boeke van die werke en dade van die mensdom, wat 'n getuienis sal wees dat selfs gedurende hierdie tye van oordeel en vergelding het Ek, EK IS wat EK IS die mensdom gewaarsku teen hierdie oordeel en vergelding wat gaan kom. In daardie dag en daardie uur wanneer alle volke, nasies, stamme en tale voor My sal staan, Ek, Ek is wat Ek is, sal die boeke oopgemaak word en niemand sal staan met enige verskoning of rede nie, omdat hulle werke en dade, almal van hulle, sowel as My woorde, My Skrif en al My waarskuwings aan die mensdom sedert Adam deur hulle onthou sal word en met hul eie tale sal hulle bely dat hulle skuldig is aan al hul dade en werke waarteen Ek, EK IS wat EK IS gepoog het om hulle herhaaldelik teen te waarsku. Ek, EK IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205