EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 125

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 125 aan Lukaas van Hout op 24 Desember 2013.

Nuwe profete en boodskappers sal opgewek word

"Dit is laat en tog is jy altyd gereed om My wil te doen. Dag of nag ter enige tyd soek jy altyd om My wil te doen."

"Ek verheug My in jou getrouheid in jou begeerte om My wil te doen vir die liefde van My Huis van Israel, ja, Ek verheug My in die getrouheid van jou begeerte om My wil te doen vir die liefde van My Huis van Israel."

"Ek hoor jou gebede vir hierdie Huis van Israel."

"Ek hoor jou gebede vir die Skrifgeleerdes en die Fariseërs en hulle wat jou veroordeel."

"As gevolg van hierdie gebede sal My Heilige Gees nog 'n bietjie langer voortgaan om tot hulle harte te spreek en om tot hul harte te pleit om na My woorde te luister, ja My woorde, EK IS wat EK IS, My woorde, as gevolg van jou gebede en jou liefde vir hierdie van My Huis van Israel, sal My Heilige Gees voortgaan om tot hulle harte te spreek en tot hul harte te pleit om My woorde vir nog 'n klein tydjie te hoor.”

"Skryf nou My woorde op wat My Heilige Gees jou in jou hart beveel om vir My te skryf, skryf met alle ywer en skryf met alle haas die woorde op wat My Heilige Gees in jou hart beveel om vir My te skryf, EK IS wat EK IS.”

"LUISTER NA MY, HUIS VAN ISRAEL, O MY HUIS VAN ISRAEL, LUISTER NA MY deur My stem wat tot julle harte spreek deur hierdie woorde wat My Heilige Gees beveel om op en in hierdie hart te skryf van My af aan julle, My seer geliefde Huis van Israel!”

"LUISTER NA MY, MY HUIS VAN ISRAEL, LUISTER NA MY, Skepper, Koning van Konings, EK IS wat EK IS, EK IS wie Ek is, EK IS wat EK IS, Hy wat is voordat daar iets was en hy wat anderkant dit is wat was, luister na My, na julle liefdevolle Vader!”

"Soos wat Ek deur hierdie dienskneg gedoen het, hierdie stem wat uitroep na julle in die woestyn, maak die pad oop vir EK IS wat EK IS, om My aan julle en aan die wêreld bekend te maak en aan te kondig, in hierdie Naam, hierdie Naam wat Ek aan die mensdom gegee het, EK IS wat EK IS, het hierdie dienskneg gedoen soos wat Ek hom beveel het om deur My Heilige Gees te doen.”

"Soos wat Ek deur hierdie dienskneg gedoen het, om My woorde in My Naam, EK IS wat EK IS, te skryf en te spreek, so berei Ek ook nou baie ander onder julle eie mense voor, wat sal doen soos wat hierdie dienskneg gedoen het en wat sal skryf en spreek in My Naam, EK IS wat EK IS, al die woorde wat Ek op en in hul harte sal spreek deur My Heilige Gees om vir My te spreek en te skryf aan My Huis van Israel in hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, so sal Ek spreek en skryf deur hulle vanuit julle eie volk.”

"Soek nou, soos wat reeds aan julle gesê is, soek nou diegene onder julle uit wat van groot geloof is, hulle wat My in alle ywer en in alle liefde en in alle opregtheid en nederigheid dien, soek nou hierdie uitverkorenes van My Huis van Israel!”

"Soek hulle wat sal woon onder die vergaderings van My Huis van Israel wanneer Ek My Huis van Israel sal lei na daardie plekke wat Ek voorafbepaal het vir die tye wat kom en die tye daarna."

"Dit is hulle onder julle wat nie omgee oor die dinge van hierdie wêreld nie!"

"Dit is hulle onder julle wat nie belangstel in selfverheerliking of eiegeregtigheid of om deur mense gesien te word nie."

"Dit is hulle onder julle wat nie bang is vir enige mens of enigiets om My woorde te spreek of te skryf nie, enige woorde wat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, enige woorde wat My Heilige Gees mag beveel aan en in hulle harte om vir My te spreek of om te skryf, My woorde, aan My Huis van Israel in hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna.”

"Dit is hulle onder julle wat Ek uitverkies het om My woorde aan julle te spreek en te skryf op enige manier wat Ek wil, so sal hulle vir My spreek en skryf aan My Huis van Israel vir julle beskerming, bevryding, onderrig en waarskuwings in hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna.”

"Dag of nag en te enige tyd sal hulle My woorde aan julle spreek of skryf, soos wat My Heilige Gees mag beveel en op die einste oomblik wat julle My woorde mag nodig hê vir julle beskerming, bevryding, onderrig en waarskuwings, sal hulle My woorde aan julle in My Naam, EK IS wat EK IS, spreek of skryf!”

"Die tyd van vlug kom nader en Ek het hulle aangestel vir julle, My Huis van Israel, vir elke een van julle byeenkomste wat sal bymekaarkom in daardie plekke wat Ek vir julle voorafbepaal het gedurende die tye van vlug, dieselfde plekke waarheen Ek julle sal lei en wat Ek aan julle sal toon.”

"Het Ek julle nie van hierdie dinge vertel nie?"

"Het julle vergeet dat Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, het Ek nie alreeds vir julle van hierdie dinge gesê nie en het Ek ook nie gesê dat julle nooit sonder My woord sou wees nie!"

"Wat? Julle dink dat Ek slegs van My geskrewe woord gespreek het?"

"Liewe kinders, My woord is alles betreffende My woord; lewend, geskrewe en gesproke en lewend, geskrewe en gesproke sal My woord altyd wees met My Huis van Israel, soos wat Ek aan julle belowe het!”

"Dit is waarom Ek hulle gekies het vir julle vergaderings!"

"Die tyd kom nader in hierdie plekke van vlug, dat elkeen van hierdie vergaderings van My Huis van Israel van My uitverkorenes onder hulle sal hê, om die woorde wat Ek beveel deur My Heilige Gees om te spreek en te skryf aan en in hul harte, om My woorde aan hierdie vergaderings van My Huis van Israel te spreek en te skryf vir julle beskerming, bevryding, onderrig en waarskuwings in daardie tye en in die tye wat nog moet kom!”

"Hulle sal My woorde aan julle spreek en skryf, al My woorde en enige van My woorde wat hierdie vergaderings van My Huis van Israel sal nodig hê in die tye wat kom en die tye daarna, dieselfde oomblik wat hierdie vergaderings van My Huis van Israel My woorde mag nodig hê vir hul beskerming, bevryding, onderrig en waarskuwings, sal hulle wat Ek vir julle vergaderings uitverkies het, My woorde aan julle spreek en skryf, al My woorde!”

"Dit is hoe Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS julle sal lei, met julle sal spreek en aan julle sal skryf!"

"Het Ek nie vir julle gesê dat Ek julle sal lei nie?”

"Het Ek nie alreeds vir julle gesê dat Ek julle sal lei nie!"

"Kleine kinders, hierdie vele maande het Ek met julle gespreek en geskryf deur hierdie woorde wat Ek op en in hierdie hart beveel het om aan julle te skryf."

"Baie van hierdie woorde wat Ek tot hierdie hart gespreek het, het baie waarhede openbaar wat reeds gespreek en bevestig was."

"Ek het hierdie dienskneg uit 'n verre land gekies, 'n land van groot afvalligheid en valse leerstellings, 'n dienskneg wat nie kennis gedra het van enige van hierdie kennis wat baie van julle al julle hele lewens geken het nie."

"Ek het hierdie kneg gekies en aan hierdie dienskneg baie van die dinge geopenbaar wat julle reeds geweet het." "Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS het hierdie dienskneg gekies om al hierdie dinge te doen, sodat julle sal weet en glo dat al die woorde wat deur die profete gespreek is en al die woorde wat aan hierdie dienskneg gegee is, waar is!”

"Baie van hierdie woorde wat Ek tot die hart van hierdie dienskneg gespreek het, het baie dinge geopenbaar wat nog moet kom, en baie het sedertdien plaasgevind en nog vele meer sal plaasvind om aan julle te toon dat hierdie My woorde is, ja, My woorde, Ek, EK IS wat EK IS, ja! Hierdie is My woorde!”

"Onthou, Huis van Israel, in hierdie tye, die tye wat kom en die tye daarna, soek nie My woorde van hulle wat Ek uitverkies het om vir My te spreek en te skryf nie!"

"Soek My woorde van My en net van My, EK IS wat EK IS JaHshua, soos wat Ek julle deur gebed getoon het."

"Soek My woorde van My af en net van My af en Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS sal julle antwoord deur My Heilige Gees in die harte van hulle wat Ek vir julle vergaderings gekies het om vir My te spreek en te skryf!"

"Julle moet nie nou of ooit My woorde soek van hulle wat Ek uitverkies het om My woorde te spreek of te skryf om hulle harte te grief of te bekommer nie."

"Ek sal My woorde spreek aan hulle wat Ek uitverkies het vir julle vergaderings in die tyd en op die plek wat Ek sal kies vir My planne en vir My doelwitte."

"Ek sal spreek tot die harte van hulle wat Ek uitverkies het, die einste uur wat My woorde benodig sal word vir julle vergaderings, sal Ek, EK IS wat EK IS My woorde spreek aan hierdie vergaderings soos wat dit nodig sal wees."

"Onthou, soek nie My woorde van hulle wat Ek uitverkies het om vir My te spreek en te skryf nie."

"Soek nie My woorde van hulle wat Ek uitverkies het om vir My te spreek en te skryf nie."

"Soek nie nou of soek nooit daarna om hulle harte te bedroef of te bekommer nie, want die oomblik wat julle dit sal doen, sal hierdie optredes My Heilige Gees bedroef, wat daarna verlang om te antwoord, maar wat slegs op die vasgestelde tyd kan antwoord vir My planne en vir My doelwitte.”

Onthou hierdie woorde, My Huis van Israel, wie Ek so liefhet, onthou hierdie woorde, EK IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205