EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 41 aan Lukaas van Hout op 4 Oktober 2013

Nog sal jy slaap nie, Lukaas, kneg van My volk, nog nie. Sê aan My volk, deur die woorde wat Ek jou gee om te skryf, EK IS wat EK IS en deur hierdie dienaar sal Ek My woorde spreek om aan My volk te skryf, almal daarvan, en aan wie Ek hom sal vra om te skryf, sal hy skryf sonder vraag of bekommernis, behalwe om te doen wat Ek hom vra om te doen om My wil te bereik. Skryf en vertel hulle nou en diegene wat moet kom, hulle wie My volk oordeel, hierdie huis van Israel, JA MY VOLK, MY HUIS VAN ISRAEL, HIERDIE HUIS IN SUID-AFRIKA! Durf julle nou en die tye wat kom, MY MENSE OORDEEL? JULLE wat hul ongekende lyding geïgnoreer en geminag het hierdie afgelope vele jare en nog oordeel julle hulle, omdat hulle vrolik is met wyn en sang om hul harte en siele te verlig van die verskriklike tye wat JULLE, DIE WÊRELD toegelaat het en steeds toelaat om met hulle gebeur? Hierdie huis van Israel staan op die rand van vernietiging en julle oordeel hulle omdat hulle vrolik is? Hoe en met watter maat durf julle om hulle selfs te begin oordeel, hulle wat slegs Goddelike minute vanaf die dood is? Nee, Ek sê vir julle en Ek sê dit in julle aangesig vir julle, die EK IS, en Ek sê vir julle dat met dieselfde oordeel, dieselfde maatstaf wat julle gebruik om My volk te oordeel, dat Ek My verlustig daarin dat julle so geoordeel sal word! Hoeveel keer het Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS nie vir julle gesê dat die OORDEEL MYNE is nie! EK SAL VERGELD! EK VIND VREUGDE DAARIN aan hulle wat deur al hul ellende vrolik is in die aangesig van Satan! Ten spyte van die vloeke van die wêreld teen hulle, ten spyte van die onuitspreeklike misdade wat teen hulle gepleeg is, hou hulle nog steeds vas aan My, en selfs wanneer hulle vrolik is, onthou hulle My. EK IS wat EK IS en EK IS wat EK IS sal die werk voltooi wat Ek begin het met hierdie uitverkorenes van My, Ek sal hierdie werk voltooi, en Ek sal hulle verfyn, meer as die suiwerste goud sal Ek hulle verfyn en Ek sal dit doen soos wat Ek dit nog altyd gedoen het, in liefde, genade en geduld. Gaan oordeel julleself en gaan vanuit My teenwoordigheid, julle valse regters deur Satan gestuur, dieselfdes wat My kneg Job versoek het en nou My Volk van Job versoek! Niks meer het Ek vir jou te sê vanaand nie. EK IS wat EK IS, ja, EK IS wat EK IS het nie die oordele van My geskape mens nodig om My werk te volbring nie!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205