EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 177

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 177 van Elohim aan Lukaas van Hout op 14 Mei 2014

“Wees nie bevrees of ontsteld nie, My Huis van Israel en My Dogter Sion, oor My tye van stilte tussen hierdie woorde wat aan julle gegee word nie.”

“Hierdie woorde is maar net een manier waarop Ek met julle spreek!”

“Het julle nog nooit ontwaak en gevoel dat Ek naby julle was met die teenwoordigheid van My liefde terwyl julle geslaap het nie?”

“Het julle My nog nooit elke oomblik van elke dag op ontelbare maniere waargeneem nie?”

“EK IS agter elke vreugde, agter elke glimlag, selfs agter die kleure wat julle sien!”

“Het Ek nie vir julle gesê nie, of het julle al vergeet dat EK IS altyd by julle is nie, op elke moontlike manier en met alle moontlike middele, selfs tot aan die einde van die wêreld nie?”

"Kom kleine kinders, wandel saam met My, julle liefdevolle Vader, en laat ons saam die saak uitmaak.”

“EK IS met julle!”

“Wees nie bevrees of ontsteld oor hierdie tye van stilte tussen hierdie woorde wat gespreek word tot die hart van hierdie dienskneg om aan julle te gee nie.”

“EK IS met julle!”

"Hierdie periodes van stilte moet so wees vir My planne en My doelwitte se tydsberekening vir julle, en wat Ek al geweet het, voordat daar iets bestaan het.”

"Neem kennis, glo en verstaan altyd dat Ek julle liefhet en dat daar nog vele, vele meer woorde is wat nog deur hierdie dienskneg moet kom en deur andere wie gekies is om My woorde aan julle te gee vir hierdie tye, die tye wat nog moet kom en selfs tot by die millennium koninkryk en daarna regdeur die ewigheid.”

“Wees nie bevrees of ontsteld gedurende hierdie tye van stilte nie, want julle het alreeds My woorde!”

“EK IS met julle deur My Heilige Gees wat julle harte voorberei om selfs nog groter woorde te ontvang, tog neem hierdie dinge tyd, as gevolg van julle sterflike en vleeslike harte en julle sterflike en vleeslike siele!”

"Hierdie tye van stilte moet so wees, want My woorde word aan julle gegee om julle geloof en oortuiging in dit wat gaan kom, te laat toeneem en julle moet leer om vas te staan op hierdie woorde wat reeds aan julle gegee is.”

“Hierdie woorde en die woorde van My ander diensknegte leef!”

“Hierdie woorde is op julle harte geskryf deur My Heilige Gees met My eie vinger; hierdie woorde leef binne julle harte en kan nie vergeet word nie!”

"In julle tye van nood en behoefte aan My woorde, sal My Heilige Gees My woorde in herinnering bring gedurende hierdie tye van stilte!”

"Dit is om julle harte voor te berei vir julle absolute oortuiging en julle absolute geloof in My; EK IS wat EK IS, vir wat voorlê in die vervulling van die woorde van die profete soos wat reeds aan julle vertel is.”

"Julle moet nie nou of ooit vrees nie, My seer geliefde Huis van Israel en Dogter van Sion, wees nie bevrees of ontsteld gedurende die tye wat kom nie, wanneer julle lewens, soos wat julle dit ken deur Babilon, begin verval en julle julleself behoeftig en in nood bevind nie.”

"Ek het begin met die taak om julle met My eie hand uit Babilon te lei na daardie voorafbestemde plekke vir hierdie tye, na My beloofde land van die duisendjarige vrederyk soos voorspel deur die profete en ook na My koninkryk in daardie tye, volgens My wil en die finale tye aan die einde van die duisendjarige vrederyk.”

"Gedurende die tye van nood en skaarste, onthou om na My uit te roep en Ek sal julle voed en Ek sal julle klee en Ek sal julle voed en julle klee bo die fisiese en letterlike begrippe van die geestelike en van die goddelike.”

"EK IS wat EK IS, Lechem Shamayim en Ek sal julle klee en Ek sal julle voed met die brood van die lewe en die brood van die Hemele en die brood van My koninkryk, soos wat julle My heilige Volk word deur die beproewinge wat moet kom.”

"Ek weet dat julle die vervulling en die bespoediging van My woorde deur My profete soek, tog moet hierdie woorde van die profete gegee word volgens wat julle in staat is om te verdra.”

“Onthou, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, Ek het julle reeds gesê dat Ek, julle Skepper en liefdevolle Vader, julle nooit meer sal gee as wat julle in staat is om te dra nie.”

"Hoewel julle dalk nie besef nie, die tye wat moet kom, is veel erger as wat enige mens alleen sal kan verdra, sonder My en die krag van My Heilige Gees om julle te beskerm in hierdie ure en hierdie oomblikke van julle finale beproewinge en julle finale versoekings.”

“Julle moet al hierdie woorde in diepte verstaan en met groot sorg bedink, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, verstaan dat Ek weet dat hierdie ellende van gebrek, julle baie nood en hartseer sal veroorsaak wanneer Babilon ophou om julle te voed.”

"Dit is My wil dat dit so moet wees, sodat julle na My sal uitreik en op My sal vertrou om julle te voed en om julle op allerhande wyses te klee, soos wat Ek reeds vir julle gesê het, want wat julle dalk nie besef nie, is dat die tye wat moet kom, baie erger is as wat enige mens alleen kan verdra, sonder My en die krag van My Heilige Gees, waarmee Ek reeds begin het om julle te vervul, buite en binne julle harte, julle gedagtes, julle geeste en julle siele, sodat julle in staat sal wees om hierdie tye die hoof te bied”.

“Onthou wat Ek vir julle in hierdie woorde gesê het, onthou en oorweeg hierdie woorde baie diep, wat ten doel het om julle harte voor te berei vir julle absolute geloof en julle absolute oortuiging in My, EK IS wat EK IS, vir dit wat voorlê in die vervulling van die woorde van die profete, soos wat reeds aan julle vertel is, want die tye wat moet kom, is veel erger as wat 'n mens alleen sal kan dra, sonder My en die krag van My Heilige Gees wat julle sal red nie.”

Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, die Alfa en die Omega, ja, Ek glimlag soos wat hierdie woorde aan hierdie dienskneg gegee word, want Ek het vir hom die groot voorraadskure getoon, My voorraadskure van kos en klere vir al julle behoeftes, fisies, geestelik en Goddelik, wat Ek vir julle in reserwe hou en wat Ek vir julle beplan het, lank voor die aarde bestaan het, vir hierdie en vir die tye wat moet kom.”

“Ek glimlag nie spottend oor julle swak geloof nie, maar as 'n liefdevolle Vader wat daarna verlang om sy kinders te verras met alles wat hy beplan het om aan hulle te gee, wanneer hulle dink dat alles verlore is.”

“Ja, Ek glimlag wetend oor wat gaan gebeur soos wat julle leer om My en My liefde te vertrou gedurende hierdie tye van die grootste ure van julle beproewinge en die grootste ure van julle versoekings, wanneer julle My sal sien opstaan vir My Huis van Israel, soos wat die profete voorspel het.”

“Onthou altyd, My Huis van Israel en My Dogter van Sion, onthou altyd dat Ek julle liefhet en dat Ek altyd maniere sal vind om My woorde aan julle te gee!”

“EK IS met julle!”

“Alle dinge is altyd moontlik deur My, EK IS wat EK IS.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205