EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 42 aan Lukaas van Hout op 4 Oktober 2013

Meer het Ek om te sê aan My beminde, My kinders, My huis van Israel, so deur die wêreld vergete. Troos hulle liggies in My Naam, EK IS wat EK IS. My liewe kinders, Ek ken die groot vrees wat baie van julle nog steeds in julle harte het. Hoe het Ek, EK IS wat EK IS julle lewende Elohim, julle Verlosser wat na julle toe gekom het as JaHshua, wat julle naby aan My hart gehou het in die grootste liefde soos wat My lewe op aarde uit My gegly het, julle gefaal? Hoe het Ek julle gefaal dat julle steeds so bang is? Weet of glo julle nog steeds nie hoeveel Ek julle liefhet en hoe naby Ek julle aan My hou nie! Weet julle dat Ek 'n magdom gawes onder julle gestrooi het en nog steeds sien julle nie My liefde daardeur nie en deur die magdom gawes wat Ek aan julle gegee het vir hierdie en die tye wat kom om julle te herinner en om aan julle te toon dat EK IS wat EK IS en dat EK IS met JULLE is! Hierdie gawes was woorde deur sommige, visioene deur ander, gedigte en liedere en soveel meer!

Het julle nie My teenwoordigheid gevoel toe Ek langs julle gestaan het, terwyl julle soek om My wil te doen in al hierdie werke nie?

Hoe het Ek julle gefaal dat julle nog steeds bang is? Weet en glo, weet en glo dat EK IS wat EK IS, julle Vader, skepper van alle dinge MET JULLE IS! Gee elke dag oor aan My liefde, gee elke dag alles oor aan My en poog om alles te doen wat Ek julle vra om te doen, met die liefde wat Ek vir julle gee om te deel, deur middel van al hierdie werke soos wat julle gedoen het en weet dat in al hierdie dinge dit My liefdevolle hand op julle is wat julle lei om hierdie werke te doen en wanneer julle hierdie gedagtes oordink, sal julle My liefde ken en nooit weer sal julle in My twyfel nie. Open julle harte vir My en voordat julle daardie werke doen wat Ek julle gee om te doen, bid ieder en elke keer tot My, praat met My en soek My liefde in alles wat julle doen om My wil te volbring. Tot by die vasgestelde tyd sal Ek, EK IS wat EK IS steeds voortgaan om My Heilige Gees uit te stort onder julle en soos wat Ek in hierdie nag vir hierdie dienaar sê om hierdie woorde aan julle te skryf, weet dat EK IS wat EK IS My Heilige Gees in groot oorvloed onder julle sal vermeerder en daardie werke wat julle tot nou toe gesien het, sal groter word as wat julle dink My Heilige Gees in staat is om te doen, so groot sal hierdie uitstorting word en dit sal so word, sodat julle nie meer sal vrees nie, so groot is My liefde vir julle dat Ek gekies het om hierdie uitstorting van My Gees te vermeerder onder julle. EK IS wat EK IS en soos wat Ek vanaand aan hierdie hart sê met hierdie woorde, sal julle My teenwoordigheid voel wanneer julle My wil doen. EK IS wat EK IS.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205