GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 1

22 Des. 2007 12:30

EK sien in die lug die volgende geskryf staan: LET OP! Reg onder dit is ‘n harde klip. ‘n Glas water word oor die klip uitgegiet en die klip begin smelt. Die gesmelte klip loop so oor ‘n oppervlak en daar kom ‘n sprankelende pragtige druppel en val op die gesmelte klip. Die gesmelte klip word ook so pragtig en sprankelend en heeltemal deurskynend soos die mooiste glas. Die druppel lyk dieselfde. Die klip kom weer bymekaar om ‘n perfekte bolvormige hartjievorm te maak. ‘n Pragtige kristalagtige hartjie waarin ‘n man en vrou staan wat na mekaar kyk en hande vashou. Sy het ‘n trourok aan en blomme in haar hare. HY het ‘n pak klere aan en dis duidelik hulle huweliksdag.

 

22Des. 2007 ( die middag)

Ek staan op n grasvlakte saam met Jahshua en HY hou iets in SY hand. ‘n Diamant, baie groot, omtrent soos ‘n tennisbal. HY hou die diamant na die son en draai die diamant stadig terwyl die lig daardeur skyn en die pragtigste kleure uitstraal. Blou, groen, geel, rooi ensovoorts. Vader wys my dat die groen gras verlig word in verskillende kleure. Toe sê HY vir my dat ek die diamant is en HY die son. Ek moet vir HOM werk deur my verskillende kleure uit te straal. Die kleure sal dan die mense na my trek sodat ek hulle na Vader kan lei. Die kleure is die vrugte van die Gees wat ander na HOM moet trek.

 

Vader dikteer toe die volgende aan my:

Julle is MY bruid wat gereinig moet word sodat EK met MY bruid in die eg kan verbind. Laat MY toe om julle harte van klip te smelt en te reinig sodat julle vir MY ‘n lieflike bruid, versier met die pragtigste blomme kan wees. EK, julle Verlosser is deur die smeltkroes vir julle deur MY kruisiging op aarde. Gaan julle nou deur die smeltkroes van MY reiniging sodat EK MY GEES oor

julle kan uitstort (die sprankelende druppel. Louise) en julle volmaak kan word vir MY en EK met Sion, MY bruid kan trou. Amen.

 

23 Des. 2007 07:18

Ek is op ‘n strand saam met Jahshua en HY sê ek moet oor die see uitkyk. Baie skippies is op pad na die kus waar Ons staan. Een van die skippies is my lewenskip. Dit is outydse skippies met mooi seile. Jahshua sê ek moet om my kyk en ek sien dat die wolke begin saampak en die wind begin te waai. Die wind waai reg van voor en probeer die skippies terug waai in die see. Maar hulle seile bol uit na die kus asof ‘n sterker wind hulle van agter af aanwaai en stoot. Daar kom ‘n reuse golf van agter, maar help eintlik net die skippies aan om vinniger by die strand uit te kom, sonder om die skippies te verswelg. Toe sien ek elke skippie het veilig op die strand aangekom en daar is nie een wat beskadig is of gesink het nie. VADER sê toe dat die winde en storms niks aan SY kinders kan doen nie. Hulle sal almal veilig aan die hemelse kus land.

 

 


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205