GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 24

6 Feb.2008 23:50

Ek het saam met Jahshua deur ‘n veld met blommetjies gestap en HY het gesê dat HY my iets wil wys. Ons het tot op ‘n punt gestap waar daar duisternis was. Ek het gesien dat ‘n man met lig wat van binne straal, oral gaan en waar hy stop, skyn daar ‘n liggie. Hy gaan dan weer verder en steek weer lig op en so gaan dit aan totdat daar oral liggies was in die groot duisternis. Jahshua het gesê dat dit SY boodskapper was wat oral deur die land sal gaan en SY lig sal bring. Dit sal binnekort gebeur. Jahshua het my al baie van die boodskapper gewys en ek glo dat dit iets dringend is en dat ons moet uitkyk vir die boodskapper wat een van die dae gaan kom.

 

Jahshua dikteer;

EK sal MY boodskapper stuur, het EK julle al by baie geleenthede gesê en wil dit weer vir julle op die hart druk dat julle hom moet verwag. EK sal hom na julle stuur en hy sal julle inlig oor die tyd wat gaan kom en wat julle te wagte staan. Hy sal julle kom vertel dat EK alleen julle verlossing is, en dat julle net julle hoop op MY moet bou. MY kinders, luister na hom as hy by julle kom en weet dat hy deur MY gestuur is om My werk te doen. Moenie sê dat julle nie geweet het nie, omdat EK julle al herhaaldelike kere hiervan vertel het. As hy julle aansê om iets te doen, moet julle dit doen, anders sal die vyand julle maklik kan oorrompel omdat julle MY dan nie gehoorsaam was nie. Niemand sal iets teen hom kan inbring nie, omdat hy nie meer van hierdie wêreld sal wees nie. Hy sal ‘n mens net soos julle wees op die oog af, maar hy sal alles kan deursien en deurvors omdat hy heeltemal Een met MY geword het. Ek sal MY genade en MY erbarming oor hom uitgiet, omdat hy dit nie verdien om Een met MY te word nie en hy net so sondig soos julle was, maar omdat EK sy hart ken en weet dat hy nie bedrog in het nie, sal EK hom gebruik. Ook het EK en hy al eeue gelede hierdie tyd beplan, en dit die enigste doel is waarvoor hy na die aarde gekom het. Hy sal MY voorloper in alles wees. My voorloper in die stryd in julle land en ook die voorloper van MY wederkoms. Vertrou hom maar, omdat hy MY gesant is en nie omdat hy ‘n mens is wat wys klink nie. EK sal julle almal lei sodat julle hom dadelik sal herken en julle Gees sal julle dit ingee, sonder dat hy julle ‘n woord daarvan sê. EK alleen is wys en weet waarom EK hierdie ding doen. Dit is vir die hele volk se beswil dat EK dit doen. Dank MY met die liefde in jou hart dat EK MY oor julle ontferm en MY kneg na julle stuur. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205