GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 36

20 Feb.2008 07:51

Jahshua roep my vanwaar HY op ‘n plato staan en HY sê dat Ons na agter moet gaan op die gelyk vlakte van die plato. Daar staan ‘n baie groot rots en HY sê dat Ons op die rots moet klim. Jahshua tel my op die rots en daar bo-op sê Jahshua dat ek baie mooi na die rots moet kyk. Ek sien dat die rots in baie snaakse kleure weerkaats, maar my siel herken dit nie. Ek kan nie die kleure verstaan of begryp nie. Die rots is baie hard om op te staan, maar Jahsua sê ek moet my voet diep in die rots intrap. My voetafdruk lê toe binne in die rots. Ek moes my ander voet en altwee my hande daarin afdruk. Toe moes ek met my gesig daarin druk en die voorkant en agterkant van my liggaam in die rots afdruk. Die rots is hard as jy bo-op staan, maar soos klei as jy jou afdrukke daarin moet maak. Ek vra vir Jahshua wat dit beteken , maar HY sê net dat ek dit moet tik.

 

Jahshua dikteer:

Soos klei is alles in MY hande en selfs die grootste en verste planeet waarvan julle nie eers bewus is nie, is soos niks voor MY oë nie. EK wil elkeen van julle vir Myself hê en EK wil julle afdrukke in MY hart hê omdat EK julle baie liefhet. Wanneer Ek iemand skep, is die bloudruk alreeds in MY binneste, maar wanneer daardie persoon kom en MY baie liefhet en sy liefde aan MY betuig, het EK ‘n ander plek waarop Ek sy bloudruk berg. Dit is in die spesiaalste plek in MY hart. EK het voorwaar almal ewe lief, maar net soos wat julle net die wat julle die liefste het, die diepste in julle harte berg en hulle afdrukke daar maak, so is dit ook met MY. Maar wanneer daar ‘n sondaar kom en homself bekeer, word sy afdrukke ook daar waar die spesiale gunsgenote se afdrukke sit, gemaak. Julle moet MY nie verkeerd verstaan nie, EK het nie iemand liewer as die ander nie, maar dit is net die wat MY bo alles liefhet, wat in dieselfde plekkie geberg word en waarna EK baie meer spesiaal kyk. Die wat MY nie liefhet nie, sal dan ook deur MY vergeet word soos wat hulle MY vergeet. Die van julle met ‘n ontwaakte Gees, sal verstaan wat EK hier bedoel.

Julle moet elkeen sorg dat julle afdrukke ook in MY spesiale “rots” gemaak word sodat julle die spesiale behandeling en beskerming van MY kan geniet. Dit sal EK vir enigeen gee wat MY liefhet en MY in sy hart dra. Julle sal almal nog eendag julle afdrukke in MY rots maak afhangende van julle liefde vir MY, en selfs die ongelowiges sal nog hulle afdrukke daar maak, maar dalk eers in ‘n ander tydvak. Dit maak nie aan MY saak nie, EK wil net al MY kinders, die engele wat EK geskape het, weer terug hê en elkeen teen MY bors vashou. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205