GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

Deel 45

19 Maart 2008 07:19

Voor ek gisteraand gaan slaap het, het ek vir Vader gevra of HY my nie drome sal gee nie, maar ek het bedoel mooi drome. HY het vir my gesê HY sal vir my drome laat droom wat my geestelik sal help. Ek het egter die hele nag nagmerries gehad en my lyf was sommer seer toe ek opstaan vanmôre. Ek was verbaas gewees omdat ek onthou het wat Vader gesê het voordat ek gaan slaap het en het gedink dat die fout by my lê. HY het my verseker dat dit wel HY was wat vir my die aaklige goed laat droom het en ook het HY vir my opdrag gegee om dit te kom tik. Ek het gedroom dat ek by die herberg is en dat daar ‘n meisie is wat ons na Vader teruggelei het nadat sy afgedwaal het van HOM. Elke een van ons het haar ‘n hou op die boud gegee en sommer ‘n preek daarby. Daarna droom ek toe dat ons almal in die straat loop en sy al hoe verder terug val en later draai sy heeltemal om en hardloop terug. Toe begin ons planne maak om haar terug te bring. Ek gaan toe met blomme na haar en vertel haar dat ons haar spesiaal sal behandel en dat sy die eerste rit in ‘n nuwe kar kan kry. Ons almal dra wit blomme wat ek nie ken nie na haar en vertel vir haar ‘n klomp leuens net om haar weer hier te kry. Net toe ons by die deur van die saal kom waarin ons was, is die polisie daar en ek sien die meisie het saam met die polisie gewerk om ons te laat vang en sy lag lekker vir ons omdat ons gedink het ons het haar nou. Die volgende oomblik is daar mense wat met olie ‘n sirkel om ons op die vloer gooi en ook ons self. Dan sê hulle dinge oor en oor, asof hulle ons met hulle geloof bestraf. Ons sit maar doodstil en weet nie wat om te doen nie. Êrens in my gedagte is Vader, maar baie verwyder en ek dink nie daaraan om HOM vir hulp te vra nie. Dan moet ons almal op die vloer sit terwyl daar mans is wat kaart speel op ‘n tafel langs ons. Die ongehoorsame meisie word ook gedwing om by ons te sit. Langs ons sit ‘n koddige klein mannetjie met ‘n drom en hy slaan oorverdowend hard daarop. Hy hou aan en aan totdat ek dit nie meer kan uithou nie. Ek druk nie my ore toe nie, maar dit is iets vreeslik en net toe ek dink dat ek glad nie meer kan uithou nie, word ek wakker met ‘n lyfseer. Vader sê toe vir MY dat ek hierdie aaklige droom moet kom neerskryf omdat HY ons iets hieruit wil leer.

 

Jahshua dikteer:

EK het aan haar hierdie droom gegee om aan julle almal te wys hoe dit is as jy in jou verstand leef en nie in jou hart nie. MY kinders, julle is geneig om planne te maak en dinge te doen sonder dat julle MY eers vooraf geraadpleeg het. Die meisie stel iemand voor wat in sonde was en toe deur MY gered is. Sy het toe weer terug gegaan omdat almal haar met veroordelende woorde aangespreek het en elkeen wou sy hou inkry om vir haar te preek. EK sê nie dat julle dit met mekaar doen nie, maar waak daarteen dat julle nie mense afskrik deurdat julle dink dit is geregverdig om met iemand te raas nie. EK is in beheer van alles. Dan beteken die volgende gedeelte waar julle haar met blomme en leuens na MY wou terug lok net dat julle alles eers met MY moet kom bespreek voordat julle planne maak om dinge te doen. EK sal julle help as julle in julle harte bly en nie in julle verstande nie. Al die verkeerde dinge sal met julle gebeur as julle nie in julle harte bly nie en daarom het dit vir haar gevoel of EK vêr is en sy nie eintlik aan MY gedink het en by MY om hulp kom vra het nie. Die wêreld met sy sonde sal julle dan gou beet kry en julle gevange neem en julle sal ten prooi val in hulle hande sodat julle niks anders kan doen nie as om net die hele tyd na hulle geraas te moet luister. Vrees niks, MY kinders want EK is by julle in julle harte, maar bly julle ook in julle harte en dan sal die bose maar kan raas. Die rede dat die drom in die droom was, is ‘n aanduiding van die slim plan van die satan om julle ore besig te hou sodat julle nie in julle harte kan ingaan en MY daar aanroep nie. Moenie luister na kletspraatjies nie en weerhou julle van die wêreldse musiek wat julle aandag van MY aftrek. MY kinders, die net is vir julle so slu gespan dat julle dit nie sal agterkom voordat dit te laat is nie, en daarom moet julle die hele tyd in julle harte bly en met MY praat sodat EK julle teen alles kan waarsku. Luister net na MY en moenie met mekaar baklei oor nietighede nie. Laat vaar alles wat jy teen iemand anders het en vergewe hom soos wat EK hom vergewe. Moenie vir ‘n ander probeer preek nie want dit sal hulle net van julle af wegjaag. Laat alles in MY hande en julle sal alles reg doen en die wat van MY afgedaal het, sal dan self deur MY na julle terug gelei word. Amen.

 

17 Junie 2008  7:00

Jahshua het my met die volgende woorde wakker gemaak. Vanoggend sal die son in jou hart opkom. HY wys my toe ‘n horison en ‘n son wat agter die horison opkom. Die horison is ‘n rooi stuk vleis, net soos ‘n mensehart. Soos wat die son op dit skyn, verander die hart stelselmatig. Eers verskyn daar net fyn liggies wat blink op die hart en namate die son skyn word die hele oppervlakte van die hart spierwit en rein. Die hart begin dan baie sterker te pols en Vader sê dit is die pols van liefde.

 

Vader dikteer:

Julle almal sal weet wat hierdie beteken, maar tog wil EK dit weereens vir julle uitlig. Die hart wat eers soos vleis gelyk het, is die vleeslike hart wat later toe vergeestelik het. Wat beteken dit? Dat MY liefde wat in hierdie hart ingeskyn het, dit laat vergeestelik het. Nou, MY kinders, hoe lyk julle harte al tot dusvêr? Lyk dit al soos die hart wat met egte naasteliefde begin pols het of is dit nog ‘n dooie stuk vleis? Die naasteliefde sal julle harte warm laat klop vir elkeen wat ook nog in die sonde vasgevang sit en al lyk dit vir julle of iemand die verkeerde pad gekies het, sal julle hom of haar nogtans liefhê, want dit is hoe EK is. As julle dus gelyk aan MY wil wees, met ander woorde, wedergebore, moet julle julle harte na ander wat nog nie by MY is nie, laat uitgaan en vir hulle bid sonder om hulle te oordeel. Kyk maar na die mense wat nou saam met julle in dieselfde tent sit. Het jy hulle regtig lief en sal jy alles dra wat hulle op jou pad gooi, al is hulle selfsugtig en vol van hulle eie ek? Dra EK nie jou sondes en eie ek nie? As EK dit van jou dra, vra EK jou om dit van ‘n ander ook te dra en te vergewe as hulle iets aan jou doen. Weet julle dat die sondeval van die engele die grootste klap in MY gesig was? Om te dink dat hulle MY kon aanskou in MY liefde, al was hulle nie die heletyd by MY nie?En hulle kies die liefdeloosheid. MY kinders, en nogtans kom EK aarde toe en laat toe dat hulle MY kruisig. Julle ken die skeppingsleer en weet waaroor dit gaan en net daarin kan julle MY groot liefde vir elke groot sondaar sien en nou wil EK julle net weer daarop wys dat dit julle belangrikste eienskap moet wees. Liefde. Eerstens vir MY en dan weereens vir jou naaste soos wat EK al honderde male in die verlede gesê het.

Amen.

 


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205