GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 22

1 Feb. 2008 03:30

Jahshua wys my weer dieselfde vlakte waar daar eens ‘n stad was en daar sit ‘n klein kindjie verlate en huil in die stilte. Daar kom ‘n engel en vat hom weg en bring hom na ons waar daar veiligheid is. Jahshua se woorde aan my is; ”Een uit ‘n stad...” Dit laat my dink aan ‘n openbaring aan tannie Judith de Beer oor die kind wat eensaam en verlate sy weg moet baan ná die groot aardbewing.

 

Jahshua dikteer:

Na die groot aardbewing sal daar absolute chaos wees en die wêreldstede sal in rou wees. Daar sal selfs stede wees wat heeltemal onder die grond sal verdwyn. MY kinders, die gruwels in daardie stede is vir My so ‘n groot doring in die vlees dat EK dit moet verwyder, omdat dit daar erger gaan as in Sodom en Gomorra. Ja, Ek sal selfs nie eens een lewe kan spaar nie en hier en daar oor die wêreld sal daar net een uit ‘n stad van miljoene kan kom. EK sal weet waarom EK dit doen en niemand kan MY van onregverdigheid beskuldig nie, omdat EK die groot stede ook ‘n kans gegee het om hulle te bekeer. Daar is ook profete na die groot stede gestuur sodat hulle die mense kon waarsku, maar net soos in die verlede, is hulle deur die mense as valse leraars afgemaak en bespottend gehoon. EK sal dan ook die groot stede besoek, omdat EK regverdig is en EK sal vat wat myne is. Satan sal sy hande nie meer verder aan My siele slaan nie en in die grootste hartseer sal daardie siele dan in die hiernamaals moet verder gaan en MY self moet kom soek. EK is hulle ook genadig, want as EK nie was nie, sou EK hulle op aarde gelos het, sodat hulle nog dieper die verderf kon ingaan. Maar die enigste kind wat uit ‘n stad van miljoene gered sal word, sal ook simbolies wees van die handjievol siele wat gered sal word uit die groot see van baie mense. MY kinders, bid vir daardie mense, sodat EK hulle nie almal verdelg nie en vra MY om barmhartig oor hulle te wees, omdat MY toorn teen hulle ontvlam het en net die sagte gebede van die wat MY liefhet, kan MY laat afsien van MY planne. Julle liefde vir ander sal MY MY planne laat hersien omdat EK julle liefhet en julle nie wil teleurstel nie. Kom na MY en EK sal julle gebede verhoor en EK sal in die mense se harte werk en hulle meer ontvanklik vir MY woorde maak. Maar dit bly nog steeds hulle eie vrye wil en daaraan kan niemand, nie eens EK nie, iets doen nie. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205