GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 28

14 Feb.2008 02:05

Jahshua dra my en my man na ‘n plek en daar sien ek ‘n groot skaakbord. Die pionne en die res is almal lewendig. Ek sien aan die swart kant die volgende. Die pionne is almal swartes en die kasteel en perd ook. Die res is Amerika en Brittanje. Hulle het ook slagtande soos die presidente en ministers wat ek gesien het in ‘n vorige gesig. Aan die wit kant is daar ook pionne en ander “mannetjies”, maar almal is spierwit en skitter met ‘n helderheid van vloeibare diamant. Jahshua sê vir my dat die lewe vir die ander gaan om speletjies, maar vir HOM gaan dit oor die geestelike groei en nie die bymekaarmaak van aardse goedere nie. Omdat hulle HOM uitdaag, “speel” HY saam. HY is die koning aan die wit kant en al die ander is SY engele. Ons is die pionne, maar HY sê dat ons nie lewelose pionne van ‘n spel is vir HOM, soos dit die geval is aan die ander kant nie. Die swart pionne maak die eerste skuif en kom dreigend nader. Dit stel die plaasaanvalle voor. Die wittes skuif dan ook vorentoe en staan dan stil tot die swart pionne tot by ons kom en dan word die swart pionne heeltemal oorgeneem en hulle verdwyn dan sommer. Die wit kant raak dan groter as die swart kant, omdat Vader se engele (ons wat veg) die bord begin oorneem. Dan skuif die perd en kasteel van die swart kant vorentoe en dit stel die hoë amptenare en hulle landswette voor, wat daarop uit is om die blanke te onderdruk. Hulle word ook vernietig deur die helderwit diamantpionne. Dan skuif die swart koning en koningin (Amerika en Brittanje) asook die res van die mannetjies wat oorbly na vore en wil met ons veg, maar ons maak ‘n pad vir die Koning om deur te kom en HY kom SELF veg teen die ander. Skielik pluk hulle baie groot swaarde van agter uit en wil met Jahshua veg. As die swaard aan Jahshua raak, breek die swaard kort af tot daar later niks meer oor is nie en dan ontbloot hulle hulle slagtande, wat vol bloed is, en storm verwoed op Jahshua af en byt HOM in die arms, maar HY kry nie seer nie en daar gebeur niks met HOM nie, maar hulle ruk soos wat hulle geskok word en dan is hulle ook weg. Al wat dan oorbly, is die helder wittes en ons sing almal vir HOM ‘n loflied. Jahshua gee vir elkeen ‘n spierwit kroon.

 

Jahshua dikteer:

EK weet dat die wêreld vandag heeltemal korrup is en dat julle dit nie sal kan baasraak as EK julle nie die krag daarvoor gee nie. EK wil julle egter sê dat EK die hele tyd op hoogte is van elke ding wat in die wêreld gebeur en dat EK nie die “passiewe God” is, wat al die mense dink EK is nie. EK ken almal se harte en weet dat daar ‘n handjievol van julle is wat MY ken en liefhet. Dit is julle wat bereid is om vir MY die stryd te stry en vooruit te gaan, sodat die vyand op julle neer kan kom. Maar wees gerus, dit lyk net asof julle alleen vooruit moet gaan. In der waarheid is EK al lankal daar waar hulle is en beplan alreeds vooruit vir hulle ondergang. Terwyl hulle sit en planne beraam om MY oorblyfsel te vernietig, het EK al MY planne eeue der eeue gelede agtermekaar gekry, met julle aan MY sy. Ja, julle almal wat bereid is om vir MY te stry, was saam met MY in MY raadsaal en het saam met MY planne gemaak om die wêreldheersers die nekslag toe te dien en daarmee die satan se mat onder sy voete uit te trek. Julle almal het saam met MY gesit en EK het aan julle almal belowe om MY krag op julle uit te giet, sodat julle nie in die geveg ingaan sonder krag nie. Julle voel miskien nou magteloos en kragteloos, maar die waarheid is dat julle deur MY van krag voorsien sal word op die regte tyd. Die rede daarvoor is, dat julle net in MY moet glo, want as julle gedurig krag gehad het, sou julle gedink het dat die krag vanuit julleself kom. Dit is die rede dat julle as mense op aarde gebore is en ook vol sonde is soos die ander mense. Kom na MY en jy sal ook van krag voorsien word vir die tyd wat kom en wanneer die stryd op hande is, sal jy nie faal nie, want MY reddende regterhand sal julle almal dra, sodat julle, wanneer julle by MY vergader word, die kroon van die oorwinning van MY af kan ontvang. Dit sê EK vir julle almal wat vir MY sal veg en kom vra MY ook vir krag, dan sal jy dit ontvang, tesame met die wysheid en die liefde wat daarmee saamgaan. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205