GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 40

26 Feb.2008  06:40

Jahshua het my die volgende gewys: HY hou SY handpalm na my en ek sien binne is ‘n kaart van Suid-Afrika. Die kaart krimp die volgende oomblik en die hele suide van Afrika is in Jahshua se palm. Toe sê HY vir my dat HY vir ons die hele suide gaan gee. Ek vra HOM toe waar gaan die mense bly omdat ons so min is en dan baie wydverspreid sal wees, en HY antwoord my deur te sê dat ek moet onthou van die mense van die ander lande wat nog hierheen gaan kom en dat elkeen ‘n gebied van sy eie gaan kry. Ook het HY vir my gesê dat HY vir ons al die rykdomme en minerale onder die grond gaan gee, maar dit sal geskied sonder die pyn wat die myne vandag die aardbodem aandoen. HY het gesê dat HY ons sal wys hoe om dit te ontgin.

 

Jahshua dikteer:

EK sal julle grondgebied vergroot sodat elke volk wat hierheen gaan kom om hulle by julle te skaar, sy eie gebied kan hê om sy eie gewoontes en tradisies verder te bou. EK ag elkeen soos wat EK hulle gemaak het en net soos Israel van ouds, sal elkeen weer by sy eie stam bly. Daarom sal EK vir julle die ander gedeelte van Afrika ook gee en hier sal MY hele volk dan in vrede en liefde saamwoon. MY liefde sal die Regerende Hand wees en die een sal die ander nie skaad nie. EK sal MY liefde en MY GEES van wysheid oor elkeen teenwoordig in hierdie land uitgiet, en julle sal weet dat dit EK is wat hierdie dinge vir julle bewerkstellig, as julle dit met julle eie oë sien. Let net goed op na MY woorde en julle sal dit oorleef sodat EK julle álmal wat nou hier lees hier kan vergader en julle MY kan sien by Migdol hier aan die suidpunt van Afrika, waarheen EK sal kom in die vlees. Die wat nie glo nie sal dit dan ook nie kan waarneem nie, maar in MY groot genade, weet EK tog wie dit nie glo nie, maar tog na MY soek en EK sal hulle ook daarheen bring. Hulle sal weliswaar die heel laastes wees waarna EK gaan, maar EK sal MYSELF nogtans nie van hulle weerhou nie. Luister goed na MY woorde en weet dat dit EK is wat hier spreek. Dit sê die Grootste, Allerhoogste Vader van MY volk Israel, wat verspreid nog oor die hele aarde woon en werskaf. EK sal julle hierheen bring, julle almal wat van vêr oor die see hierheen wil kom om julle by MY kinders in Suid-Afrika te kom vestig. EK sal julle daar anderkant nie vergeet nie. MY guns het op die Boervolk van Suid-Afrika geval en EK sal MY GEES hier uitstort en as julle graag deel daarvan wil wees, rig net julle oë op MY en vra MY in die diepte van jou hart sodat EK jou hierheen kan bring, nadat Ek die land weer aan hulle terug gegee het. Dit sê EK vir die mense van die ander lande en EK wil aan hulle ook sê dat EK hulle nie vergeet het nie en dat EK MY sal haas om hulle hierheen te bring, waar hulle ook saam met die Boere van Afrika sal bly. Amen

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205