GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 4

27 Des. 2007

Ek sien dat Jahshua op ‘n golf staan en HY vra my of ek ook daar saam met Hom wil kom staan. Ek sê ja en die volgende oomblik is EK by HOM op die golf. HY vra my wat ek sien en ek sien die groot see voor my. HY sê dat ons moet omdraai en ek sien die strand met baie mense daar staan. Die golf bly asof gevries en EK staan saam met Jahshua op die golf. Daar onder op die strand is baie mense, onder andere my oupa wat al lank gelede oorlede is. Ek sien dat hulle ‘n lied vir Vader sing en hulle is wit aangetrek. Daar skyn lig op hulle soos die vroeë môre sonlig. Hulle almal wink vir my om na hulle te kom en ek wil graag, maar die golf is baie hoog en ek moet eers daar afkom. Jahshua sê dat die afklim van die golf beteken al die dinge soos die geloofstryd wat ek eers sal moet deurmaak voordat ek op die strand kan kom. Ek sê dat ek glo dat HY my die krag sal gee om van die golf af te kom net soos wat HY my gehelp het om bo-op die golf te kan kom. Ek het gewillig op die golf geklim na HOM en dit beteken dat ek gewillig die pad vir HOM wil stap en die swaarkry wat daarmee saamgaan.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205