GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 27

10 Feb.2008 02:00

EK is saam met Jahshua in ‘n woestyn waar Ons agter ‘n rots staan en HY sê dat ek om die rots moet loer en kyk wat daar aangaan. Ek sien ‘n draak wat iemand in sy groot kloue vashou. Die mens lê in die palm van sy hand en hy sus hom aan die slaap. Hy maak geluide terwyl hy hom sus en kort-kort, net wanneer die persoon lekker slaap, steek hy hom met sy nael. Die persoon beweeg dan en dan sus die draak maar weer. Na ‘n ruk raak die draak verveeld en gaan na ‘n plek waar hy ‘n klein vlak gaatjie in die sand maak en die persoon daar begrawe. Dan draai hy om en mis bo-op die plek waar hy die mens begrawe het. Jahshua sê vir my dat die satan die mense toegooi met allerhande drek wat beskikbaar is vandag as “ontspanning”. Jahshua sê dat ek die mens moet gaan haal en ek gaan met SY mag. Wanneer ek daar kom, steek ek net my hand uit en die drek verander in reine stof. Ek haal die persoon uit die sand uit en bring hom vir Jahshua. Die draak swaai om en kom dreigend na my toe.

 

Jahshua dikteer:

In vandag se tyd is daar baie gemors wat deur die mense gedoen en gekyk word en deur na dit te kyk, word jy stelselmatig aan die slaap gesus, sodat jy nie agterkom hoe boos die satan te werk gaan nie. EK sien alles en sal ook alles doen om die mense te gaan red, maar dit bly die mens se eie keuse of hy deur die satan aan die slaap gesus wil word of nie. EK sal die arme mens wat nie meer uit dit uit kan kom nie, self daar uit gaan haal en daarom het EK julle, MY diensknegte nodig. EK wil julle almal vra of julle MY sal help in die bevryding van MY kinders, wat diep deur die satan verlei is, en dan soos gemors begrawe word, terwyl hy van hulle vergeet, solank hulle onder die drek begrawe lê, maar soos ‘n verwoede ondier, wat sy prooi in ‘n boom los en daarvan vergeet, net om weer daarheen te storm as hy iemand in daardie rigting sien loop, sal hy ook weer terug storm met mening om almal wat MY kinders wil bevry, aan te val. EK sal elke een wat egter bereid is om MY te help met alle krag en mag voorsien wat hulle nodig het in die bevryding van MY siele. EK sal nie toelaat dat daar van MY kinders onder die sand begrawe lê en sterf van die honger, terwyl EK hulle na MY hoor roep nie. Daar is tans baie mense wat onder die sand lê uit vrye wil en dan sal dit van hulleself afhang of hulle bevry wil word of nie. Maar die wat na MY roep vanuit die liefdelose wêreld, sal deur MY gered en verlos word. EK sal MY verlostes daar instuur om die gevangenes daar uit te gaan haal en al storm die draak op hulle af, sal hulle niks oorkom nie en verder gaan met MY arbeid. EK het alle mag in MY hande en sal almal wat wil bevry word, SELF bevry. Amen

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205