GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 25

9 Feb.2008 05:50

Jahshua het my ‘n veld vol blomme gewys wat pragtig in blom is. Ek is bewus van iets wat die blomme bedreig en daar is al sekere blomme wat omval en vrek. Daar is iets onder die grond wat die bolle opvreet of die stingels afvreet en daar is al ‘n kaal kol. Ek weet dat dit betrekking het op ons volk. Ek vra vir Vader om die blomme re red, anders is daar later niks meer van die mooi blommeveld oor nie en HY sê dat die wat HOM liefhet en by HOM bly, beskerm sal word. Dit is die wat besig is met hulle eie ding en Vader vergeet, met wie dit sal gebeur.

 

Jahshua dikteer:

EK sal MY kinders beskerm omdat hulle MY liefhet en die wat nie ag slaan op MY waarskuwings en woorde nie, sal deur die wurm van vernietiging beskadig word. EK sal die wat MY soek en eer red, maar wanneer EK roep en die ander nie wil kom nie, kan EK niks daaraan doen nie. MY net van beskerming is alreeds oor die wat MY daarna gevra het en die wat MY liefhet, sal EK beskerm. Gaan nie jou eie gang nie en soek nie jou eie belang nie, sodat EK jou ook kan red en jy nie in die tyd van dood wat voor die deur lê, sal omkom of beseer word nie. Ek sal julle genadig wees, al kom julle ‘n dag voor die tyd en EK sal julle dan ook red, julle wat MY nie gesoek het nie. Maar aan die wat MY liefhet, wil EK sê niks sal met julle gebeur nie en MY hand sal oor julle wees. Amen

 

9 Feb.2008 06:10

Jahshua gee vir my ‘n sakkie en sê dat ek moet kyk wat daarbinne is. Dit is ‘n rooi hartjie en HY sê dat ek dit moet eet. Dit laat my lekker voel - net soos wanneer jou pa vir jou ‘n sakkie met lekkergoed in gee. Ek eet die hartjie en die buitekant is redelik smaakloos en romerig. Hoe meer ek suig, hoe lekkerder word dit en die hartjie smelt baie vinnig. Die smaak verander soos wat ek elke laag afsuig en dan word dit nóg lekkerder met elke nuwe laag. Later is die hartjie so klein dat ek dit kan insluk, maar ek wil nie sluk nie en hou dit so lank in my mond as wat ek kan. Toe sê Jahshua vir my dat dit soos SY liefde is. Hoe meer jy daarvan kry, hoe lekkerder word dit.

 

Jahshua dikteer:

EK het MY liefde aan elkeen van julle gegee en dit hang net van jouself af of jy dit gaan eet. Die liefde wat uit MY hand kom, word, met elke tree wat jy gee, groter en jy sal meer ontvang hoe meer jy daarom vra. In die begin sal jy dinge nie mooi verstaan nie en jy sal nie MY liefde in die dinge om jou kan raaksien nie, veral as EK jou reinig. Maar later sal MY seëninge vir jou al hoe duideliker en groter word en jy sal dan nie meer sonder dit kan klaarkom, soos vroeër nie. EK sal aan elke een wat MY liefhet, meer gee van dit wat EK aan MY skryfkneg in die gees gegee het. Dit belowe EK julle almal. Amen

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205