GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 18

24 Jan. 2008 01:30 Geesteservarings

Ek loop saam met Jahshua en HY vat my in ‘n woestyn in. Dit is ‘n tipiese woestyn met sandduine net waar jy kyk. Dit is oor die warmste gedeelte van die dag en Jahshua vra my of ek warm kry. Ek kry glad nie warm nie. Jahshua sê vir my dat HY ons lafenis sal wees in die warm tye en ons hitte sal wees in die koue tye.

 

Jahshua dikteer:

EK sal julle onder MY vleuels beskerm en julle warm hou in tye van koue. In tye van warm golwe wat oor julle lewens toesak, sal EK julle koel hou en julle laaf. Moenie dink dat julle vergete is deur MY wanneer jy deur donker tye gaan nie, want EK sal julle nooit laat gaan op ‘n weg wat EK julle nie sal vergesel nie. MY kinders, los alles net in MY Hande en jy sal sien hoedat jou lewe sin kry en hoe EK jou sal seën deur MY liefde. EK sal vir die eensame ‘n Vriend wees en vir die weduwee ‘n Man wees. EK sal vir die verlatene ‘n Hulp wees en vir die wat hartseer is, sal EK ‘n Trooster wees. Kortom, EK sal alles vir jou wees wat jy nodig het, maar jy moet MY net liefhê en jy sal niks kortkom nie. Amen.nie en die swaard hom tot by sy middellyf vat. Ek kap sy bene af by die skene en soos wat die reus val, kap ek sy bobene en later die middellyf en bors en ek kap sy kop ook af. Die reus val op die grond neer en ek sien dat daar nie vleis lê nie, maar swart hope gemors wat soos teer lyk. Jahshua sê dat HY vir my die swaard gegee het om mee te veg en ook die vaardigheid om hom reg te gebruik.

 

Jahshua dikteer:

EK gee aan almal wat MY wil dien ‘n swaard om mee te veg, sodat die bose verslaan kan word. Julle sal ook die vaardigheid van MY ontvang om te weet hoe om te werk te gaan en menige mensesiel sal so deur julle gered word. As julle julleself vrywillig aan MY kom gee sodat EK julle reinig, sal julle almal so ‘n swaard ontvang en in die stryd met die bose tree. Elke geveg met die bose sal julle wen, al is die bose baie keer groter as jy. EK maak julle sterk en julle kan nie verloor met MY aan julle kant nie. Kom, wees net getrou aan MY en moenie kompromieë met die bose aangaan nie. Veg met MY swaard wat EK julle sal gee en julle sal nooit as verloorders uit die stryd tree nie en wanneer julle veg, sal julle dan ook presies weet hoe om te werk te gaan, sodat die bose nie ‘n kans staan om julle te oorrompel nie. Dit is wat EK aan elke een gee wat MY wil dien met sy hele lewe. Amen.

 

25 Jan. 2008 04:15

Jahshua wys my dat Ons op ‘n groot rots staan en HY het iets in SY regterhand. Dit lyk soos fyn diamantpoeier. HY strooi dit oor die gebied onder die rots waar ek baie ander mense sien rondloop. Dit is mense wat ook na Vader soek en met HOM Een wil wees. Nadat Jahshua die stof oor die mense en omgewing uitgestrooi het, word die hele wêreld ook so blink soos die stof en ek sien die aarde van bo. Alles is pikdonker in die hele wêreld, maar die Suidpunt van Afrika straal soos die diamantstof.

 

Jahshua dikteer:

Julle almal wat met MY Een wil word, sal deur MY gereinig word en skoon sal julle dan aan die anderkant uitkom en heeltemal Een met MY wees, sodat Ons hand aan hand saam kan wandel deur die lewe. EK wil saam met julle loop en alles met julle bespreek. MY kinders, daar is baie dinge waarvan julle niks weet nie en EK wil dit alles aan julle bekend maak voor die groot geloofstryd kom. Die geloofstryd sal bitterlik swaar wees en elke een wat nie met MY Een is nie, sal nie kan staande bly nie. Wees bly as EK jou reinig, omdat daar baie is wat nie gereinig wil word nie en dan baie swaar gaan kry. MY reiniging sal vir julle tot wins wees en julle sal bly wees oor elke traan wat julle gestort het. MY kinders, die lewe het al die sin waaraan julle nie eers kan dink nie, en die van julle wat voel dat die lewe alle sin verloor het, weet nie wat op julle wag nie. EK sal kom met MY reinigende hand en julle sal bly wees, omdat EK dan soos ‘n dief in die nag sal kom en jou Een met MY maak. Amen.

 

 

24 Jan. 2008 18:27

Ek is in die gees by Jahshua en ek sit op SY skoot. HY wys my ‘n baie groot reus en ek sien ‘n stippeltjie van ‘n mens voor sy voete. Ek sien dat dit ek self is. Die reus is woedend en saai ‘n sweep oor sy kop. Hoe kwater hy word, hoe vinniger swaai hy die sweep. Hy wil my met die sweep bykom, maar die volgende oomblik het ek ‘n swaard in my hande. Die swaard is wasig, maar tog solied en spierwit. Die swaard is heeltemal uit verhouding met my liggaam omdat ek nie eers so hoog soos die reus se tone is.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205