GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 38

20 Feb.2008 12:15

Ek was in die Gees by Jahshua by ‘n rivier gewees en daar het HY met my oor baie dinge gepraat en toe sê HY vir my dat HY my iets wil gaan wys. HY vat my toe na ‘n baie mooi groen plek met ‘n baie groot meer. Jahshua sê vir my dat dit SY lewende water is en HY laat Ons in die water afgaan. Die water is helder en skoon , maar hoe dieper Ons afgaan word dit al hoe ligter. Die water is helderder, skoner en suiwerder as enige water wat ek nog ooit gesien het. Die meer is ontsaglik diep en hoe dieper Ons gaan, word dit nog ligter en ligter om Ons. Jahshua sê toe dat die meer oneindig diep is en dat jy vir ewig daarin af kan gaan en nooit die bodem kan vind nie. Ook is die water glad nie donker soos aardse water nie, maar dis spierwit daar onder. Dan sien ek boekies wat hier voor my oë in die water is en ek sien dit is al die nuwe openbaringe. Maak en Breek, Marieta en Anelda en ook oom Bertus se boeke dryf daar rond. Jahshua sê dit is SY lewende water wat HY oor ons uitgegiet het.

 

Jahshua dikteer:

EK sal aan julle steeds nuwe dinge openbaar en nuwe dinge aan julle gee. MY knegte sal skryf tot die stryd begin en dan sal hulle almal ander werk vir MY verrig. Hulle sal nog steeds hulle naaste dien soos nou, maar op ‘n ander manier. EK sal MY lewende water nooit van julle weerhou nie omdat dit vir julle die lewe beteken. MY liefde is die lewende water en daarom is dit helder en skoon en hoe dieper jy gaan, hoe dieper sal jy met MY GEES vervul raak. Lees MY woord en drink die lewende water en jy sal leef en nie in ‘n woestyn verkeer nie. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205