GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 19

26 Jan. 2008 05:50

Ek is by Jahshua en HY hou my vas. Skielik wys HY my ‘n veld van blomme. Daar is baie en hulle het verskillende kleure. Ek sien baie perses. Jahshua sê vir my dat dit daarheen is waar ons vanoggend gaan (besoek aan Dogter van Sion – Pretoria). Hy sê ons is Sy blomme en daar val ‘n bui reën op die blomme. Direk daarna kom die son uit en skyn direk op die blomme en die druppels blink pragtig op elkeen. Vader sê My seën van liefde sal oor julle reën en elke blom se spesiale geur sal My vervul met vreugde. Elke blom se spesiale kleur bekoor my. Ek het elke blom net so lief as die ander.

 

Jahshua dikteer:

Julle elkeen met sy unieke karakter is vir MY pragtig. Elke eienskap wat EK aan elke een van julle gegee het maak jou verskillend en anders, maar nie minder geliefd as jou broer of suster langs jou nie. MY kinders, laat elkeen homself wees en laat niemand probeer om soos ‘n ander te wees nie want, net soos wat jy is, is Ek vir jou lief. Moenie verander aan jou karakter nie, want dan probeer jy aan jou eie blom se kleur te verander en jy weet nie hoe mooi jy vir my is, as MY reën van erbarming oor jou te giet deur MY liefde aan elke een van julle en jou eie unieke geur wat so kosbaar is in My oë, sal MY wese met vreugde vervul. Laat MY reën van liefde julle benat, sodat MY druppels van liefde julle blaartjies laat skitter sodat MY oog in welgevalle op elke een kan neersien. Dit vra EK, julle Vader in liefde aan elke blom van MY. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205