GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 9

12 Jan. 2008 16:30

Ek is by Jahshua in die Gees en HY hou my vas en dra my na ‘n groen heuwel waarop Ons afkyk na ‘n gebeurtenis wat op ‘n heuwel onder Ons plaasvind. Terwyl ek in SY arms sit, sien ek SY kruisiging en ek sien hoedat Hy sukkel om asem te haal en rukkerig beweeg. Jahshua sê vir my dat SY kruisiging verlossing gebring het en dat ons nie moet vrees vir die komende tyd met die swartes wat ons sal aanval nie.

 

Jahshua dikteer:

MY kind, let op en skryf! Julle wat MY woord lees, sal deur die gevaar gaan sonder dat ‘n haar van julle hoofde af sal kom weens die vyand. MY wonde op Golgota is genoeg om julle te bevry van alle helse bande. Wees gerus en tevrede, want niks sal julle skaad. EK gaan alle bande met die wêreld vir julle verbreek, sodat net die bande met MY kan oorbly. Geen menslike bande gaan bly staan nie, net MY bande sal oorbly, daarom wil EK nie hê dat julle aardse dinge aanhang nie. EK wil julle rein hou van alle aardse smet en besoedeling. Vrees nie die stilte voor die storm nie. Luister vir MY, MY kinders, die einde van tye is naby en die lot van julle verdrukkers gaan vreeslik wees. Hulle sal die dag dat hulle planne teen julle beraam het, berou en in sak en as sal hulle wees oor alles wat hulle julle aangedoen het. Laat MY son oor julle skyn en moenie die duisternis vrees nie. Binnekort gaan julle land anders daaruit sien as EK die vyand vrye teuels gee, sodat EK hulle kan verdelg. Hulle het julle lank genoeg vertrap en MY bespot. Dit is nou tyd dat hulle vergeld word vir hulle dade teen MY en MY volk. Skuil by MY en jy sal veilig wees. Kom staan in MY arms en EK sal jou beskerm. Wees net gelowig en EK sal jou nooit los of neersit nie. Julle het hierdie woorde om aan vas te klou, maar die wat dit nie het nie, of bespot, sal sleg daarvan afkom. Luister na MY woorde en waarskuwing. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205