GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 5

3 Jan. 2008 6:00

Julle volkie is vir MY ‘n heiligdom en EK kom een van die dae om julle te bevry en julle reguit na MY te lei tot in MY Vaderhuis waar elkeen tuis sal wees. Vrees nie, MY kinders, vrees nie die slegte tydings wat julle sal hoor nie. Daar sal wel mense wees wat op ‘n wrede manier van die tydelike liggaam verlos word, maar julle wat aan MY vashou, hoef niks te vrees nie. EK is nie ‘n God van geweld nie, maar het ook die vernietiger in MY hand wat deel van die suiwering van die volk is. EK, julle Vader en Skepper sal julle wat MY werklik wil dien, nooit aan hulle hande oorgee nie. Julle sal wel deur hulle in ‘n lokval gelei word en hulle sal probeer om julle aan te val, maar onthou, EK is in beheer en die aanval is nie uit MY nie. Duisende kinders van MY sal daarvan kan getuig. Laat ander jou vertel van hulle ondervindings en laat MY toe om jou op te pas. Vergeet van jou wapens, hulle is in elke geval nie veel werd nie. Die wapen is maar net ‘n instrument in MY hande en EK het nie gewere nodig om julle te beskerm nie. EK beskerm julle met MY Almag en Liefde. Dit moet julle altyd baie goed onthou. Amen.

 

Ek het Jahshua hiervoor gedank en HY het aan my gesê SY liefde is ons behoud. Dit is wat HY vir die doen wat HOM liefhet.

 

Liewe lesers, ek en Basie het gisteraand in die donker vir my skoonma se hond gaan kos gee. Dit is ‘n hele ent van ons huis af en ons was ‘n hele ruk buite gewees. Ek het my kinders alleen by die huis gelos aangesien dit nie so vêr van ons af is nie. Dit is omtrent 50m van ons huis af en dan is daar nog buitegeboue tussenin en ‘n groentetuin. Toe ons by ons huis kom, hoor ek iets soos voëltjies wat fluit onder ons huis in die groentetuin. Ek het duidelik gehoor dit is nie voëls nie en het dadelik geweet dis swartes. Hulle het mekaar geantwoord met die gefluit. Ek vra toe vir Vader en HY sê dat ek in die huis moes ingaan en my man moet net een skoot, in die rigting vanwaar die gefluit kom, skiet en dan ook dadelik inkom. Dae aaneen raas hulle hier om ons en speel klipharde musiek by hulle statte wat net ‘n entjie hoër op in die teerpad is. Hulle ken ons al baie goed en is nie bang vir geweerskote nie, omdat ons baie bosvarke en ystervarke het wat ons moet skiet (ook in die groentetuin). Nadat Basie geskiet het, het hulle tjoepstil geword en dadelik hulle musiek afgesit. Hulle het sommer ook nie meer geskree terwyl hulle in die teerpad loop nie. Ons bly ongelukkig teen die teerpad en hulle sal mekaar mos altyd roep en kliphard praat. Vader het gepraat gisteraand, want direk daarna is die radio ook toe sommer af. Die beste van alles is dat niemand van ons bang was nie, nie eers die kinders nie. Ons was daarna weer uit om die pomp te gaan stop en het sonder enige vrees die wêreld vol gestap. Ek het toe by Vader die volgende gekry:

 

2 Jan 2008 22:20

EK het vanaand MY engele gestuur om julle te beskerm. ’n Tweede keer het hulle gekom om julle uit te wis en moes weer onverrigtersake terugkeer. Julle was salig onbewus daarvan en het julle gang gegaan, sonder enige vrees. MY kinders, dit is hoe EK julle al menigmale uit groot gevare uit gered het. Julle kan maar rustig wees want EK, die Groot Skepper en Rigter van die heelal, sien na julle om. Skaam en bang het die vyand gevlug en vlug nou nog. Hulle kan alles sien wat julle doen, omdat hulle julle in die gees dophou. EK beskerm julle egter en hulle kon nie verby MY en MY engele kom nie. Hulle haat julle, MY kinders, en sal weer vir ‘n laaste maal probeer om julle te oorrompel. Die skande sal dan nog groter wees, omdat jy vrou-alleen sal wees en hulle op die vlug sal slaan vir jou.

Jou gees sal hulle die skrik op die lyf jaag en hulle sal vlug om nooit weer terug te kom nie. MY kind, EK sal met julle wees, altyd. En dink aan MY altyddeur en jy sal nooit beskaamd staan nie. Amen.

 

Vader het ook al in die verlede gesê dat hulle my oordag gaan probeer aanval, maar dat hulle voor die tyd baie onder mekaar gaan stry of hulle moet of nie. Dit is seker omdat hulle nou al twee keer nie kon slaag nie. Hulle weet Vader is hier by ons en is bang, maar gaan nogtans probeer. Hulle gaan dan ook onder mekaar praat van ‘n groot kwaai baas. Vader het my SY engele om ons huis gewys en ek het my oorlede oupa onder hulle gesien. Dit was nou al meer as ‘n week terug dat Vader dit vir my gewys het en HY het gesê dat hulle my sal wil aanval. Die Woorde van gisteraand was net weer ‘n bevestiging. Ek weet nie waar Basie op daardie stadium gaan wees nie, maar Vader is gelukkig altyd by ons almal.

Vader het ook gesê dat HY nie vanoggend vir my ‘n hoofstuk van Die bevryding gaan gee nie, maar hier is ‘n paar dinge wat HY vir my gewys het gister, so deur die dag.

HY het my gewys dat HY twaalf ringe aan SY vingers het. Twee aan elke duim. Dit is die trouringe wat HY aan die twaalf stamme van Israel gaan gee, wanneer HY weer in die huwelik met Sion tree. Vader wys dit net vir my op so ‘n manier, maar mens moenie glo dat Vader se hande altyd met juweliersware getooi is nie. Vanoggend het ek ook SY hande gesien en daar was nie ringe aan nie. (Ek sê dit maar net omdat ek bang is mense sien Vader in die verkeerde lig)

Gisteraand het Vader vir MY gesê dat ek in die gees na HOM moet kom voordat ek gaan slaap en dit was net so voor twaalf. Ek sit op SY skoot en HY wys my ‘n album vol foto’s van myself. Ek sien dinge daarin soos bv. die keer toe ek koekies geëet het toe my pa gesê het ek mag nie, omdat ek nog nie my kos geëet het nie. (Ek het toe ‘n lekker pak slae daaroor gekry). Ek was seker omtrent 4 jaar oud. Dan is daar foto’s van ander dinge, goed en sleg, wat ek gedoen het. Vader sê dit is die album wat ek van myself het en HY bêre hom en haal SY album van my uit. Daar is net een groot foto in en dit is waar HY my in SY arms vashou. HY sê dat HY alles vergeet van iemand wat HOM liefhet en dan is die liefde vir HOM al wat HY onthou. (Ons liefdevolle vergewende Vader, né. Louise)

 

Jahshua het vir my ‘n halwe varingtakkie gegee wat pragtig groen is. Agterop is die spoortjies van die varing van goud. Jahshua steek die takkie aan my klere vas en ek vra HOM wat dit beteken en HY sê die varing beteken getrouheid. HY sê dat ek getrou aan HOM sal bly tot op die einde. Ek vra HOM waarom die takkie in die helfte afgebreek is en HY sê dat die ander helfte nog aan die plant is en as ek by HOM kom sal dit weer aanmekaar geheg word. Vader het in die verlede al vir my ‘n ster op my kop gesit en ‘n diamant in my hart. Ook het ek al verskillende klere aangehad. Vader het ook al aan my rose gegee. Ek wonder of dit die geestelike goedere is wat ons op aarde bymekaar moet maak wat so voorgestel word. Baie groete en liefde Louise.

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205