GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 37

20 Feb.2008 13:45

Ek is saam met Jahshua en HY wys my ‘n geveg tussen die ou Boere en die Zoeloes. Jahshua sê dit is die slag van Italeni en ek sien ‘n paar Boere en Zoeloes wat op hulle afstorm en hulle oorweldig. Toe sien ek iemand op ‘n perd aangejaag kom en daar lê iemand op die grond. Die ruiter ry verby, maar swaai om en kom terug gejaag na die gewonde op die grond. Ek weet dat dit Piet en Dirkie Uys moet wees. Ek sien die seun wat reg voor sy pa gaan staan en dan kom daar baie Zoeloes aan en soos blits is hulle oorweldig en word hulle doodgemaak. Jahshua sê vir my dat die swartes nog vandag onder mekaar praat van daardie slag en dat hulle staatmaak op die tweedrag tussen die Boere en dat hulle beplan om die Boere in lokvalle in te lei, maar Jahshua sê dat dit hoegenaamd nie so sal wees hierdie keer nie en Hy wys my hoe dit hierdie keer gaan wees. Ek sien toe ‘n perfekte spierwit “geestelike” vierkant. Dit is Boere en hulle is almal rein omdat ek niks duisternis in die vierkant sien nie. Hulle loop perfek in gelid terwyl hulle sing. Hulle loop op die maat van die lied en Jahshua loop heel voor. Hulle sing “Voorwaarts Christenstryders” en is perfek in maat en gelid. Wanneer daar swartes van voor af aanstorm, hou hulle aan met sing maar elke Boer lig op presies dieselfde oomblik sy geweer op en skiet tegelyk. Dan word hulle omsingel en op presies dieselfde oomblik draai almal na die kant toe wat die naaste aan elkeen is en skiet. Met ander woorde almal wat agter loop draai op dieselfde oomblik om en skiet agtertoe, en almal aan die linkerkant draai gelyk links en so ook met die regterkant. Na die skoot geklap het draai almal weer perfek en op dieselfde oomblik terug en kyk weer vorentoe. Hulle hou aan sing vir Jahshua: “Voorwaarts Christenstryders, voorwaarts om te stry, laat die kruis van Jahshua in die strydperk lei. HY Jahweh en koning, voer SY leër aan. Laat SY vaandel vooraan op die slagveld gaan”. Jahshua sê dit sal hierdie keer hulle wees wat verward sal wees en in tweedrag sal wees.

Jahshua dikteer:

EK sal SELF MY volk lei in die stryd wat vir hulle voorlê en niks en niemand sal die eenheid onder hulle kan breek nie omdat hulle een sal wees in MY. EK sal elke een se hart bewerk en hy sal net weet wanneer om te skiet en wanner om te reageer. Niemand sal hulle van stryk kan bring nie omdat hulle nie soos die leërmagte van die aarde sal wees nie. Hulle sal net deur MY aangevoer word en niemand sal hulle voorgaan nie. Wel sal EK leiers onder hulle stel maar EK sal SELF daardie leiers ook kies en hulle sal MY bo alles stel en so sal daar niemand voor loop wat nie deur MY SELF gekies is nie. Die wat voorloop en die wat agter loop sal presies dieselfde wees omdat niemand sal dink hy is beter of belangriker as die ander een nie. MY GEES sal die Leier wees en almal, elke liewe Boer, sal net na MY Stem binne hom luister. Die wat nog nie MY STEM sal kan hoor teen daardie tyd nie, sal dan ook die ander gehoorsaam omdat hulle MY liefhet en hulle broeders respekteer, maar baie vinnig op die strydveld sal hulle ook MY Stem hier in hulle binneste kan hoor. Dit sê EK vir julle, MY volkie, wat al baie swaar gehad het onder die ander nasies.

Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205