GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 14

20 Jan. 2008 01:10

Ek sien in die Gees dat Ek en my man op ‘n baie hoë rots by Jahshua staan en HY wys ons iets daaronder. Ek sien dit is bloed wat die hele dal daaronder vul. Tussen die bloed word mense uitgeruk en deur die lug gevat na ‘n plek hier regs van Ons. Die mense staan daar op ‘n rots en word deur Jahshua skoongemaak en hulle dra spierwit klere en ‘n pragtige lig omhul die mense. Ek sien ook ‘n baie groot son bo alles skyn.

 

Jahshua dikteer:

Met die stryd wat gaan kom, sal daar baie bloed vloei en baie sal omkom. Maar EK sal baie van julle uit die stryd uitruk en julle op MY rots neersit en julle reinig. Skoon en met MY GEES gevul sal julle dan net vir MY leef en geen reiniging sal dan verder nodig wees nie. EK sal Een met julle almal word en julle sal MY dien, die res van julle lewens. Maar die groot stryd is ook nodig, omdat elke een van julle wat hier lees, nog van sy eie ek in hom het en daarvan gereinig en skoongemaak moet word. Die stryd sal buitengewoon fel wees, maar die wat MY liefhet, sal gered word en in reinheid sal julle dan verder leef. Julle sal nie omkom aan die hand van die bose nie, want EK sal julle uit die gevaar uitruk en julle sal MY Hand in alles kan sien. Dit belowe EK julle en julle moenie aan MY woorde twyfel nie. EK wil julle versterk vir die tyd wat kom en daarom wys EK julle van dieselfde stryd wat voorlê so baie dinge, omdat EK die mens ken en weet hoe twyfelagtig julle is. Deurdat EK julle baie van hierdie stryd vertel, skep EK by julle ‘n groter geloof en al hierdie gesigte sal dan weer by julle opkom tydens die stryd, en julle sal moed skep as julle dit wat Ek julle hier gee, weer sal onthou. Daarom sê EK julle om MY Woord te lees en te eet, sodat dit weer in julle binneste sal weerklink op die tyd dat julle dit nodig het. As julle dit nie lees nie, kan dit mos nie in julle binneste weerklink nie? Daarom moet julle MY versterking, aan julle gebied, eet en daarvan versadig word en krag opbou vir die komende stryd. Dit word met alle liefde aan julle gegee van die Ewige Liefde. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205