GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 15

21 Jan. 2008 2:45

Ek en my man is deur Jahshua wakker gemaak en ek moet in die gees na Jahshua gaan en alles vir my man vertel wat Jahshua my wys en vir hom sê wat Jahshua vir hom sê. Jahshua wys my dat ek en my man altwee op dieselfde rots staan as die rots waarop die mense wat uit die bloed geruk is, gestaan het en gereinig is. Ek en hy is altwee baie klein – omtrent 2 of 3. Ons staan ‘n entjie van mekaar af en Jahshua sê dat HY ons uitmekaar vat om gereinig te word. HY sê HY ken die gevare van die vuilis om ons. Die volgende oomblik kom daar bo-oor elke een van ons se koppe ‘n pragtige druppel. Dit lyk soos vloeibare diamant wat skitter. Dit is eintlik nog mooier as ‘n diamant en val bo-op ons. Die volgende oomblik word ons altwee dieselfde kleur as die druppel en ons word een met Vader. Toe vat ons hande en word een met mekaar. Ons altwee spring in Jahshua se arms in en HY druk ons vas en sê dat ons vir HOM moet werk hier op aarde. Ek vra vir Jahshua waarom ek swart skoolskoene en ‘n wit rok aangehad het voor die reiniging, maar my man het nie skoolskoene aangehad nie. HY sê vir my dat ek ‘n ander skool as hy moes deurgaan. Ek het Vader al van kleins af geken en ek kan onthou dat ek altyd geweet het dat my heil by HOM lê. Ek moes deur al die boeke van Lorber en ander gaan voordat ek HOM regtig liefgekry het. My man se lewe was anders.

 

Jahshua dikteer:

Soos elke man en vrou in julle volk moet EK ook my skryfkneg en haar man uitmekaar haal om hulle te reinig. MY kinders, dit is nie ‘n lekker proses vir julle nie, maar EK moet dit doen en daarom gaan julle dit deur. EK het aan hulle gesê dat hulle nie met mekaar een moet wees nie, maar een met MY en dan sal EK hulle weer aan mekaar teruggee. Dit was vir hulle baie swaar, omdat hulle mekaar baie liefhet, maar hulle is amper gereed om Een met MY te word, sodat EK hulle dan ook weer aan mekaar kan teruggee. Sodra die Eenheid met MY bereik is, sal alle vuil wat ook tussen man en vrou geheers het, weggewas wees en julle sal dan weer aan mekaar teruggegee word. Daarom wil EK nou aan elke een van julle sê dat julle die eenheid met MY moet soek en jou huweliksmaat ‘n bietjie op die agtergrond skuif, sodat EK kan inkom en julle reinig en Een met MY maak. MY kinders, julle sal mekaar dan met ‘n reine liefde bemin en EK sal julle seën. Kom na MY met al julle probleme, want EK ken elke een van julle se harte. Kom soek na MY en EK sal julle skoonmaak. Hierdie is ‘n baie delikate proses in die huwelik en sal deur MY met baie sorg behandel word. EK het aan MY skryfkneg gesê dat daar waar sy en haar man uitmekaar skeur, hulle bloei en EK hulle daar heel en hulle daar aan MY vasgroei. EK sal hulle dan weer met mekaar verenig sodra hulle eers met MY verenig is.

Daar sal baie trane vloei omdat julle mekaar liefhet, maar julle sal skoon anderkant uitkom. Die van julle wat nie hierdie woorde van MY glo nie, sal nie so deur MY gereinig word nie en sal net spyt wees as julle ander sien wat skoongemaak is en ‘n volmaakte huwelik het. Dit is MY woorde aan julle en nie díe van ‘n mens nie. Dit word in alle liefde aan julle gesê. Amen.

 

21 Jan. 2008 07:15

Ek is in die gees by Jahshua en sien dat HY en ek op pad is na dieselfde rots waarop ons gestaan het toe HY ons gereinig het. Ek staan saam met HOM bo-op die rots en sien ‘n pragtige son opkom en die wêreld verlig. Die gras daaronder en die rots waarop ons staan word in die mooiste kleure verlig. Jahshua sê vir my dat ek moet kyk hoe mooi die rotswand lyk in die lig en ek buk vooroor om te kyk. Ek vra Hom of mens kan afval as jy in die gees daarna kyk. HY sê nee, maar die volgende oomblik val ek en maak bollemakiesie in die lug tot ek reg voor die rotswand in die lug hang en na die rotswand wat nou reg voor my oë is kan kyk. HY sê dat ek moet lees wat daar staan en ek sien in die rots staan die volgende geskryf. EK IS DIE ROTS. Onder dit staan geskryf: EK HET AL ARBEID VERRIG IN DIE WINGERD. Jahshua sê dat ek dit moet kom tik.

 

Jahshua dikteer:

MY kinders, EK is die rots waarop julle moet bou en op MY moet julle staan. EK sal julle nooit laat val nie, al laat EK julle soms in die “lug” hang, sodat julle kan leer van MY en van julleself. Niemand sal ooit van MY Rots afval nie, omdat dit MY liefde is wat julle daar hou. MY kind het gesien dat daar geskryf staan dat sy alreeds werk in MY wingerd verrig het en dit beteken dat sy al vantevore hier op aarde was en vir MY gearbei het. Ja, baie van julle wat nou hier lees, was ook al hier gewees en het in MY Naam arbeid tussen MY mense verrig. Daarom wil EK julle nou weer daarvan vertel. MY kinders, baie van julle was in ‘n vorige lewe hier op aarde, maar dit is nie reïnkarnasie waarvan die wêreld praat wat plaasgevind het nie. EK weet dat baie mense MY werke beoordeel omdat hulle sê dat daar nie so iets soos reïnkarnasie bestaan nie. MY kinders, niemand wat sy lewe hier op aarde verbrou het, sal weer kan terugkom om reg te kom maak nie, en niemand gaan weer terug in die skepping en beleef weer al die fases soos baie ander gelowe impliseer nie. Maar EK laat net die wat rein is en wat MY en sy naaste wil dien, weer terugkom om ander op die regte pad te help. In hierdie tyd wat julle lewe, is daar baie duisternis op aarde en niemand sal na MY kon kom, as EK nie ligdraers op aarde gesit het nie. Julle wat hier lees en dit glo, is MY ligdraers en was tien teen een ook op die aarde in ‘n vorige lewe, waar jy ook vir MY gearbei het. Julle moet julle nie steur aan wat die wêreld hierop te sê sal hê nie, omdat die wêreld altyd MY werke afskiet en as van die bose probeer afmaak. MY kinders, satan het met baie slinkse planne altyd vooruit gekom en MY werk afgeskiet voordat EK daarmee begin het, sodat die mense wat dan later MY werk sien, dit as boos afmaak. EK is die Alfa en die Omega en niemand kan doen wat hy wil nie. Dit is EK wat julle terugstuur aarde toe, met julle toestemming, om julle gevalle broers weer uit te kom haal. MY Elia is ‘n sprekende voorbeeld hiervan, omdat hy al as Sehel en Johannes die Doper ook hier was. Elke keer het hy kosbare arbeid in MY wingerd verrig en is glad nie van die bose nie. Hy kom MY wederkoms aankondig en net MY werk doen. Daar is niks boos daaraan nie, maar net ‘n groot daad van naasteliefde daarin. Dit is wat EK doen vir die mense wat EK liefhet, al ken hulle MY nog nie eers nie. MY Elia sal hulle wakker maak en hulle sal MY herken en liefkry, maar hy sal met sy lewe daarvoor boet en dit het hy ook al geweet voordat hy hierheen gekom het - dat hy sal moet sterf vir MY. Is dit nie naasteliefde nie? Ja, MY kinders, talle van julle wat hier lees, het ook tot so ‘n besluit na die aarde gekom en is bereid om julle lewens te verloor in die stryd, sodat julle net ‘n paar siele na MY kan bring. Dit is die waarheid en kan nie betwyfel word nie. Dink hieraan en kom vra MY en EK sal aan jou bekend maak of jy ook al eens hier was. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205