GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

DEEL 35

20 Feb.2008 07:18

Ek is saam met Jahshua op ‘n berg en HY wys my daar onder in die dal ‘n baie groot geweer in die lug wat na onder gerig is. Dit is ‘n outomatiese geweer soos ‘n A.K. Jahshua wys my waarna hy mik en ek sien ‘n mielieland en ‘n ou oom wat daar loop. Ek sien dat die sneller begin beweeg, maar net voor die skoot klap, kom daar ‘n knoop in die loop en die geweer ontplof na agter.

 

Jahshua dikteer:

Julle, MY volk is die teiken van die wêreld en met ‘n lied in die hart, sal hulle julle van kant maak en baie bly wees daaroor. Die Boere is die objek van haat, regoor die wêreld en dit is net die ware Israeliete wat aan julle kant is. Die ware Israeliete wat nog nie met die ander nasies uitgebaster is nie, is julle goedgesind en wil ook graag by julle wees, as hulle sal sien dat EK hier is. MY kinders, julle dink dit gaan net oor julle rykdomme wat verborge onder die grond lê, maar EK sê vir julle dat dit oor oneindig meer gaan. Dit gaan oor die uitdoof van MY lig in julle binneste en ook oor die vernietiging van julle as hele nasie wat die gevolg gaan hê dat hulle kan maak net soos hulle wil. Julle sal dit nie glo nie, behalwe as julle MY liefhet, dat die ander volke nie kan doen wat hulle wil nie. Die ander volke het baie planne om die aardbodem te vernietig en baie dieper in te gaan as die gewone myne wat julle ken. Die aardbodem sal dit dan nie kan hou nie en inmekaarstort omdat daar baie “weerlose” gebiede onder die grond is en wanneer daar ingegaan word, sal dit onherroeplike skade aanrig en die hele aarde sal dan in ‘n oomblik anders daar uit sien. Maar omdat julle MY liefhet, bid julle tot MY vir beskerming en bewaring en dit verhoed hulle om dit te doen. Met ander woorde, as hulle julle wat bid, kan vernietig, kan hulle doen wat hulle wil. Dit dink hulle en met ‘n skok sal hulle agterkom dat hulle nie die Lig wat EK op aarde geplaas het, kan vernietig nie, omdat MY Lig sterker is as die grootste duisternis. MY kinders, hulle wil julle doodmaak ter wille van die Lig wat julle uitstraal en dink dat hulle daardeur alles al kan doen wat hulle onheilspote vind om te doen, maar hulle vergeet dat die Lig in julle van MY kom en EK sal nie toelaat dat hulle hulleself kan geniet in hulle boosheid nie. MY kinders, dit is al genoeg dat hulle julle dwing om diep in die aarde te myn en sodoende die aardoppervlak te verswak, maar die wetenskap is tans besig om nuwe dinge te ontwerp waarvan julle nie bewus is nie en daardie masjinerie sal hulle in staat stel om baie dieper die aarde in te gaan as wat tans die geval is. Baie menselewens is op die spel en hulle sal enigiemand kan gebruik in hulle vuilwerk en nie die minste sleg daaroor voel nie. Maar soos wat EK vir julle gewys het, sal die loop ‘n knoop inkry en hulle sal hulleself laat ontplof en julle geen skade kan aanrig nie. MY GEES is oor julle en met lof moet julle julle dae aan MY wy sodat julle met MY GEES vervul kan word en heeltemal Een met MY kan word. EK sal julle wat nog nie Een met MY is nie, en MY wil dien, bystaan en met die liefde wat in MY Hart is, sal EK julle dra. Julle het niks te vrees nie. Die wat egter teen MY ingaan, sal dit diep berou en hulle sal hulle fout te laat agterkom. Bly maar net by MY en in MY en EK sal by julle en in julle bly. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205