GEESTESERVARINGS.
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

Deel 23

4 Feb.2008 06:18

Ek staan saam met Jahshua op gras en daar is ‘n heuwel daar naby. Ek sien ‘n man wat bo-op die heuwel staan en hy roep na Ons. Hy waai met sy hand dat ek na hom op die heuwel moet kom, en dan draai hy om en kyk na iets daar onder. Jahshua sê dat Ons na hom moet gaan. Toe Ons daar bo kom, kyk ek ook af na wat die man beduie en ek sien ‘n pragtige stad wat blink daar onder. Ek sien toe iets soos ‘n komeet wat vinnig op die stad afkom en probeer om die stad te tref. Die voorwerp tref die stad, maar daar gebeur absoluut niks. Daar is nie eers iets wat verskillend is van die stad na die ding daar ontplof het nie. Dit is asof die voorwerp bo die stad ontplof het en nie regtig die stad getref het nie.

 

Jahshua dikteer:

EK sal MY oorblyfsel getrou bewaar en hulle beskerm teen enige aanslag wat op hande is. Daar sal niks met een van MY kinders gebeur wat MY liefhet nie en almal wat MY GEES ten volle vertrou, sal deur MY gedra word. Glo net, MY kinders en wees verseker van MY liefde. Die man wat op die berg gestaan het, is al MY profete wat waarsku en wat julle almal van MY dinge vertel. Glo hulle en weet ook dat ek díe wat MY vertrou en alles glo wat EK vir julle sê, sal beskerm, dat, al kom die aanslae, dit niks aan julle sal kan doen nie. MY beskermende regterhand sal nie een van MY kinders, wat in volle vertroue op MY voortleef, laat struikel of seerkry nie. Alles wat EK met julle spreek, is die waarheid. Dit is getrou en gewis.

Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205